Ou­ers sterf in on­ge­luk

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIEKERK

‘n Ou­er­paar van La­di­smith, Cai­de (30) en S­haun Jan­sen (31) en hul 10-ja­ri­ge seun, Nas­hei­de, was Son­dag in ‘n tra­gie­se on­ge­luk be­trok­ke. Cai­de en S­haun is op die to­neel dood.

Hul seun Nas­hei­de was die e­nig­ste oor­le­wen­de.

Ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van die La­di­smith-po­li­sie, het ge­sê die eg­paar en hul seun het in die rig­ting van Zo­ar ge­ry toe die be­stuur­der van die voer­tuig op die Se­we­weeks­poort­pad be­heer ver­loor het. Die mo­tor het die pad ver­laat en om­ge­slaan.

Vol­gens Ce­de­r­as is die seun na die Al­lan B­lyth-hos­pi­taal in La­di­smith ge­neem waar­na hy na Ge­or­ge­hos­pi­taal oor­ge­plaas is.

To­wer­kop P­ri­mêr, die skool waar­in die eg­paar se seun was, het die week ‘n hart­roe­ren­de bood­skap vir die Jan­sen-eg­paar op Fa­ce­book ge­deel.

“Va­der van­dag kom dra ons as skool en skool­ge­meen­skap Nas­hai­de, Alf­re­da Ays­lie, I­sak Ays­lie en Brad­win Ays­lie as­ook die breë Jan­sen en Ays­lie fa­mi­lies aan U op. Kom ver­sterk en bied U ver­troos­ting aan hul­le. Va­der hul­le is stuk­kend, sal U as­se­blief hul­le hart­jies weer kom heel­maak. Kom raak Nas­hai­de aan daar in Ge­or­ge-hos­pi­taal.

Cai­di en S­haun jul­le laat ‘n groot leem­te in jul­le seun en jul­le ge­sin se le­we.

Dan­kie vir die mens wat jul­le was. Mag jul­le sie­le in vre­de rus,” lui die bood­skap.

Pe­tru­sia Rooi, ‘n on­der­wy­ser, het ge­sê sy het Son­dag ‘n op­roep ge­kry.

“Die kind was baie deur­me­kaar, maar kon da­rem vir hul­le sê waar hy skool gaan. Die po­li­sie het toe vir my ge­help en ek het toe da­de­lik ge­gaan om te help. Ek het ook vir Nas­hei­de se ma skool ge­hou so die ge­sin lê my reg­tig na aan die hart,” het sy ge­sê. Nas­hei­de is al uit die hos­pi­taal ont­slaan.

“Hy het sy voet ge­breek.”

Die Oudts­hoorn Cou­rant het pro­beer om Cai­de se ou­ers in die han­de te kry, maar kon nie daar­in slaag nie.

Nood­diens­te op die to­neel waar S­haun en Cai­de Jan­sen ge­stref het. Fo­to ver­skaf

Cai­de Jan­sen

S­haun Jan­sen. Fo­to’s Fa­ce­book

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.