Droom­wen vir boor­ling van Prins Al­bert

Oudtshoorn Courant - - SPORT - CHRISTO VERMAAK

Chris Joos­te (22), ‘n boor­ling van Prins Al­bert, het te­sa­me met die vrou­e­wen­ner van die Tswa­ne Clas­sic 98 km-fiets­ren, Y­zet­te Oe­lof­se, se­ker­lik een van sy groot­ste oor­win­nings in sy fiets­ry­loop­baan be­haal.

Joos­te het Son­dag 5 No­vem­ber in ‘n tyd van 2:12:57, een mi­nuut voor ProTouch se Jaydé Ju­li­us and Di­men­si­on Da­ta se Kent Main, wat die Be­st­med Tour of Good Ho­pe vroe­ër van­jaar ge­wen het, oor die wen­streep ge­jaag.

On­ge­veer 4 000 fiets­ry­ers het aan die ren deel­ge­neem.

“By die weg­spring­punt het ek nie reg­tig ge­weet wat om te ver­wag nie.

“My be­ne het goed ge­voel en ek het be­sluit om my bes­te te doen en vir ‘n wen te ry.”

Joos­te wat na sy Ho­ër­skool Zwart­berg-skool­loop­baan na K­lip­ri­vier, Gau­teng ver­huis het, is tans die Gau­teng o.23 pad- en tyd­toets­kam­pi­oen.

E­den se fiets­ry­pre­si­dent, Cor­né Ben­ce, het ge­sê hy is ver­heug oor Joos­te se pres­ta­sie. “Chris het se­dert sy la­er­skool­loop­baan vir SWD fiets­ge­ry en ek kon van jongs af ta­lent by hom be­speur.”

“Dit is on­ge­loof­lik om Chris se uit­hou- en deur­set­tings­ver­moë te sien. Hy was in twee groot fiets­ryon­ge­luk­ke, maar het nooit hand­doek in­ge­gooi nie.”

Ben­ce het Joos­te as ‘n voor­beeld uit­ge­son­der vir an­der fiets­ry­ers om te volg.

Fo­to ver­skaf

Chris Joos­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.