Blou Maan­dag met 2 bot­sings

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD -

Die week het met twee bot­sings be­gin. In die eer­ste bot­sing Maan­dag­og­gend in Ba­ron van Ree­de­straat is drie voer­tuie om­streeks 08:30 be­ska­dig. Al­hoe­wel een voer­tuig on­her­stel­baar be­ska­dig is, was daar geen be­se­rings nie.

Die bot­sing het by die krui­sing van Ba­ron van Ree­de- en Vic­to­ri­a­straat plaas­ge­vind. Die be­stuur­der van ‘n Hyun­dai Accent was in die lin­ker­baan in die rig­ting van die grot­te on­der­weg ter­wyl ‘n an­der voer­tuig in die reg­ter­baan ge­wag het om in Vic­to­ri­a­straat in te draai.

‘n Bak­kie van ‘n kon­struk­sie­maat­skap­py het van voor af ge­kom en voor die Hyun­dai in­ge­draai. Vol­gens die be­stuur­der het hy nie die aan­ko­men­de Hyun­dai ge­sien nie. Die Hyun­dai het die bak­kie teen die kant ge­tref. Die bak­kie het ge­tol en sy ag­ter­kant het ‘n twee­de bak­kie wat by die stop­straat ge­staan het, ge­tref.

Die twee­de en erns­ti­ger, bot­sing het Maan­dag­aand om­streeks 19:30 na­by die be­rug­te Per­de­skoen­draai op die Ge­or­ge­pad ge­beur. Die Pot­gie­ter-bus­sie met agt pas­sa­siers en ‘n Fi­at Uno met drie vol­was­se­nes en ‘n twee­ja­ri­ge seun was in die on­ge­luk be­trok­ke. Dit blyk eg­ter dat die bot­sing deur ‘n der­de voer­tuig, wat nie op die to­neel stil­ge­hou het nie, ver­oor­saak is.

An­dré Pot­gie­ter, ei­e­naar en be­stuur­der van die bus­sie, het op die to­neel ge­sê hy het op­ge­merk dat ‘n blou 518 BMW, wat ‘n ent voor hom ge­ry het, by tye heen en weer oor die pad ge­swenk het. “Dit het ge­lyk of die be­stuur­der dronk was soos hy ge­ry het.”

Aan die on­der­punt van die Per­de­skoen­draai het ‘n Fi­at Uno van voor af ge­kom. “Op daar­die sta­di­um het ek al sta­di­ger ge­ry om­dat ek kon sien die BMW ry sleg,” het Pot­gie­ter ge­sê. Die BMW het skie­lik na regs voor die Uno in­ge­swaai.

Om ‘n bot­sing met die BMW te ver­my het die be­stuur­der van die Uno regs ge­swaai en voor die bus­sie be­land. Die bus­sie het die Uno ge­tref waar­na die Uno die pad ver­laat en om­ge­slaan het. Pot­gie­ter sê dit het eers ge­lyk as­of die BMW gaan stil­hou, maar dit het toe ver­snel en weg­ge­ry. Nie­mand in die bus­sie is be­seer nie.

Een van die pas­sa­siers in die Uno is met ‘n frak­tuur en kneus­plek­ke hos­pi­taal toe ge­neem. Sy twee­ja­ri­ge seun en die an­der twee in­sit­ten­des is nie be­seer nie. Vol­gens Ja­mal Mul­lat, die be­stuur­der van die Uno, het hy in­stink­tief uit­ge­swaai om die BMW te ver­my. Mul­lat en sy pas­sa­siers is van Bangla­desj en be­sit ‘n win­kel in Ge­or­ge. Hul­le was op pad te­rug Ge­or­ge toe na ‘n be­soek aan vrien­de in Oudts­hoorn. Die be­seer­de man se vrou het Woens­dag­og­gend ge­sê hy is oor­ge­plaas na die Ge­or­ge-hos­pi­taal en ver­keer nog in baie pyn. Sy sê sy is dank­baar dat nie­mand an­ders in die bot­sing seer­ge­kry het nie. * Die Oudts­hoorn Cou­rant was hier­die week op die to­neel van nog twee bot­sings wat plaas­ge­vind het. Dins­dag het ‘n vrou met ‘n ge­leen­de mo­tor teen ‘n Ab­sa OTM in die par­keer­a­rea van die Qu­een’s Mall ge­bots na­dat sy die ver­snel­ler en die rem van die ou­to­ma­tie­se mo­tor ver­war het.

Woens­dag­mid­dag was daar ‘n bot­sing by die in­draai na C­han­de­lier-wld­s­plaas toe ‘n af­le­we­rings­voer­tuig van ag­ter teen ‘n bak­kie ge­bots het wat sta­di­ger ge­ry het om by C­han­de­lier in te draai. (Be­rig­te en fo­to’s op www.oudts­hoor­n­cou­rant.com)

Fo­to’s: Han­nes Vis­ser

Die to­neel van die bot­sing in Ba­ron van Ree­de­straat waar­ty­dens die bak­kie voor die Hyun­dai in­ge­draai het.

Die wrak van die Fi­at Uno na­dat dit die Pot­gie­ter bus­sie ge­tref het.

Die ska­de aan die bus­sie na­dat dit die sy­kant van die Uno ge­tref het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.