Rust en V­re­de-wa­ter­val weer oop

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD -

Die Rust en V­re­de-wa­ter­val is weer, na ses maan­de, vir die pu­bliek toe­gank­lik.

Au­re­lia O­lip­hant, woord­voer­der by die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit, sê: “Na­dat Rust en V­re­de-wa­ter­val vir meer as ses maan­de vir die pu­bliek ge­sluit was, kan be­soe­kers weer die na­tuur­skoon­roe­te ge­bruik om by die wa­ter­val uit te kom.”

Die toe­gangs­pad, wan­del­pad en voet­gan­ger­brug, wat deel uit­maak van die roe­te na die wa­ter­val, het in A­pril 2017 deur ‘n flits­vloed in die Swart­ber­ge aan­sien­li­ke ska­de op­ge­doen. Na hier­die vloed moes die wa­ter­val ge­sluit word aan­ge­sien die ter­rein on­toe­gank­lik was.

Uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, Co­lan Syl­ves­ter, sê: “Die slui­ting van die wa­ter­val was nie net ‘n fi­nan­si­ë­le ver­lies nie, maar dit het ook toe­ris­te die ge­leent­heid ont­neem om hier­die at­trak­sie te ver­ken en te er­vaar.”

Rust en V­re­de wa­ter­val is 35 km bui­te Oudts­hoorn ge­leë, waar op ‘n grond­pad gren­send aan die Rau­ben­hei­mer­dam langs ge­ry moet word en dan ‘n wan­del­paad­jie ge­volg moet word om by die wa­ter­val uit te kom.

“Dit het die mu­ni­si­pa­li­teit meer as ses maan­de ge­neem om die pad te her­stel. Voor­heen was die pad klip­pe­rig en on­ge­lyk. Dit is nou in ‘n baie be­ter toe­stand en meer gang­baar vir e­ni­ge ti­pe voer­tuig. As u ‘n lui mid­dag het, ry deur na die skil­der­ag­ti­ge plek­kie wat u na ‘n prag­ti­ge uit­sig van die wa­ter­val sal lei,” sê Syl­ves­ter.

Die wa­ter­val is el­ke dag van die week oop van­af 09:00 tot 16:30. So ook op Kers­dag. Toe­gangs­fooie is as volg per voer­tuig:

• 16+ per­so­ne – R226,00

• 7-16 per­so­ne – R87,00

• 1-6 per­so­ne – R57,00

Fo­to ver­skaf

Die Rust en V­re­de-wa­ter­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.