S­tols­vlak­te-aan­ran­ding­saak se ver­hoor be­gin

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - GARNETT WICOMB

“Ek het die ou­baas in die ge­sig ge­slaan en ge­trap, Ja­co­bus het die ou­baas een­keer ge­slaan en my neef, Mar­tin, het bui­te wag­ge­hou om te kyk of ie­mand aan­kom.”

So lui ‘n be­ken­te­nis van Ro­nal­do Ol­kers, wat saam met sy broer, Ja­co­bus van der Ross, daar­van aan­ge­kla word dat hul­le Frans T­re­doux (75) van S­tols­vlak­te op 29 Mei van­jaar in sy win­kel met ‘n knop­kie­rie ge­slaan, met ‘n mes ge­steek en van R200 kon­tant be­roof het.

T­re­doux se vrou, Cor­ne­lia (70), het Maan­dag ge­tuig dat hy té tans te siek is om in die saak te ge­tuig.

“My man is baie siek en bed­lê­end en ek gaan hom nie die trau­ma laat be­leef om te kom ge­tuig nie,” het sy ge­sê.

Ol­kers en Van der Ross staan te­reg op aan­klag­te van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer.

Hul­le pleit on­skul­dig.

Die vrou het voorts ge­tuig dat Ol­kers en Van der Ross twee broers is wat voor haar en haar man groot­ge­word het. “Ons ken hul­le goed,” het sy ge­tuig.

Vol­gens haar was sy en haar man die be­trok­ke og­gend in die huis be­sig toe hul­le ie­mand van­af die win­kel hoor roep.

“Ek het die twee by die win­kel sien sit waar­na my man ge­sê het dat hy hul­le sal gaan help. ‘n Ruk­kie la­ter het hy be­bloed by die huis aan­ge­kom en my mee­ge­deel dat hy deur Ol­kers en Van der Ross aan­ge­val en dat hul­le die geld­laai met net meer as R200 daar­in ge­vat het.”

Vol­gens haar is die geld­laai te­rug­ge­vind, maar nie die geld nie.

Kapt. Jo­han­nes

Nel, van die Oudts­hoorn-Po­li­sie, het ge­tuig dat hy op ver­soek van die on­der­soek­be­amp­te, ao. Wes­sels Bo­wer,

‘n dag na­dat Ol­kers in heg­te­nis ge­neem is ‘n be­ken­te­nis van hom af­ge­neem het.

‘n S­taats­ge­tuie, Jo­seph Jan­sen (60), het gis­ter ge­tuig dat hy en sy vrou bui­te hul huis ge­staan het en dat hy ge­sien het die twee be­skul­dig­des kom uit die win­kel.

Hy kon nie sien of hul­le e­nig­iets by hul­le ge­had het nie en vol­gens hom was daar nie ie­mand wat wag ge­hou het nie.

Hy het ver­tel dat Ol­kers en Van der Ross van die win­kel se kant af by hul­le ver­by­ge­stap het.

Jan­sen het ge­tuig dat nog men­se na die win­kel ge­gaan het maar kon on­der kruis­ver­hoor nie pre­sies sê wat­ter tyd van die dag dit was nie.

Die saak dien voor streek­land­dros Mark van Wyn­gaardt.

Hy­ron Goul­ding is die aan­kla­er ter­wyl Eu­ge­ne Roos en adv. S­tof­fel Prins­loo in op­drag van die Regs­hul­praad on­der­skei­de­lik na­mens Ol­kers en Van der Ross ver­skyn.

Die saak duur voort.

Fo­to: Lie­zl van Nie­kerk

Frans T­re­doux met sy be­se­rings na die aan­ran­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.