Voer vir boe­re in Beau­fort-Wes ge­neem

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - TISHA STEYN

“Die tra­ne het vlak ge­lê toe die boe­re die voer in ont­vangs neem,” sê De­an Gous, voor­sit­ter van A­gri Sen­traal-Ka­roo. “Ek self moes my bril maar dik­wels af­haal…”

Boe­re in die Sen­traal-Ka­roo het die week met groot dank­baar­heid voer uit M­pu­ma­lan­ga in ont­vangs ge­neem. Jan­nie Neu­hoff, ‘n boer van Del­mas en lid van A­gri SA, het 1 500 rol­ba­le ou­lands­gras aan boe­re in die Sen­traal-Ka­roo ge­skenk.

Die kon­vooi van 31 vrag­mo­tors van Hen­drik van Wyk Ver­voer het Woens­dag­mid­dag in Beau­fort-Wes aan­ge­kom en is deur hor­des men­se langs die stra­te ver­wel­kom.

Daar is da­de­lik be­gin om die voer van 16 vrag­mo­tors by die skou­ter­rein af te laai, waar die vrag­mo­tors Woens­dag­nag deur se­ker­heids­wag­te op­ge­pas is.

Die 16 vrag­te voer is Don­der­dag­og­gend aan boe­re van die land­bou­ver­e­ni­gings Nel­s­poort, Koup no 4, Nu­veld, Le­tjies­bos en Riet­bron uit­ge­deel. Don­der­dag­mid­dag is die an­der 15 vrag­mo­tors na Mer­we­vil­le, Laings­burg en Prins Al­bert vir die boe­re daar.

Vol­gens Gous het A­gri Sen­traal-Ka­roo 300 le­de wat hoof­saak­lik met ska­pe boer. El­ke boer het vier rol­ba­le ont­vang. Die boe­re het R50 per baal be­taal. Soort­ge­ly­ke ba­le voer kos tans tus­sen R380 en R420.

Die geld is ge­bruik om die se­ker­heids­wag­te te be­taal en vir die vrag­mo­tor­be­stuur­ders iets te ete te gee na hul lang tog. Vol­gens hom is die land­bou­si­tu­a­sie werk­lik be­nard. “Een van die boe­re van 80 jaar, sê hy het in sy le­we nog nooit so ‘n droog­te ge­sien nie.”

Die ge­mid­del­de re­ën­val in die Sen­traal­Ka­roo is 150 mm/jaar maar die af­ge­lo­pe jaar het ge­mid­deld net 13 mm ge­val. Gous sê die mees­te boe­re het nog bie­tjie boor­gat­wa­ter vir vee­sui­ping, maar die wa­ter­ta­fel het baie ge­daal.

Ten ein­de te oor­leef, het die mees­te boe­re hul vee ver­min­der deur dit te laat slag so­dat net ‘n kern­kud­de oor is. “Re­stau­ran­te kla hul­le kry nie lams­vleis te koop nie; ek ver­wag lams­vleis gaan duur raak.”

Vol­gens hom oor­leef boe­re net-net en suk­kel met kon­tant­vloei. Ban­ke is ook nie ge­neë om vir ie­mand wat dit dalk nie kan te­rug­be­taal te leen nie. “Twee van ons boe­re het reeds hul eie le­wens ge­neem.”

Fo­to ver­skaf

Voer wat uit M­pu­ma­lan­ga ge­skenk is, word ver­le­de week by die skou­ter­rein in Beau­fort-Wes af­ge­laai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.