Vrou se­dert Maan­dag ver­mis

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIE­ZL VAN NIE­KERK

‘n 51-ja­ri­ge vrou van Oudts­hoorn se fa­mi­lie is ra­send van be­kom­mer­nis na sy se­dert Maan­dag­og­gend ver­mis is.

Vol­gens Sarha La­ver­lot se man, P­hil­lip, het sy Maan­dag tus­sen 07:00 en 08:00 op ‘n taxi ge­klim en sy is nooit weer daar­na ge­sien nie.

“Sy is glo by Suid-Kaap Kol­le­ge af­ge­laai, maar nie­mand het haar daar­na ge­sien nie.”

La­ver­lot sê sy het ‘n swart rok met ‘n pers/ pienk bloes en pienk serp aan­ge­had toe sy ver­mis ge­raak het.

“Sy is ef­fens deur­me­kaar as ge­volg van ‘n siek­te waar­aan sy ly.”

Hy sê sy fa­mi­lie het Maan­dag saam met die po­li­sie na haar be­gin soek.

“Ons was by die hos­pi­taal en kli­nie­ke, ons het by die ri­vier en ka­naal ge­kyk, maar ons kry haar nê­rens nie.

Ons wil haar so graag net by die huis hê, want dit re­ën en dit is koud snags.”

E­nig­ie­mand met in­lig­ting oor waar sy haar be­vind kan haar ma by 063 2008 883 ska­kel.

Fo­to ver­skaf

Sarha La­ver­lot is se­dert Maan­dag ver­mis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.