E­den skuts skiet in die kol

Oudtshoorn Courant - - SPORT -

Die E­den-jag­ge­weer­skiet­ver­e­ni­ging se mans, da­mes en ju­ni­ors het ty­dens die fi­naal van die Wes-Kaap­se in­ter­dis­trik­kam­pi­oen­skap­pe die laas­te ron­des oor­tui­gend ge­wen en sluit so die reeks on­oor­won­ne af.

Die kam­pi­oen­skap­pe het Sa­ter­dag 28 Ok­to­ber op Y­zer­fon­tein aan die Wes­kus, plaas­ge­vind. E­den, We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en Bo­land het aan die kam­pi­oen­skap­pe deel­ge­neem.

“Die in­ves­te­ring in op­lei­ding deur Eden­jag­ge­weer­skiet in hul ju­ni­ors en da­mes, in sa­me­wer­king met E­den-sport­raad, wys dui­de­lik in hier­die puik re­sul­ta­te,” sê Ja­c­ques du Plooy, vi­se­voor­sit­ter van die E­den- jag­ge­weer­skiet­ver­e­ni­ging.

“Hier­die reeks dien as sterk mo­ti­ve­ring en skep ‘n goeie ge­leent­heid vir skuts om amp­te­li­ke er­ken­ning te kry. Dit verg har­de werk en die skuts se goeie voor­be­rei­ding word be­loon met pro­vin­si­a­le kleu­re. Aan­ge­sien daar slegs vyf po­si­sies per span is, skep dit die ge­leent­heid vir an­der skuts om te groei in hul stre­we om ook hier­die ge­sog­te span­ne te haal en Suid A­fri­kaan­se­jag­ge­weer­skiet tot ver­de­re hoog­tes te laat groei.”

Ne­ge skuts (se­we mans, een da­me en een ju­ni­or) het die top-50 na­si­o­na­le rang­lys ge­haal. Hul­le sal in 2018 aan SA kam­pi­oen­skap­pe in M­pu­ma­lan­ga deel­neem.

Da­me­swen­ners: A­man­da Lerm, Ma­rie­tha Mool­man, Ju­ni­ta van Zyl, A­ni­ta But­ler en Ja­ni­ne Ni­gri­ni.

Fo­to’s ver­skaf

Die E­den-wen­ners van in­ter­dis­trik-uit­daag­reeks vir mans, is van links: Re­nier van G­reu­nen, Va­lie Ens­lin, Ja­co B­rink, Chris­to Del­port, Ja­c­ques du Plooy en Con­rad de Does (WP se voor­sit­ter).

Ju­ni­or wen­ners: Hans-Wil­lem Mool­man, An­lo Fer­rei­ra, Le­ras van Zyl, Ma­nus Mool­man, E­mi­le Goed­hals, en Wim Jou­bert (Bo­land se voo­sit­ter).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.