Be­ken­de PA­kuns­te­naar sterf

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - MARLENE MALAN

Die kuns­te­naar Hen­nie Bos­hoff, van Prins Al­bert, wat ver­le­de week na ’n kort siek­bed in sy slaap ge­sterf het, word deur sy vrien­de be­skryf as u­niek en ei­e­soor­tig, ’n wa­re vriend, steun­pi­laar, streng men­tor en ie­mand wat jou uit­ge­daag het om nie net te aan­vaar nie, maar te dink.

Bos­hoff, wat hom ne­ge jaar ge­le­de hier ge­ves­tig het, was saam met sy le­wens­maat, Ros­set­ta Woolf, die ei­e­naar van Vil­la Kru­ger, die in­te­res­san­te huis op die bult in Ma­grie­ta Prins­loo­straat, met ’n uit­sig oor die he­le dorp, en ver­al be­kend van­weë die tal­le kuns­wer­ke en beel­de in die huis en tuin.

Vil­la Kru­ger is ook die plek waar die ‘Af­ter Dark’-be­sig­ti­gings­toe­re vir toe­ris­te en kuns­lief­heb­bers plaas­ge­vind het. Bos­hoff was in sy laat ses­tigs.

Woolf haal in ’n hul­de­blyk die skry­wer Or­son Wel­les aan om Bos­hoff te be­skryf: “He was so­me kind of a man.”

En sy goeie vriend Wil­helm Vin­cent sê: “Ek het nog nooit ie­mand soos hy ont­moet nie. Ons le­wens­reis deur ons moe­der­tong was vreemd in- en deur­me­kaar ge­weef.

“Ek kon nie vir ’n stren­ger men­tor ge­vra het nie. Dis­si­pli­ne is werk­lik waar als be­gin. Hy het my le­we ver­an­der. Ek sal hom al­tyd koes­ter.”

Die kuns­te­naar en kuns­his­to­ri­kus El­za Mi­les, ook van Prins Al­bert, was ’n goeie vrien­din van Bos­hoff en Woolf. Sy het in ‘n ar­ti­kel vir die tyd­skrif­boek Pomp (2011) oor Bos­hoff en sy tuis­te ge­skryf het, met die ti­tel: ‘Tus­sen ska­pies-ein­de en A­leph: ’n mu­seum son­der mu­re’.

Vil­la Kru­ger is ge­leë op die pad na ’n a­bat­toir, sê sy, “waar ’n tuin met d­rie in­druk­wek­ken­de beeld­hou­wer­ke jou op­val. Hul ge­ba­re­taal roep ’n an­der­soor­ti­ge cho­re­o­gra­fie op. Hul­le noop jou om Vil­la Kru­ger te be­soek – die ver­beel­ding­ry­ke tuis­te vir Bos­hoff en Woolf se uit­een­lo­pen­de kuns­te”.

Mi­les be­skryf Vil­la Kru­ger as ’n ruim­te “waar geen mu­re die kuns­skep­pings in­hok nie”.

Die beeld “Le fou” (die gek) by die tuin­hek­kie is “die e­nig­ma­tie­se fi­guur, die rand­fi­guur wat by geen sis­teem of or­de in­pas nie”.

“De­ka­des vol le­wens­er­va­ring moes ver­loop eer Hen­nie sy self­op­ge­leg­de bal­ling­skap in die bui­te­land kon op­hef. By Vil­la Kru­ger in Cla­rens, S­wit­ser­land, die plek waar An­na M Louw se Groot Gry­se in bal­ling­skap sterf, het hy be­sef dat die tyd aan­ge­breek het om huis­waarts te keer. Dit was Bos­hoff se pel­grims­tog na sy werk­li­ke be­gin.”

Hy het eers die kuns­te­huis Blou Piet in K­waZu­lu-Na­tal in­ge­rig, daar­na saam met Woolf na Prins Al­bert ver­huis.

Vir Mi­les was Bos­hoff ie­mand wat sin ge­vind het in “du­ren­de ver­nu­wing”, wat Vil­la Kru­ger “se aan­bod aan die sa­me­le­wing sin­ryk op­som”.

Vil­la Kru­ger sal as ’n hul­de­blyk aan Bos­hoff se kuns­vi­sie bly voort­be­staan.

Fo­to: Wil­helm Vin­cent

Hen­nie Bos­hoff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.