Po­li­sie­kap­tein ge­vang met dag­ga

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIEZL VAN NIEKERK

Die Oudts­hoorn-po­li­sie on­der­soek ‘n saak van han­del en kweek van dag­ga na ‘n 46-ja­ri­ge vrou ver­le­de Vry­dag by haar huis in heg­te­nis ge­neem is.

Die vrou is ‘n kap­tein ver­bon­de aan die po­li­sie se op­lei­dings­kol­le­ge. Nog ‘n ver­dag­te is saam met haar, ook by haar wo­ning, in heg­te­nis ge­neem.

Kapt. Lou­is Vis­ser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, sê daar is on­ge­veer 300 dag­ga­plan­te, ver­werk­te dag­ga en ook dag­ga­o­lie, in die vrou se huis ge­vind.

Die po­li­sie het op die dag­ga be­slag ge­lê en dit is vir toet­se weg­ge­stuur.

Aan­vank­li­ke in­lig­ting het daar­op ge­dui dat die vrou Maan­dag in die hof ver­skyn het, maar die saak is nog nie op die hof­rol ge­plaas nie.

Sy is Vry­dag­og­gend borg­tog deur die po­li­sie toe­ge­staan.

Die naam van die ver­dag­tes is aan die

Oudts­hoorn Cou­rant be­kend, maar kan nie be­kend ge­maak word voor hul­le nie amp­te­lik in die hof ver­skyn het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.