Plan B na plas­vei­sel ver­dwyn

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - CHRISTO VERMAAK

Groot­maat dief­stal van pla­vei­ste­ne op sy­paad­jies het die Oudts­hoor­n­mu­ni­si­pa­li­teit ge­nood­saak om die pla­vei­sel op te breek en met se­ment te ver­vang.

‘n Pro­jek wat in 2013 be­gin is, om Das­sie­weg en an­der stra­te met ge­pla­vei­de sy­paad­jies te ver­sier, het vir die mu­ni­si­pa­li­teit in ‘n nag­mer­rie ont­aard. Die ste­ne word deur die­we weg­ge­dra. Van die dui­sen­de ste­ne war­mee ‘n he­le aan­tal voet­paaie ook ge­bou is, is niks oor nie. Die pro­jek het vol­gens on­be­ves­tig­de in­lig­ting by­kans R20 mil­joen ge­kos.

N­to­be­ko Mang­q­weng­q­we, woord­voer­der by die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit het ge­sê: “Die mu­ni­si­pa­li­teit is deur sy werk­skep­pings­kom­po­nent be­sig om die pla­vei­sel op te breek en met se­ment te ver­vang.” Mang­q­weng­q­we het Das­sie­weg uit­ge­son­der as een van die pro­bleem­a­re­as, waar die mees­te pla­vei­sel ge­steel is.

Jo­han Fou­rie, por­te­feul­je­raads­lid vir teg­nie­se diens­te, het teen­oor die Oudts­hoorn

Cou­rant sy mis­noeë uit­ge­spreek oor die dief­stal. Hy het ‘n be­roep op die ge­meen­skap ge­doen om na vo­re te kom met in­lig­ting oor wie die pla­vei­sel­die­we is. “Ons sal geen steen on­aan­ge­raak laat om die die­we vas te trek en te sorg dat hul­le voor die hof ge­daag word nie.”

Fou­rie het ge­sê daar is nog nie se­ker­heid oor wat nou met die pla­vei­sel ge­doen gaan word, wat op­ge­gra­we is nie. “Ons gra­we ál die ge­pla­vei­de sy­paad­jies op en stoor die ste­ne vir eers by die mu­ni­si­pa­le stoor­ter­rein.”

Fo­to: Christo Vermaak

Bo: ‘n Kon­trak­teur is aan­ge­stel om die pla­vei­sel­ste­ne langs Das­sie­weg te ver­wy­der na­dat dui­sen­de ste­ne reeds ver­dwyn het.

Fo­to: Hannes Vis­ser

Regs: Een van die wan­del­paaie wat teen mil­joe­ne ran­de in Bon­go­let­hu ge­bou is min­der as ‘n jaar na­dat dit vol­tooi is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.