Ver­meen­de die­we vas­ge­trek

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIEZL VAN NIEKERK

Ses ver­meen­de die­we het Maan­dag hul­le rie­me styf­ge­loop deur die blit­si­ge op­tre­de van die ei­e­naars en werk­ne­mers van Mar­ket F­ree­ze­ries in Ad­der­ley­straat. D­rie van die ses is jeug­di­ges en dit blyk dat die groep ge­reeld op straat ge­sien word.

Die ver­dag­tes het Maan­dag dou­voor­dag ‘n deel van die staal­hek langs die win­kel oop­ge­buig, die e­lek­trie­se hei­ning be­ska­dig en die se­ker­heids­ka­me­ra ont­kop­pel om toe­gang tot die erf, waar die win­kel se voor­raad staan, te ver­kry.

Vol­gens een van die on­der­ne­ming se werk­ne­mers het hul­le sky­fies en koel­drank ge­steel en by die tax­istaan­plek ver­koop.

“Die a­larm het vroeg Maan­dag­og­gend af­ge­gaan, maar van hul­le was reeds weg toe ons by die win­kel kom. Ons het hul­le by die tax­istaan­plek ge­vang en te­rug win­kel toe ge­bring. Ons het op die kring­te­le­vi­sie ge­sien hoe een van die die­we oor die hek klim en dan gaan die ka­me­ra af. Dit is se­ker toe hy die ka­me­ra ont­kop­pel.”

Die werk­ne­mer het ver­der ge­sê dat straat­kin­ders glo die vo­ri­ge dag sky­fies, wat on­der­deur die staal­hek sig­baar was, ge­steel het.

Met die aan­koms van die Oudts­hoorn

Cou­rant op die to­neel was die po­li­sie reeds daar en was die ver­dag­tes ag­ter in die erf waar die voor­raad van die win­kel ge­stoor word.

Die po­li­sie het hul­le in ‘n vang­wa na die po­li­sie­sta­sie ge­neem vir on­der­vra­ging.

Kapt. Lou­is Vis­ser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het ge­sê die po­li­sie on­der­soek klag­tes van op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging en dief­stal.

Die­self­de kom­pleks waar dié win­kel ge­leë is het in Au­gus­tus ook on­der in­bre­kers deur­ge­loop.

Boos­wig­te het by vier van die win­kels in die kom­pleks in­ge­breek. Die in­bre­kers het toe­gang tot die ge­bou ver­kry deur by ‘n bad­ka­mer ag­ter Mo­ney T­ree in te breek.

Hul­le het die deur by die bad­ka­mer oop­ge­breek waar­na hul­le die pleis­ter­bord­muur wat aan Chloë’s Bou­ti­que grens oop­ge­breek het. Hul­le het van win­kel tot win­kel deur die pleis­ter­bor­de ge­breek tot hul­le uit­ein­de­lik by Mar­ket F­ree­ze­ries in­ge­kom het. Daar het hul­le ‘n kas­re­gis­ter stuk­kend ge­gooi en R1 000 kon­tant, R1 500 se lug­tyd en si­ga­ret­te ge­steel. Nie­mand is nog in ver­band met die in­bra­ke in Au­gus­tus in heg­te­nis ge­neem nie. Die ses ver­dag­tes wat Maan­dag ge­vang is, word nie met die in­braak in Au­gus­tus ver­bind nie.

Fo­to’s: Liezl van Niekerk

Die groep ver­dag­tes (regs op die fo­to) saam met wer­kers van die win­kel in die deel waar die voor­raad ge­stoor word. INLAS: Die deel van die staal­hek wat oop­ge­buig is. Die ver­dag­tes het so toe­gang tot die erf ge­kry. Die se­ker­heids­ka­me­ra wat bo die hek was is deur een van die ver­dag­tes ont­kop­pel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.