Vrou nog steeds ver­mis

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIEKERK

Na by­kans twee we­ke is daar steeds geen te­ken van Sarha La­ver­lot (51), wat ver­le­de Maan­dag as ver­mis aan­ge­meld is nie.

Vol­gens S­her­i­le­se Booy­sen, Sarha La­ver­lot se dog­ter, het die po­li­sie ver­le­de na­week on­der­kle­re van La­ver­lot en die serp wat sy met haar ver­dwy­ning aan­ge­had het, ge­vind.

“Die kle­re is by S­tols­vlak­te in ‘n kloof ge­kry,” het sy ge­sê.

Vol­gens haar is die po­li­sie be­sig met ‘n soek­tog in die om­ge­wing na die ver­mis­te vrou.

“Die po­li­sie soek steeds on­ver­poos na my ma. Hul­le het die hulp van po­li­sie­hon­de in­ge­kry en so­ver ons weet soek die po­li­sie el­ke dag na haar in die S­tols­vlak­te­om­ge­wing.”

Booy­sen sê ‘n per­soon wat by die pad­wer­ke op die De Rust-pad be­trok­ke is het haar langs die pad in die rig­ting van Dys­sels­dorp sien loop.

“’n An­der vrou wat op S­tols­vlak­te woon het haar la­ter ver­by die hui­sies sien loop, maar hul­le het se­ker ge­dink my ma gaan dalk vir ie­mand daar kui­er. Die on­se­ker­heid oor waar sy is en of sy vei­lig is maak ons mal. My ou­ma slaap sleg in die aand om­dat nie­mand weet wat aan­gaan nie.”

Kapt. Lou­is Vis­ser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het be­ves­tig dat ‘n soek­tog aan die gang is.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het ver­le­de week be­rig dat La­ver­lot Maan­dag tus­sen 07:00 en 08:00 in ‘n taxi ge­klim het en sy is nooit weer daar­na ge­sien nie.

“Sy is glo by Suid-Kaap Kol­le­ge af­ge­laai, maar nie­mand het haar nog daar­na ge­sien nie,” het haar man, P­hil­lip La­ver­lot ver­tel.

Hy het ge­sê sy het ‘n swart rok met ‘n pers/pienk bloes en pienk serp aan­ge­had toe sy ver­mis ge­raak het.

“Sy is ef­fens deur­me­kaar as ge­volg van ‘n siek­te waar­aan sy ly.

Ons het die saak by die po­li­sie aan­ge­meld en het al self o­ral na haar ge­soek, maar kon haar nog nê­rens kry nie.”

E­nig­ie­mand met in­lig­ting oor waar sy haar be­vind kan haar ma by 063 2008 883 ska­kel.

Sarha La­ver­lot is steeds ver­mis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.