Vrou sterf in bot­sing

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VIS­SER

Een per­soon is Dins­dag­og­gend om­streeks 05:00 in ‘n bot­sing so­wat 12 km bui­te Oudts­hoorn oor­le­de.

Die oor­le­de­ne, was vol­gens die po­li­sie die 23-ja­ri­ge Ve­ro­ni­que Mas­wa­ti. Sy was deel van ‘n span van tien men­se van Noc n Drop in Ge­or­ge wat na Ca­litz­dorp en La­di­smith on­der­weg was om pam­flet­te te ver­sprei.

Vol­gens die be­stuur­der van die voer­tuig het hy in ‘n skerp draai vir ‘n vo­ël ge­skrik wat teen die voer­tuig vas­ge­vlieg het.

Hy het links van die pad af­ge­ry en met die lin­ker­kant van die voer­tuig teen die rots­wand vas­ge­ry. Hy is nie in die bot­sing be­seer nie.

Die agt pas­sa­siers is met am­bu­lan­se na die Oudts­hoorn-hos­pi­taal ge­neem. Die

Oudts­hoorn Cou­rant het die maat­skap­py net na 08:00 van die bot­sing in ken­nis ge­stel. Die ei­e­naar van die maat­skap­py het die be­seer­des Dins­dag in die hos­pi­taal be­soek. Sy het haar in­ni­ge sim­pa­tie en me­de­lye met die naas­be­staan­des van Mas­wa­ti be­tuig. Sy het Woens­dag be­ves­tig dat vyf werk­ne­mers vir be­se­rings be­han­del is. Teen Woens­dag was d­rie reeds ont­slaan. ‘n Man en ‘n vrou is na die Ge­or­ge hos­pi­taal oor­ge­plaas. Die man het in­wen­di­ge be­se­rings op­ge­doen en die vrou sou ‘n voe­t­o­pe­ra­sie on­der­gaan.

‘n Vrou wat na La­di­smith on­der­weg was het op die bot­sing af­ge­kom en die nood­diens­te in ken­nis ge­stel. Die bot­sing het so­wat ‘n ki­lo­me­ter van­af die Per­de­skoen­draai in ‘n skerp draai plaas­ge­vind.

Daar was die af­ge­lo­pe paar jaar ten min­ste se­we bot­sings waar­in d­rie per­so­ne ge­sterf het op die­self­de plek.

Fo­to: Hannes Vis­ser

Die bot­sings­to­neel so­wat 20 mi­nu­te na die bot­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.