Be­ken­te­nis in S­tols­vlak­te aan­ran­ding­saak toe­ge­laat

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die ver­hoor van die twee mans van S­tols­vlak­te wat na be­we­ring ‘n 75-ja­ri­ge win­kel­ei­e­naar, Frans T­re­doux, in sy win­kel aan­ge­rand en be­roof het, is ver­le­de week in die Oudts­hoorn-streek­hof tot vol­gen­de maand uit­ge­stel.

Dit kom na ‘n ver­soek van die ver­de­di­ging dat ‘n be­ken­te­nis van een van die be­skul­dig­des nie as be­wys­stuk toe­ge­laat moet word nie, maar dit is deur die hof van die hand ge­wys is.

Streek­land­dros Mark van Wyn­gaardt het be­vind Ro­nal­do Ol­kers moes ge­weet het dat die be­ken­te­nis teen hom ge­bruik kan word.

Hy het die be­ken­te­nis vry­wil­lig­lik teen­oor kapt. Jo­han­nes Nel ge­maak na­dat hy in­ge­lig is dat dit nie no­dig was om dit te doen nie.

“Dis so een­vou­dig. Die staat het nie eers no­dig ge­had om ge­tui­es te roep nie om­dat daar niks meer no­dig was om vir hom te sê nie,” het die land­dros ge­sê.

Die land­dros het by­ge­voeg dat hy nie kan ver­staan waar­om Ol­kers en sy me­de­be­skul­dig­de, Koos van der Ross, nog on­skul­dig pleit ter­wyl Ol­kers al die fei­te van die saak in die be­ken­te­nis weer­gee.

Die hof het ge­volg­lik die ver­soek van die twee se regs­ver­teen­woor­di­gers, adv. S­tof­fel Prins­loo en Eu­ge­ne Roos, van die hand ge­wys en be­slis dat die be­ken­te­nis heel­te­mal toe­laat­baar is. Die saak is daar­na vir ver­de­re ver­hoor tot 11 De­sem­ber uit­ge­stel.

Ol­kers en Van der Ross, wat in aan­hou­ding bly, staan te­reg op aan­klag van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer.

Frans T­re­doux se eg­ge­no­te, Cor­ne­lia (70), het ver­le­de week ge­tuig dat haar man tans baie siek is en nie in die saak sal kan ge­tuig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.