Suid-Kaap-jag­ters hou ghong-uit­da­ging

Oudtshoorn Courant - - SPORT -

Suid-Kaap Jag­ters-en Be­wa­rings­ver­e­ni­ging (SJB) het hul­le jaar­lik­se ghong-uit­da­ging op 18 No­vem­ber op die plaas, Aan­ge­naam, van Hen­ry en Mar­tie van der West­hui­zen aan­ge­bied. Die plaas is na­by De Rust ge­leë.

Die kom­pe­ti­sie het in per­fek­te weers­om­stan­dig­he­de plaas­ge­vind.

Die baan­uit­leg­te en skiet­po­si­sies het vir ‘n uit­da­gen­de kom­pe­ti­sie ge­sorg. Die span­ne wat uit vier skuts elk be­staan het, moes oor ver­skil­len­de af­stan­de na staal­pla­te van ver­skil­len­de groot­tes skiet. Die af­stan­de het ge­wis­sel van 190 tot 412 m en daar was vyf staal­pla­te per baan.

116 skuts het van­af al­le uit­hoe­ke vir die kom­pe­ti­sie in­ge­skryf en in­dien daar ‘n da­me of ju­ni­or in die span was het die span 200 bo­nus­pun­te vir so ‘n skut ont­vang en ve­te­ra­ne het 100 bo­nus­pun­te ont­vang. Daar was hier­die jaar weer ‘n paar in­te­res­san­te span­na­me, soos die Ysters, die Bok­som­ben­de, die Vaal­ja­pies, die Wit­baar­de en­so­voort.

Die dag se pry­se was ge­borg deur K­lein Ka­roo A­gri. Om al­mal ‘n kans te gun om ‘n prys te wen is daar ver­skeie ge­luk­strek­kings ge­hou waar­on­der ‘n te­le­skoop.

Die wen­ners van die dag was die Meer­kat-span (Wal­lie Ni­gri­ni, Ja­ni­ne Ni­gri­ni, De Waal Ni­gri­ni en A­man­da Lerm). Die wen­ners van die sil­wer­me­dal­jes was die G­hong­bus­ters­span (Ja­c­ques du Plooy, Ju­ni­ta van Zyl, Christo Del­port en Raynor Bec­ker). Die wen­ners van die brons­me­dal­je was die Bok­som­ben­de-span (Hugo Mool­man, Re­nier van G­reu­nen, F­reek Zee­lie en Fer­mi Mey­er). Die in­di­vi­du­e­le wen­ners was Christo Del­port (eer­ste), Re­nier van G­reu­nen (twee­de) en Ni­aan Fou­rie (der­de).

‘n Rus is nie al­tyd so ge­mak­lik nie en om ‘n hout­kruis te be­nut het vir ve­le skuts hoof­bre­kings be­sorg, aan­ge­sien een van die staal­pla­te net 140 mm in deur­snee was en die kruis kon net nie al­tyd be­hoor­lik staan ge­maak word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.