Vrag­mo­tor val om in Mei­rings­poort

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - HAN­NES VIS­SER

Die be­stuur­der van ‘n vrag­mo­tor wat Dins­dag­mid­dag in Mei­rings­poort om­ge­slaan het sê, hy en sy pas­sa­sier is ge­luk­kig om met slegs ‘n paar be­se­rings uit die trok te kon klim.

Her­man Groe­ne­wald, wat van­af Kim­ber­ley na Ri­vers­dal on­der­weg was, het Dins­dag op die to­neel ver­tel dat hy skaars 50 km/h ge­ry het toe die on­ge­luk ge­beur het.

“Die ba­le ha­wer wat op die trok was, is baie glad. Toe ek om die draai gaan het die vrag be­gin skuif. Ek het in my spie­ël ge­sien die vrag kan­tel en die sleep­wa be­gin oor­hel. Toe het ek ge­weet ons gaan om­val.”

Die vrag­mo­tor het op die lin­ker­sy te lan­de ge­kom op die draai tus­sen Was­gat­drif en Blou­punt­drif in Mei­rings­poort. Groe­ne­wald het ver­skeie sny­mer­ke en kneus­plek­ke op­ge­doen.

Die pas­sa­sier het ‘n ge­breek­te sleu­tel­been en sny­won­de op­ge­doen en is per am­bu­lans na die Oudts­hoorn­hos­pi­taal ge­neem.

Groe­ne­wald het aan­ge­dui dat hy ook hos­pi­taal toe sou gaan vir waar­ne­ming na­dat ‘n in­sleep­diens die vrag­mo­tor ver­wy­der het en die voer op ‘n an­der vrag­mo­tor ge­laai is.

Die on­ge­luk het plaas­ge­vind on­ge­veer 20 m van­af die plek waar ‘n tenk­wa met die­sel ‘n aan­tal maan­de ge­le­de om­ge­slaan het.

Fo­to’s: Han­nes Vis­ser

Die vrag­mo­tor het Dins­dag­mid­dag in Mei­rings­poort om­ge­slaan.

Die vrag­mo­tor na hy op­ge­tel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.