Fa­mi­lie rou na ver­mis­te vrou sterf

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIE­ZL VAN NIE­KERK

Die fa­mi­lie van Sarha La­ver­lot (51) is in rou ge­dom­pel en soek steeds na ant­woor­de na haar lig­gaam ver­le­de Don­der­dag in die veld tus­sen Oudts­hoorn en Dys­sels­dorp ge­vind is.

Die po­li­sie het vir 10 dae on­ver­poos na haar ge­soek. Haar lig­gaam, wat in ‘n ge­vor­der­de sta­di­um van ont­bin­ding was, is ui­t­ein­de­lik deur ‘n plaas­wer­ker ge­vind.

Mar­ga­ret Booy­sen, La­ver­lot se ma, sê hul­le ver­staan nog steeds nie waar­om sy weg­ge­loop het nie.

“Daar was ‘n paar goed in haar per­soon­li­ke le­we wat haar die laas­te tyd bie­tjie ge­vang het, maar as sy moe­de­loos ge­raak het, het sy by ons kom kui­er of by haar sus­ters. Dit is bui­te haar aard om net skie­lik die pad te vat,” het sy ge­sê.

Booy­sen sê sy sou graag wou gaan sien waar haar dog­ter ge­sterf het.

“Die po­li­sie het ge­sê sy het kort na sy ver­mis ge­raak het ge­sterf. Sy kon dalk al ‘n week lank dood ge­wees het. Ek sal net graag wil sien waar hul­le my kind ge­kry het. Dat ‘n mens die stuk­kies van die sto­rie wat nog kort by­me­kaar kan sit.”

Sy het Woens­dag aan die Oudts­hoorn

Cou­rant ge­sê die fa­mi­lie is ook nog nie se­ker waar­aan sy dood is nie.

Kapt. Lou­is Vis­ser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, sê ge­me­ne spel word nie op die sta­di­um ver­moed nie.

“Voor­lo­pi­ge in­lig­ting tot ons be­skik­king dui daar­op dat die vrou aan ont­be­ring oor­le­de is. Die aan­dui­ding is dat die vrou reeds ‘n ge­rui­me tyd oor­le­de is en moont­lik kort na haar ver­dwy­ning reeds ge­sterf het. ‘n Ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek word ge­doen.”

Booy­sen het ge­sê hul­le kon nog nie met die be­graf­nis­re­ë­lings voort­gaan nie, om­dat die po­li­sie nog met die na­dood­se on­der­soek be­sig is.

La­ver­lot word oor­leef deur haar ma, haar pa, Ja­co­bus, twee broers, twee sus­ters, vier kin­ders en ses klein­kin­ders.

Fo­to: Lie­zl van Nie­kerk.

Ja­co­bus Booy­sen (pa), Mar­ga­ret Booy­sen (ma), T­hi­nus Booy­sen (broer) en Su­san E­sau (sus­ter).

INLAS: Sarha La­ver­lot

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.