In­wo­ners ont­sto­ke oor be­lof­tes vir werk

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Ge­meen­skaps­le­de het Dins­dag ban­de aan die brand ge­steek en die paaie in Wyk 4 (na­by die Pla­te) en Wyk 8 (by die vier­rig­ting­stop in Siy­a­bon­ga­laan) ver­sper as ge­volg van be­lof­tes oor werk wat die mu­ni­si­pa­li­teit glo nie na ge­kom het nie.

Die ont­sto­ke in­wo­ners het voer­tuie ver­hoed om in die pad te ry en het tax­i­dry­wers en an­der be­stuur­ders ge­dwing om om te draai en ‘n an­der roe­te te ry. Die po­li­sie was vin­nig op die to­neel en het da­de­lik met be­mid­de­ling tus­sen die in­wo­ners en die mu­ni­si­pa­li­teit be­gin.

Vol­gens een van die be­to­gers Aphi­we Ma­jo­la, het ‘n amp­te­naar van die mu­ni­si­pa­li­teit Maan­dag aan hul­le be­lo­we dat nu­we per­so­ne aan­ge­stel sal word om in die wy­ke te be­gin skoon­maak.

Dit het eg­ter nie ge­beur nie. “Ons wag al drie we­ke dat die nu­we men­se aan­ge­stel word. Ons het al­mal kin­ders by die huis. Ons ver­staan dat die men­se wat nou skoon­maak ook ge­sin­ne het om voor te sorg, maar as hul­le beurt ver­by is moet hul­le ons ook mos kans gee. Ons wil ook graag aan ons ge­sin­ne voor­sien,” het hy ge­sê.

Vol­gens hom het van die kon­trak­teurs wat aan­ge­stel is om in die wy­ke s­koon te maak ge­sê dat hul­le nie nu­we wer­kers gaan aan­stel nie.

Na on­ge­veer ‘n uur het die be­to­gers die ver­sper­rings uit die pad ge­haal en Jack de Beer, ‘n mu­ni­si­pa­le amp­te­naar, het die ge­meen­skap on­der die toe­sig van die po­li­sie toe­ge­spreek.

Hy het hul­le be­lo­we dat die kon­trak­teurs wel nu­we skoon­ma­kers sal aan­stel en dat die men­se wat op die da­ta-ba­sis ge­re­gis­treer is ook ‘n beurt sal kry.

Fo­to’s: Lie­zl van Nie­kerk

Ont­sto­ke in­wo­ners het Dins­dag ban­de in Siy­a­bon­ga­laan ge­brand.

Jack de Beer spreek die

ge­meen­skap toe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.