Ver­moor­de sol­daat ge­hul­dig

Oudtshoorn Courant - - FRONT PAGE - GARNETT WICOMB

Hy was ‘n toe­ge­wy­de sol­daat en ‘n per­soon wat al­tyd be­hulp­saam was.

So is st­af­ser­sant P­re­ston Ti­tus (63) wat die af­ge­lo­pe na­week wreed in sy huis op die Oudts­hoorn-weer­mag­ba­sis ver­moor is, Woens­dag­og­gend ty­dens ‘n ge­denk­diens in hul­de­bly­ke deur kol­le­gas en vrien­de be­skryf.

Hon­der­de sol­da­te, ge­meen­skaps­le­de en fa­mi­lie van Ti­tus, as­ook die bur­ge­mees­ter van Oudts­hoorn, Co­lan Syl­ves­ter, en tal­le raads­le­de, het die SANW-ou­di­to­ri­um vol­ge­pak ty­dens die ge­denk­diens wat die In­fan­te­rie­skool vir Ti­tus ge­hou het. Sy fa­mi­lie het spe­si­aal vir die diens van­af Wor­ces­ter ge­kom.

Fa­mi­lie­le­de van die be­droef­de we­du­wee van Ti­tus, Mag­da­leen, ‘n ANC-raads­lid, het haar voort­du­rend on­der­steun.

“St­af­ser­sant Ti­tus se dood het vir ons al­mal as ‘n baie groot skok ge­kom. Maar ons is van­dag hier om sy le­we te vier. Hy was ‘n ne­de­ri­ge en be­hulp­sa­me man,” het die waar­ne­men­de be­vel­voer­der van die In­fan­te­rie­skool, lt.kol. Moi­ket­si, in sy hul­de­blyk ge­sê en na­mens die be­vel­voer­der, kol. N­ku­ba Nt­he­ja­ne wat on­ge­luk­kig in P­re­to­ria is, na­mens die SANW mee­ge­voel be­tuig.

An­der kol­le­gas van Ti­tus het in hul hul­de­bly­ke Ti­tus as ‘n broer en toe­ge­wy­de sol­daat be­skryf.

Ka­pe­laan S­tuur­man het die fa­mi­lie na aan­lei­ding van Je­re­mi­ah 31:13 ver­troos wat lui, “en Ek sal hul­le rou in vreug­de ver­an­der en hul­le troos en hul­le tot blyd­skap bring uit hul­le kom­mer”. “Jul­le droef­heid, pyn en ver­lies is ook ons s’n,” het hy ge­sê.

Ti­tus se lyk is vroeg ver­le­de Sa­ter­dag­og­gend deur fa­mi­lie­le­de in sy bed aan­ge­tref.

Daar was vol­gens kapt. Mal­colm Po­jie, Suid-Kaap­se po­li­sie­woord­voer­der, veel­vul­di­ge steek­won­de aan sy rug en ken en vol­gens ‘n voor­lo­pi­ge on­der­soek is geen te­kens van ge­dwon­ge toe­gang tot die wo­ning op­ge­merk nie.

Reynold Ti­tus van Wor­ces­ter, broer van die oor­le­de­ne, het die SANW en al­mal teen woor­dig na­mens die fa­mi­lie vir hul on­der­steu­ning be­dank.

“Dit is dui­de­lik dat my broer ‘n groot im­pak ge­maak het op al­mal met wat hy in aan­ra­king ge­kom het.”

Ti­tus word Sa­ter­dag om 11 uur van­uit die Ma­ra­na­tha Kerk op Wor­ces­ter be­gra­we. Die huis­diens te A­fri­castraat 121, be­gin om 10:00.

Teen sak­tyd gis­ter is t­wee men­se in ver­band met die moord in heg­te­nis ge­neem en ‘n der­de is vir on­der­vra­ging in­ge­neem. Sien voor­blad­be­rig.

St­af­ser­sant P­re­ston Ti­tus wat ver­le­de na­week ver­moor is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.