2 in heg­te­nis vir moord

Oudtshoorn Courant - - FRONT PAGE - LIEZL VAN NIEKERK

T­wee per­so­ne was teen gis­ter in heg­te­nis ge­neem vir die moord op ‘n st­af­ser­sant in die weer­mag­ba­sis in Oudts­hoorn. Die moord op st­af­ser­sant P­re­ston Ti­tus (47) ver­le­de Vry­dag­nag op die ba­sis van die Oudts­hoorn In­fan­te­rie­skool het skok­gol­we deur die dorp ge­stuur.

Vol­gens kap­tein Mal­colm Po­jie, SuidKaap­se po­li­sie­woord­voer­der, is t­wee per­so­ne, ‘n 37-ja­ri­ge vrou en 23-ja­ri­ge man Woens­dag­aand om 20:30 deur die on­der­soek­span in heg­te­nis ge­neem. Teen sper­tyd gis­ter­mid­dag was hul­le nog nie amp­te­lik van e­ni­ge mis­dryf aan­ge­kla nie. Dit is dus nog nie dui­de­lik of dié t­wee ver­dag­tes in die hof gaan ver­skyn nie. Be­rig­te wat gis­ter­og­gend op me­di­a­web­tuis­tes en so­si­a­le me­dia ver­skyn het, dat P­res­tin se vrou in heg­te­nis ge­neem is, was ten tye van die be­rig­te on­waar. Vol­gens Po­jie was Mag­da­leen Ti­tus slegs vir on­der­vra­ging by die po­li­sie. Sy is eg­ter gis­ter­mid­dag (Don­der­dag) weer vry­ge­laat.

Mag­da­leen is ‘n ANC-raads­lid van die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit en ‘n lid van die ANC se pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de raad in die Wes-Kaap.

St­af­ser­sant Ti­tus se lig­gaam is Sa­ter­dag, in die vroeë og­gend­u­re, met ver­skeie steek­won­de in ‘n slaap­ka­mer in sy huis aan­ge­tref. Die Oudst­hoorn Cou­rant het ver­trou­lik ver­neem dat daar steek­won­de aan sy ge­sig, sy nek en op sy rug was. Dit is eg­ter nie dui­de­lik wat­ter wond sy dood ver­oor­saak het nie.

Po­jie het ver­der ge­sê daar was geen ge­dwon­ge toe­gang tot die huis nie en dat t­wee ta­blet­te en ‘n goue hor­lo­sie uit die huis ge­steel is.

Vol­gens Ti­tus het sy en haar jong­ste dog­ter, A­moré, in die hoof­slaap­ka­mer ge­slaap en haar man het in die ka­mer langs­aan ge­slaap.

“Die oud­ste mei­sie­kind, Pe­ne­lo­pe, was by vrien­de. My ka­mer­deur was toe en die waai­er was aan. Ek het wak­ker ge­skrik uit ‘n diep slaap toe ek Pen­ny aan die ven­ster hoor klop. Ek het my ka­mer­deur oop­ge­maak om my man te vra hoe­kom hy nie vir haar oop­ge­maak het nie, en dit is toe ek die bloed sien.”

Vol­gens haar het hy tus­sen die t­wee en­kel­bed­jies ge­lê en was daar baie bloed.

“Dit was vrees­lik om my man so te sien. Ek dink hy het dalk nie ge­skree nie om­dat hy bang was dat die aan­val­lers my en my dog­ter ook sou kom seer­maak.”

Be­hal­we vir die hor­lo­sie en ta­blet­te, het Ti­tus ge­sê dat haar sel­foon ook ge­steel is. Die i­tems was glo in die sit­ka­mer.

Maj.genl. Oswald Red­dy, die E­denk­lus­ter­be­vel­voer­der, het Don­der­dag ge­sê al­hoe­wel die saak in ‘n ui­ters sen­si­tie­we sta­di­um is, is hy te­vre­de met die toe­wy­ding en har­de werk van Oudts­hoorn se speur­ders.

“Daar is reeds baie werk ge­doen, maar ons sal by ons man­daat hou en die­ge­ne wat ver­ant­woor­de­lik is vir die moord vang.”

Ma­fi M­go­bo­zi, die woord­voer­der van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag, het ge­sê ‘n of­fi­sier van die weer­mag wat die be­trok­ke nag aan diens was het na die huis ge­gaan na hy van die voor­val ge­hoor het, maar Ti­tus was toe reeds dood.

Mi­nis­ter No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging en mi­li­tê­re ve­te­ra­ne, het haar me­de­lye aan die Ti­tus-fa­mi­lie be­toon.

E­nig­ie­mand met ver­de­re in­lig­ting oor die voor­val kan ao. Mar­tin le Roux, die on­der­soek­be­amp­te, by 044 274 4430 of 082 402 1730 of 08600 10111 ska­kel.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het reeds vroeg Sa­ter­dag­og­gend van die moord ver­neem. Se­dert­dien het ver­skeie brok­kies in­lig­ting die koe­rant be­reik. Na­dat ‘n be­rig op ‘n me­di­a­huis se web­tuis­te ver­skyn het dat Mag­da­leen Ti­tus in heg­te­nis ge­neem is, het dit op so­si­a­le me­dia ge­gons met be­spie­ge­lin­ge en be­we­rein­ge waar­voor daar skyn­baar nog nie gron­de be­skik­baar was nie. Der­hal­we het die Oudts­hoorn Cou­rant ge­wag op ‘n amp­te­li­ke ver­kla­ring van­af die po­li­sie. Vol­gens in­lig­ting waar­oor be­skik word, mag daar moont­lik nog ar­res­ta­sies volg.

Mag­da­leen Ti­tus en haar man P­re­ston, wat ver­le­de na­week ver­moor is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.