T­wee sterf op Beau­fort-pad

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

T­wee mans is Dins­dag tus­sen Beau­for­tWes en Klaar­stroom in ‘n bot­sing reg van voor dood. Die lig­gaam van een van die mans moes deur nood­diens­te met me­ga­nie­se toe­rus­ting uit­ge­sny word.

Vol­gens kapt. Da­vid de K­lerk, woord­voer­der van die Beau­fort-Wes-po­li­sie, het die on­ge­luk na­by See­koei­gat ge­beur, on­ge­veer 80 km van Beau­fort-Wes af.

“Die on­ge­luk het op ‘n blin­de hoog­te ge­beur. Daar was een per­soon in el­ke voer­tuig en bei­de is op die to­neel dood ver­klaar. Die be­stuur­der van die wit Nis­san­bak­kie is van Beau­fort-Wes en die be­stuur­der van die an­der voer­tuig is ver­moe­de­lik van Gau­teng.”

Die an­der voer­tuig was ‘n maat­skap­py­voer­tuig van HiC­hem.

Geen ver­de­re be­son­der­he­de is be­skik­baar nie.

Fo­to: Liezl van Niekerk

Die HiC­hem voer­tuig na die on­ge­luk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.