Meer as 100 by bur­ge­mees­ters­gholf­dag

Oudtshoorn Courant - - SPORT - CHRIS­TO VER­MAAK

Oudts­hoorn se eer­ste bur­ge­mees­ters­gholf­dag het Sa­ter­dag 2 De­sem­ber 104 spe­lers ge­lok. Ja­co­bus Ar­ries en Lou­is S­tan­der het met 83 pun­te die dag se gholf ge­wen. Die in­kom­ste van die gholf­dag sal vir stu­die­beur­se vir plaas­li­ke skool­ver­la­ters aan­ge­wend word.

Met die prys­uit­de­ling het bur­ge­mees­ter, Co­lan Syl­ves­ter, aan­ge­kon­dig dat A­vis on­der­neem het om die eer­ste drie jaar die gholf­dag met R40 000 per jaar te borg.

Syl­ves­ter het al­le bor­ge en spe­lers vir die suk­ses van die dag be­dank. “Die geld gaan vir op­voe­ding en op­voe­ding het die ver­moë om die wê­reld te ver­an­der. U by­drae kan nie ge­ring ge­skat word nie.”

Met Ar­ries en S­tan­der die wen­ners, was Frank A­bra­hams en An­ton T­heu­nis­sen (79 pun­te) twee­de en Co­lin S­wi­ge­laar en Mil­ton Groe­ne­wald (78 pun­te) der­de.

Vier pry­se vir spe­lers wat die bal die naas­te aan die pen ge­slaan het, is toe­ge­ken. Die wen­ners van dié pry­se is WM Ba­den­horst (der­de put­jie), Da­nie Ter­blan­che (agt­ste put­jie), SA Bo­tha (12de put­jie) en N Wol­ma­rans (15de put­jie).

Chloe Kel­pin het ‘n prys vir die da­me met die lang­ste dryf (op die 13de put­jie) ge­wen. C Hess was die man­spe­ler wat die lang­ste dryf (op die se­wen­de put­jie) ge­slaan het.

Fo­to’s: Chris­to Ver­maak

Die wen­ners van Oudts­hoorn se eer­ste bur­ge­mees­ters­gholf­dag, Lou­is S­tan­der (links) en Ja­co­bus Ar­ries (regs). By hul­le staan bur­ge­mees­ter Co­lan Syl­ves­ter.

Van links is Co­lan Syl­ves­ter en die naas­wen­ners, Frank A­bra­hams en An­ton T­heu­nis­sen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.