Man ver­skyn in Ja­nu­a­rie vir per­le­moen

Oudtshoorn Courant - - NIEUWS - GARNETT WICOMB

‘n Man (57) van Zo­ar wat vir die on­wet­ti­ge be­sit en ver­voer van per­le­moen, roe­ke­lo­se be­stuur, op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging en aan­ran­ding om erns­tig te be­seer aan­ge­kla word, ver­skyn weer op 26 Ja­nu­a­rie in die hof.

E­li­as Mak­ka is op 26 Maart van­jaar op die R62 tus­sen Zo­ar en La­di­smith met 20 een­he­de per­le­moen in sy be­sit in heg­te­nis ge­neem waar­voor hy ‘n boe­te van R800 000 of t­wee jaar ge­van­ge­nis­straf in die ge­sig staar.

Hy word ook daar­van aan­ge­kla dat hy vir Hein­rich K­leyn­hans met ‘n mes wou steek en ‘n deur en kas­sies van die kla­er ge­breek en stuk­kend ge­gooi het.

Voorts word hy ook aan­ge­kla van roe­ke­lo­se en of na­la­ti­ge be­stuur met ‘n Ban­tam-bak­kie

Hy het in De­sem­ber in die Oudts­hoorn­land­dros­hof ver­skyn en die saak is deur streek­land­dros LA Wil­kens vir ver­hoor in die La­di­smith-streek­hof tot 26 Ja­nu­a­rie uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.