Weer­mag­saak: T­wee ver­dag­tes weer voor

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - GARNETT WICOMB

T­wee sa­ke wat in die streek­hof voor wy­le streek­land­dros Mark van Wyn­gaardt ge­dien het moet van voor af be­gin na sy on­ver­wag­se dood ver­le­de jaar.

Die saak teen t­wee mans wat daar­van aan­ge­kla word dat hul­le ‘n win­kel­ei­e­naar van S­tols­vlak­te, Frans T­re­doux (75), aan­ge­rand en be­roof het, is een van die sa­ke wat in die Oudts­hoorn-streek­hof uit­ge­stel is. T­re­doux is die og­gend van 29 Mei 2017 in sy win­kel met ‘n knop­kie­rie oor die kop ge­slaan, met ‘n mes ge­steek en van R200 kon­tant be­roof. Hy kon weens ver­swak­te ge­sond­heid nie vroe­ër in die saak ge­tuig nie. Die t­wee be­skul­dig­des, Ro­nal­do Ol­kers (20) en Ja­co­bus (Koos) Van der Ross (24), is se­dert Mei ver­le­de jaar in aan­hou­ding na­dat borg­tog aan hul­le ge­wei­er is. Hul­le ont­ken skuld.

Die staats­aan­kla­er, Hy­ron Goul­ding, het die hof mee­ge­deel dat ‘n nu­we klag­staat reeds voor­be­rei is en ver­soek dat die saak vir ver­hoor van voor­af uit­ge­stel word. Streek­land­dros LA Wil­kens het die saak tot 13 Fe­bru­a­rie 2018 uit­ge­stel.

Die twee­de saak wat uit­ge­stel is, is die saak teen t­wee po­li­sie­be­amp­tes van Dys­sels­dorp wat van moord aan­ge­kla word. Da­wid Vor­ster (39) en Da­niel Lin­ge­veld (33) word daar­van aan­ge­kla dat hul­le Frank Links op 13 Ja­nu­a­rie 2013 aan­ge­rand het en dat hy aan sy be­se­rings be­swyk het. Al­bei pleit on­skul­dig. Links is die be­trok­ke dag vir op­roe­ri­ge ge­drag ge­ar­res­teer. Ver­le­de jaar het sers. Jes­si­ca Went­zel ge­tuig sy het ge­sien hoe­dat die t­wee be­skul­dig­des en kon­sta­bel Au­gust in ‘n stoei­e­ry met die oor­le­de­ne was om hom bin­ne die aan­klag­kan­toor te kry. Sy het glo ook ge­sien hoe­dat Vor­ster en Lin­ge­veld vir Links nat­spuit en dat Lin­ge­veld hom met die vuis in die ge­sig slaan.

Soos met die saak teen Ol­kers en Van der Ross, het Hy­ron Goul­ding, ge­sê al­le vo­ri­ge hof­ver­rig­tin­ge is nie­tig ver­klaar en ‘n nu­we klag­staat is voor­be­rei. Streek­land­dros LA Wil­kens het die saak vir ver­hoor tot 22 Fe­bru­a­rie uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.