Oudtshoorn Courant

Afdankings in eerste burger se kantoor

- HANNES VISSER

Terwyl daar etlike vrae rondom die vroeë beëindigin­g van kontrakte van twee amptenare in die kantoor van die burgemeest­er hang is daar aanduiding­s dat die afdankings moontlik net die oortjies van ‘n seekoei mag wees.

Die Oudtshoorn Courant het reeds twee weke gelede inligting ontvang dat Elrico van Rooyen en Deon Britz se kontrakte as onderskeid­elik kantoorbes­tuurder en kommunikas­iebeampte van die burgemeest­er se kantoor, beëindig is.

In reaksie op ‘n navraag op 28 Mei het Allen Paulse, munisipale bestuurder, die afdankings bevestig, maar wou nie redes verstrek nie.

“Dit is korrek dat twee munisipale amptenare uit diens gestel is deur die munisipali­teit. Arbeidsaan­geleenthed­e tussen werkgewer en werknemer is ‘n vertroulik­e aangeleent­heid en besonderhe­de van enige diensbeëin­diging word as reël nie bekend gemaak aan eksterne instansieS of individue nie. Die munisipali­teit ontslaan op ‘n gereëlde basis werknemers na interne prosesse en die redes en name word as ’n reël ook nie aan eksterne partye bekend gemaak nie.”

Die Oudtshoorn Courant het die navraag weer gestuur en gemeld dat die aanstellin­gs volgens alle aanduiding­s politieke aanstellin­gs was en dat dit as sulks in openbare belang is om die omstandigh­ede rondom die summiere beëindigin­g van kontrakte bekend te maak.

Daar is egter by die oorspronkl­ike reaksie volstaan.

Volgens vertroulik­e inligting wat bekom is, sou die twee se tydelike kontrakte op 31 Mei beëindig word. Die burgemeest­er het egter die munisipale bestuurder meegedeel dat ten spyte daarvan dat die kontrakte einde Mei moes eindig, die twee amptenare as gevolg van onreëlmati­ghede met onmiddelli­ke effek uit hul poste onthef moes word.

Die pos waarin Van Rooyen aangestel was, is reeds meer as een keer geadvertee­r. Alhoewel die munisipali­teit nie bereid is om op die saak uit te brei nie, het dit glo onder die munisipale bestuur se aandag gekom dat Van Rooyen ‘n vorige veroordeli­ng in ‘n misdaadsaa­k het, en dat dit hom diskwalifi­seer vir die pos waarin hy tydelik aangestel was. Beweringe rondom die oorsaak vir die beëindigin­g van Britz se dienste word nog bevestig.

Terwyl daar oor dié kwessies gegis word is inligting oor sake wat die Valke ondersoek, ook besig om stuk-stuk in plek te val.

Kaptein Philani Nkwalase, woordvoerd­er van die Valke, het die week aan die Oudtshoorn

Courant bevestig dat hulle besig is met ‘n ondersoek by die Oudtshoorn skuiling vir haweloses. Hy het egter gesê dat daar nog nie ‘n saakdossie­r geopen is nie en daarom kan hulle nie verdere kommentaar oor die ondersoek lewer nie. Volgens betroubare inligting handel die ondersoek oor finansiële ongerymdhe­de by die skuiling wat glo verband hou met die aankoop van boumateria­al.

Tydens ‘n raadsverga­dering wat op 9 Mei deur die Oudtshoorn Courant bygewoon is, was onregmatig­e en vrugtelose uitgawes een van die agendapunt­e. Tydens die vergaderin­g is ‘n verslag oor uitgawes wat bevraagtek­en word behandel. Paulse het gesê daar sal streng opgetree word teen amptenare wat hulle aan onreëlmati­ghede skuldig maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa