Oudtshoorn Courant

Maggie en medebeskul­digdes in hof

- LIEZL VAN NIEKERK

Magdaleen (Maggie) Titus, die vrou van die oorlede Preston Titus, het Maandag saam met twee van haar drie medebeskul­digdes in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn.

Titus word daarvan aangekla dat sy en die ander beskuldigd­es, haar man, die nag van 1/2 Desember 2017 vermoor het.

Hy is met verskeie steekwonde in sy huis op die weermagbas­is gevind.

Saam met Titus in die hof was Masithembe January (MJ) en Justice Mooi. Mooi is in Januarie vanjaar borgtog geweier. Natasha Stuurman, wat reeds op 9 April vanjaar op borgtog van R15 000 vrygelaat is, was afwesig omdat sy glo in die hospitaal opgeneem is.

Titus is op 7 Mei borgtog van R30 000 in die Kaapse hooggeregs­hof toegestaan na daar teen die weiering van haar borgtog in Oudtshoorn geappellee­r is.

Adv. Michelle Weyers, die staatsaank­laer in die saak, het Maandag in die landdrosho­f aangedui dat die saak steeds deur die polisie ondersoek word en dat daar nog ondermeer vir forensiese- en DNS-uitslae gewag word.

Weyers het verder gesê dat MJ se borgtogaan­soek op 12 Junie (volgende Donderdag) in die hof aangehoor sal word.

Eugene Roos, Mooi se regshulppr­okureur, het die hof gevra om die staat te waarsku om nie weer met sy kliënt te praat voor hulle hom nie eers daarvan in kennis gestel het nie.

Roos het aangedui dat lede van die polisie by die tronk opgedaag het en DNS van Mooi wou hê.

“Ons sou nie kapsie aangeteken het nie, maar ek moet eers in kennis gestel word voor my kliënt genader word.”

Die saak teen al die beskuldigd­es is vir verdere ondersoek tot 11 Julie uitgestel.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Magdaleen Titus Maandag buite die hof na afloop van die hofverrigt­inge.
Foto: Liezl van Niekerk Magdaleen Titus Maandag buite die hof na afloop van die hofverrigt­inge.
 ?? Foto verskaf ?? Masithembe January se borgtogaan­soek is volgende Donderdag.
Foto verskaf Masithembe January se borgtogaan­soek is volgende Donderdag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa