Ver­meen­de ro­wers van Zo­ar in hof

Oudtshoorn Courant - - NUUS - LIEZL VAN NIEKERK

Drie ver­meen­de ro­wers van Zo­ar het ver­le­de week vlug­tig in die La­di­smith­land­dros­hof ver­skyn na hul­le na be­we­ring ‘n 71-ja­ri­ge man in sy huis op Berg­plaas, La­di­smith, be­roof het.

Vol­gens ao. Jan Ce­de­r­as, woord­voer­der van die La­di­smith-po­li­sie, het die mans die slag­of­fer op 12 Ok­to­ber om 15:00 oor­val en be­roof.

“Hul­le het ge­vlug met die man se Ford La­zer, R10 000 kon­tant, krui­de­niers­wa­re van R500, ‘n 14 kg-gas­bot­tel en wyn. Die ver­dag­tes wat on­der­skei­de­lik 19, 29 en 36 jaar oud is, is op 14 Ok­to­ber in heg­te­nis ge­neem.”

Ce­de­r­as sê daar is ook ver­le­de week twee mans in Suid­straat, La­di­smith by ‘n pad­blok­ka­de in heg­te­nis ge­neem na die po­li­sie ‘n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie in ‘n voer­tuig ge­vind het.

“Twee mans, een 24 jaar oud en een 47 jaar oud, is deur die po­li­sie ty­dens ‘n roe­ti­ne pad­blok­ka­de ge­stop. Die po­li­sie het die 9 mm-pis­tool, waar­van die reeks­nom­mer uit­ge­wis is, en 8 rond­tes am­mu­ni­sie in die voer­tuig ge­kry. Hul­le is op aan­klag van die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie in heg­te­nis ge­neem.”

Die ver­dag­tes het in die hof ver­skyn en is steeds in aan­hou­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.