Toe­ris­te on­ge­de­ërd na bot­sing

Oudtshoorn Courant - - NUUS - HANNES VISSER

Twee Duit­se toe­ris­te in ‘n Toyo­ta A­van­za en die be­stuur­der van ‘n Mer­ce­des Vi­to-bus­sie is on­ge­deerd na ‘n bot­sing op die Ca­litz­dorp­pad Dins­dag­mid­dag. Die twee toe­ris­te was ag­ter­in ‘n ry mo­tors wat by pad­wer­ke stil­ge­staan het toe die Mer­ce­des hul­le van ag­ter ge­tref het. Die slag van die bot­sing het die A­van­za van die pad af ge­slin­ger en laat om­dop. Om­stan­ders het die voer­tuig weer op sy wie­le ge­kry en die ge­skok­te in­sit­ten­des by­ge­staan.

Die pas­sa­sier is ‘n pa­ra­pleeg en kon nie uit die mo­tor klim nie. Sy vrou het be­stuur. Vol­gens die be­stuur­der van die Vi­to het hy nie be­sef die mo­tors voor hom staan stil nie. ‘n Eg­paar wat in ‘n For­tu­ner voor die A­van­za was het die toe­ris­te by­ge­staan tot­dat pa­ra­me­di­ci by die to­neel aan­ge­kom het.

Vol­gens die be­stuur­der van die For­tu­ner het hy die Mer­ce­des in sy tru­spie­ël sien aan­kom. “Ek het be­sef hy gaan nie be­tyds stop nie en dit het eers ge­lyk of hy by die A­van­za wil ver­by­steek, maar toe tref hy die kar.”

Die toe­ris­te was na Kaap­stad on­der­weg en is te­rug­ge­bring na Oudts­hoorn waar hul­le vir ‘n an­der mo­tor van ‘n ver­hu­rings­maat­skap­py ge­wag het.

Fo­to:Hannes Visser

Die be­stuur­der van die A­van­za staan haar ge­strem­de man by waar hy in die mo­tor sit na die bot­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.