Hui­se in Ro­se Val­ley oor­han­dig

Oudtshoorn Courant - - NUUS - GARNETT WICOMB

Hy is so dank­baar oor sy nu­we huis, maar baie hart­seer ook om­dat sy vrou, wat so uit­ge­sien het na haar eie huis oor­le­de is, en nie die vreug­de saam met hom kan deel nie.

So het die 60-ja­ri­ge Dirk S­tolz, die eer­ste per­soon wat Dins­dag die sleu­tels van sy nu­we huis in Ro­se Val­ley ont­vang het, ge­sê.

Die sleu­tels van die eer­ste twaalf van 332 hui­se in Fa­se 3 van die Ro­se Val­ley­be­hui­sings­pro­jek is Dins­dag deur die WesKaap­se LUR vir mens­li­ke ne­der­set­tings, Bong­in­ko­si Ma­di­ki­ze­la, aan hul ei­e­naars oor­han­dig.

Ma­di­ki­ze­la het die ont­van­gers ge­luk­ge­wens en by­ge­voeg dat dit die re­ge­ring se ma­nier is om waar­dig­heid te her­stel en ook die on­reg­ver­dig­heid van die ver­le­de reg te stel.

Hy het die Oudts­hoorn-mu­ni­si­pa­li­teit lof toe­ge­swaai vir wat die raad doen ten op­sig­te van be­hui­sing en ge­vra om daar­mee voort te gaan.

“Dit wil voor­kom as­of ons net op Oudts­hoorn hui­se bou,” het Ma­di­ki­ze­la ge­sê. Hy het sy kom­mer uit­ge­spreek oor die feit dat so baie jong­men­se hui­se kry ter­wyl daar be­jaar­des is wat reeds lank op die wag­lys is.

Vol­gens Ma­di­ki­ze­la is die be­hui­singsnood ver­stom­mend.

In die Wes-Kaap is die ag­ter­stand so­wat 600 000 en land­wyd meer as 2,2 mil­joen.

Die 332 hui­se wat nou in aan­bou is, is vol­gens die bur­ge­mees­ter, Co­lan Syl­ves­ter, deel van die mu­ni­si­pa­li­teit se Ro­se Val­ley­be­hui­sings­pro­jek wat van­jaar die pro­vin­si­a­le Go­vin M­be­ki mens­li­ke ne­der­set­tings­prys vir die bes­te in­for­me­le ne­der­set­tings op­gra­de­ring ge­wen het.

Hy sê die mu­ni­si­pa­li­teit is voort­du­rend be­sig om be­hui­sings­ge­leent­he­de aan in­wo­ners te ver­skaf wat dit die no­dig­ste het.

Fa­se 3 be­hoort teen ein­de Maart 2019 vol­tooi te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.