Wat ‘n glim­lag nie kan doen nie

Oudtshoorn Courant - - NUUS - Deur: S­muts van Rens­berg

Hier teen die ein­de van die jaar se kant is men­se moeg. Op­ge­werk. Ge­ïr­ri­teerd. Ge­frus­treerd. Mis­kien moet ons er­ken, dit is al­les waar van­weë ‘n klomp din­ge wat deur die jaar om ons en met ons ge­beur het. Maar hier van Ok­to­ber se kant is dit as­of die span­ning tot breek­punt wil kom. Daar is al hoe meer drin­gend­heid, ge­dre­wen­heid en haas in al­mal se doen en la­te. Daar is so min tyd en so­veel wat nog ge­doen moet word. Al­les moét voor die Kers­sei­soen af­ge­sluit en af­ge­han­del wees!

Daar­mee saam styg die kwik op die ter­mo­me­ter ook hier teen die ein­de van die jaar. Na die win­ter se lae tem­pe­ra­tu­re suk­kel ons om weer aan te pas by die hoë tem­pe­ra­tu­re van die so­mer­dae. Ons sweet dat dit bars, nie net fi­guur­lik nie, maar ook let­ter­lik. En die dae is so­veel lan­ger. Ons word wak­ker saam met die vo­ëls en ska­kel eers af as die son sy kop oor die ho­ri­son laat hang.

Dit was hier teen die ein­de van die jaar, op ‘n warm so­mers­dag in die K­leinKa­roo, wat ek om drie­uur die mid­dag by die bank in­ge­stap het. As­of dit al­les nie ge­noeg was nie, het my moed in my skoe­ne ge­sak toe ek die men­se in die ry voor my tel - ne­ge! En dan moet ek er­ken, ek was reeds op­ge­werk en warm om die boord­jie toe ek by die huis weg is, want dit was nou die der­de maal wat ek vir die­self­de saak te­rug moes gaan bank toe. Ie­wers doen ie­mand nie hul­le werk be­hoor­lik nie, of gaan die re­ke­naar die skuld kry, maar ek moet tel­kens ‘n tyd in­ruim om in ‘n lang tou te gaan wag!

Ter­wyl ek in die ry sit en wag, het ek pro­beer om my­self op al­ler­han­de ma­nie­re be­sig te hou. Ek het na die ver­ve­li­ge en her­ha­len­de ad­ver­ten­sies son­der klank op die TV-skerm ge­kyk. Ek het op my sel­foon die weer­pa­tro­ne vir die vol­gen­de week be­stu­deer. Ek het ‘n klom­pie teks­bood­skap­pe ge­stuur aan die kin­ders en al­mal aan wie ek kon dink. En toe ek na veer­tig mi­nu­te se wag op­kyk, tel ek die men­se voor my - se­we! Die deu­re van die bank is in­tus­sen ge­sluit. Die wag was nog lank. Die tem­pe­ra­tuur in my hoog, ten spy­te van die lug­ver­koe­ling.

Dis toe dat ek my fo­kus ver­skuif na die drie kon­sul­tan­te voor my. Ek het be­gin won­der en uit­werk by wat­ter een van die drie ek sou uit­kom om my te help. Ek het be­gin uit­werk by wat­ter een ek sal wíl uit­kom. Wat­ter een lyk na die mees be­kwa­me? - ek wil im­mers van­dag die saak waar­voor ek in die bank is af­han­del! Ek het hul­le op­tre­de be­gin dop­hou. Iets het my op­ge­val. Elk­een van hul­le was doe­ning op die re­ke­naar, maar wan­neer die kli­ënt voor hul­le praat, het hul­le die re­ke­naar ge­los en die kli­ënt in die oë ge­kyk. En ge­luis­ter. En dan met ‘n glim­lag iets ver­dui­de­lik, waar­na hul­le weer op die re­ke­naar be­gin werk het. Dit het my aan die dink ge­sit. Dit was al am­per vier­uur in die mid­dag. Hoe­veel kli­ën­te het al van­dag voor hul­le ge­sit? Na hoe­veel se sto­ries en ver­dui­de­li­kin­ge en be­hoef­tes moes hul­le van­dag al luis­ter? Hoe­veel se pro­ble­me moes hul­le help op­los, te mid­de van die frus­tra­sie van romp­slomp en on­be­hol­pen­heid ie­wers in die sis­teem? En hul­le luis­ter en ver­dui­de­lik ge­dul­dig! En hul­le glim­lag!

Toe dit uit­ein­de­lik my beurt was om in die stoel voor die kon­sul­tant in te skuif, was ek kalm en rus­tig. Die kwik in my bin­ne­ste het ge­sak na nor­maal. Ver­al toe die kon­sul­tant my met lag­gen­de oë vrien­de­lik groet en vra hoe dit gaan. En toe sy vrien­de­lik vra “Waar­mee help ek van­dag?” so as­of ek die eer­ste kli­ënt van die dag is wat voor haar sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.