A­ren­de vlieg ho­ër as Val­ke in Ge­or­ge

Oudtshoorn Courant - - SPORT - HUGO REDELINGHUYS

Die A­ren­de se droom­sei­soen in die Cur­rie­be­ker se Eer­ste­li­ga het op ‘n hoog­te­punt af­ge­sluit toe hul­le die Val­ke ver­le­de Vry­dag­aand op Ou­te­ni­qua­park met 36-27 ge­klop het.

Die A­ren­de het vroeg in die eer­ste helf­te die ki­taar ge­slaan en die Val­ke geen be­weeg­ruim­te toe­ge­laat nie. Ná twee krag­drieë deur Way­ne Wil­schut, ag­ste­man, wou dit voor­kom of die be­soe­kers se uit­tog na die Suid-Kaap in ‘n nag­mer­rie­rit gaan ver­an­der.

Maar toe slaan die Val­ke te­rug met twee vin­ni­ge drieë dank­sy lak­se ver­de­di­ging aan die A­ren­de se kant. Voor die tuis­span mooi weet wat hul­le - en die tuis­on­der­steu­ners wat die hoof­pa­wil­joen vol­ge­pak het ge­tref het, was die Val­ke met 27-15 voor en het ‘n py­ni­gen­de ne­der­laag by die tuis­span be­gin spook.

Toe die dra­ma­tie­se om­me­keer. Die A­ren­de se bul­pak het, soos tel­kens die sei­soen, be­heer oor­ge­neem en die Val­ke sta­dig­aan be­gin ver­smoor. Ver­al in die skrums het hul­le die Val­ke ver­niel en ge­bieds­voor­deel af­ge­dwing. Drie drieë la­ter deur Wil­schit, Wyn­and Gras­smann, klip­har­de slot, en Mar­lo Weich, reg­te­vleu­el, het die Val­ke se dop­pie ge­klink en kon die A­ren­de ‘n ag­ter­stand van 12 pun­te in ‘n oor­win­ning om­skep.

Dank­sy hul oor­heer­sing en puik ver­de­di­ging kon die A­ren­de 21 pun­te in die twee­de helf­te op­sta­pel en die

Val­ke geen.

Dis mos rug­by.

Ryn­ard van As, hoof­af­rig­ter, het van­jaar, met die hulp van sy af­rig­ting­span, ‘n om­wen­te­ling in die A­ren­de se spel be­werk­stel­lig en hul­le ge­help om die Cur­rie­be­ker se Eer­ste­li­ga te wen. Hier word hy skou­er­hoog van die veld ge­dra deur op­ge­won­de toe­skou­ers en spe­lers ná die A­ren­de se oor­win­ning teen die Val­ke. Jan­ne­man S­tan­der, flank, het hom let­ter­lik uit sy trui ge­speel in die eind­stryd teen die Val­ke. Hy is net kort voor die doel­lyn plat­ge­trek, maar Way­ne Wil­schut, agt­ste­man was by­der­hand om af te rond.

Do­de­lik ak­ku­raat. Die A­ren­de-los­ska­kel, Di­van Nel, was van­jaar die voor­ste pun­te­ma­ker in die Cur­rie­be­ker se Eer­ste­li­ga. In die eind­stryd teen die Val­ke het hy 11 pun­te aan­ge­te­ken met vier doel­skop­pe en ‘n straf­doel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.