Ge­lief­de tol­huis bly in die slag

Oudtshoorn Courant - - NUUS - IL­SE SCHOONRAAD

Die be­roem­de Ou Tol­huis in die Mon­ta­qupas teen die sui­de­li­ke han­ge van die Ou­te­ni­qua­ber­ge is Maan­dag om­streeks 11:30 by­na heel­te­mal in die bran­de ver­woes. Die brand­weer was wel vroe­ër daar om die huis en die a­rea rond­om nat te spuit, maar dit was ver­geefs.

Ger­da S­tols, voor­sit­ter van die Vrien­de van die Tol­huis wat al vir ja­re met oor­ga­we werk vir die be­wa­ring, ver­be­te­ring en be­mar­king van die tol­huis, sê dit voel soos dood in die fa­mi­lie. Dit is haas on­moont­lik om ‘n prys te sit op die waar­de van die ver­lo­re kul­tuur­skat­te. Maar op­gee is nie deel van S­tols se ka­rak­ter nie en sy maak reeds plan­ne om dié stuk­kie kul­tuur­er­fe­nis in vol­le glo­rie te her­stel.

Die Tol­huis wat in 1972 tot ’n na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid ver­klaar is, het in 1855 ook af­ge­brand waar­na die riet­dak met sink ver­vang is.

Vol­gens S­tols het sy reeds met die Vrien­de van die Tol­huis ge­re­ël vir ‘n ont­moe­ting by die ge­bou Sa­ter­dag­og­gend om ‘n op­rui­mings- en be­plan­nings­ak­sie te be­spreek.

Kon­tak S­tols by ger­das­tols@tel­kom­sa,net.

Fo­to: Al­len Jor­genson

Die oor­blyf­sels van die Tol­huis na­dat dit Maan­dag ver­woes is.

Voor die brand... Da­leen En­gel­brech (mid­del) en die be­ken­de ak­teurs­paar Jo­han en Li­da Bo­tha met ‘n mo­del os­se­wa­en­tjie waar­van daar ver­skeie in die tol­huis was. In die ag­ter­grond is die waar­de­vol­le kla­vier. Die stoe­le is ‘n maand ge­le­de ge­re­stou­reer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.