Oudtshoorn Courant

Oorsaak van brand nog onbekend

- HANNES VISSER

Die oorsaak van 'n brand, wat 'n ou sandsteenh­uis in Russtraat Vrydagogge­nd gedeelteli­k in puin gelê het, is nog onbekend. Die skade kon ook nog nie bereken word nie.

Die brand het omstreeks 03:30, vermoedeli­k op die agterstoep van die huis wat deur Marieta en Bertus Smit gehuur word, ontstaan.

Marieta se volwasse seun, Jaco Uys, woon in 'n buitekamer langs die huis. Hy het van klapgeluid­e wakker geword en gesien die stoep is in ligte laaie en dat die brand besig is om na die motorhuis, waar sy buitekamer ook geleë is, te versprei.

Hy het sy ma-hulle se kamervenst­er van buite oopgedwing en die diefwering losgeruk.

Nadat hy hulle gewaarsku het, het hy die diefwering van 'n venster na die voorstoep oopgebreek sodat hulle daardeur kon ontsnap. Die brandweer was binne minute op die toneel en kon die brand onder beheer kry voordat dit verder versprei het.

Die agterstoep, motorhuis, buitekamer, kombuis, badkamer en dele van die dak is deur die brand vernietig.

Marieta teel met Yorkies en kon almal, behalwe een, betyds na veiligheid neem.

Dit is die tweede huisbrand wat die gesin binne vyf jaar ervaar. Die huis wat hulle sowat vyf jaar gelede op die hoek van Buitekant- en Van der Rietstraat gehuur het, het ook afgebrand. Daardie brand was so erg dat hulle geen besittings kon red nie en die huis moes na die brand gesloop word. Hierdie was die derde woonhuis wat sedert die inperking afgebrand het.

 ??  ?? Rook borrel Vrydagogge­nd aan die voorkant van die huis uit terwyl die agterkant in vlamme gehul is.
Rook borrel Vrydagogge­nd aan die voorkant van die huis uit terwyl die agterkant in vlamme gehul is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa