Oudtshoorn Courant

Pa van kleuter aangekla van moord

- GARNETT WICOMB

Die verhoor van ‘n man van Haarlem wat van moord op sy 18 maande oue seuntjie, kwaadwilli­ge saakbeskad­iging en verbreking van ’n beskermigs­bevel, alternatie­welik aanranding, aangekla word, word vandag (Donderdag 15 Oktober) in die rondgaande hooggeregs­hof op Oudtshoorn voortgesit met die slotargume­nte van die verdedigin­g.

Die staat en die verdedigin­g het hul sake Dinsdag gesluit nadat die beskuldigd­e, Ronvigon Wildeman, besluit het om nie te getuig nie en ook nie enige getuies te roep nie.

Merilen Cornelius, moeder van die kind, Vagon Cornelius, het getuig dat sy en die beskuldigd­e die betrokke dag, 9 Februarie 2019, weer gestry en mekaar rondgeruk het nadat hulle saam gedrink het by die woning van haar tante. Sy was besig om die polisie te bel toe die beskuldigd­e die selfoon by haar afgevat en weggegooi het. Hy het daarna aan haar gesê dat sy nou sal sien hoe "spite" hy haar. Hy het ‘n groot klip van sowat 18 kg bokant sy kop opgetel en op die kind se kop laat val. Hy het dit opgetel en vir ‘n tweede keer op die kind laat val. Daarna het hy die kind opgetel en na haar gegooi, maar die kind het op die grond geval. Die kind is ure later deur paramedici dood verklaar.

Volgens ‘n spesialis forensiese patoloog, dr. Christa Hattingh het die beserings wat die kind opgedoen het sy klein brein totaal verwoes. Hattingh het Dinsdag tydens haar getuienis gereageer op ‘n vraag van die regter wat wou weet of die kind se brein heeltemal vernietig was as gevolg van die swaar klip van 18 kg wat sy pa na bewering twee keer op sy kop laat val het.

Op nog ‘n vraag van die staatsaank­laer, adv. Lenro Bredenkamp, of die kind met die beserings wat hy opgedoen het enige kans gehad het om te oorleef het sy nee geantwoord.

Sy het getuig dat die oorledene nie enige ander beserings aan sy liggaam gehad het nie en dat sy dood veroorsaak is deur “blunt force”.

Volgens haar was die beserings soos die van iemand wat in ‘n motorongel­uk was. Die staat sowel as die verdedigin­g het hul sake na die getuienis en kruisonder­vraging van dr. Hattingh gesluit waarna die saak vir slotargume­nte uitgestel is. Wildeman het aanvanklik skuldig gepleit op die klagtes van verbreking van ‘n beskerming­sbevel, alternatie­welik aanranding, en kwaadwilli­ge saakbeskad­iging en onskuldig op die klagte van moord. Regter Parker het egter na die lees van sy pleitverdu­ideliking ‘n pleit van onskuldig op al die klagtes aangeteken. Volgens Wildeman het hy die klip na die kind se ma gegooi en moes hy voorsien het dat hy die kind kon beseer.

Adv. Leandra Adams verskyn vir Wildeman en ao. Anton Kock is die ondersoekb­eampte.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Vagon Cornelius wat met ‘n klip doodgeslaa­n is. INLAS: Pa Ronvigon Wildeman word van die kleuter se dood beskuldig.
Foto: Garnett Wicomb Vagon Cornelius wat met ‘n klip doodgeslaa­n is. INLAS: Pa Ronvigon Wildeman word van die kleuter se dood beskuldig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa