Ce­le aan Han­lie: ‘Dit breek jou hart om ou­ers só te sien’ Pri­va­te sek­tor kan nou trei­ne oor­vat

Rapport - - Voorblad -

Op 80 staan hy steeds voor die klas roe­tes nog funk­si­o­neer.

Van­da­lis­me, wat reeds voor die in­per­king bui­te be­heer was, het die af­ge­lo­pe paar maan­de as­tro­no­mie­se af­me­tings aan­ge­neem.

Waar ka­bel­dief­stal voor­heen die groot­ste pro­bleem was, is he­le sta­sies ty­dens die in­per­king ver­woes of weg­ge­dra.

Die mi­nis­ter van ver­voer, Fi­ki­le M­ba­lu­la, het in Ju­nie op ’n par­le­men­tê­re vraag van Mi­ke Wa­ters van die DA ge­sê die Ma­bo­pa­ne-tshwa­ne-trein­roe­te in die noor­de van Gau­teng – een van dié wat nou toe­ge­wys is vir pri­va­ti­se­ring – het daag­lik­se trein­diens­te oor die af­ge­lo­pe paar jaar ver­min­der van al­te­sa­me 388 trei­ne tot 79.

Dit be­te­ken dat meer as 350 000 pen­de­laars nou van an­der ver­voer ge­bruik moet maak.

Aan die Wes-rand het trein­diens­te ver­min­der van 306 per dag tot 100, wat meer as 230 000 pen­de­laars noop om van duur­der pad­ver­voer ge­bruik te maak.

Net in Gau­teng word be­re­ken dat so­wat 700 000 trein­pen­de­laars nie meer trein­diens­te kan ge­bruik nie weens die van­da­lis­me toe vei­lig­heids­diens­te ge­staak is ty­dens die in­per­king.

In Kaap­stad is in­fra­struk­tuur tot so ’n ma­te ver­nie­tig dat diens­te op die be­si­ge hoof­lyn van K­haye­lit­sha na Kaap­stad (die lyn wat nou toe­ge­wys is vir pri­va­ti­se­ring) reeds in Ok­to­ber ver­le­de jaar op­ge­skort is.

Die si­tu­a­sie in die stad is ver­er­ger deur ’n vlaag van­da­lis­me waar­ty­dens meer as 200 trein­wa­ens die af­ge­lo­pe vyf jaar aan die brand ge­steek is.

Die re­ge­ring se be­sluit om trein­pas­sa­siers­diens­te te be­gin pri­va­ti­seer word ver­der ge­nood­saak deur die feit dat die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap (Pra­sa), die staats­be­heer­de en­ti­teit wat pas­sa­sier­spoor­diens­te in die land be­dryf, red­de­loos ban­krot is.

M­ba­lu­la het vroe­ër van­jaar in die par­le­ment ge­sê Pra­sa ly kon­tant­ver­lie­se van R672 000 per dag weens die groot ge­tal trein­diens­te wat op­ge­skort is.

Dit sluit nie die ka­pi­taal­ver­lie­se weens van­da­lis­me en dief­stal in nie.

M­ba­lu­la het in De­sem­ber ver­le­de jaar reeds die Pra­sa-raad ont­bind, en die en­ti­teit on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas met Bon­gi­si­z­we M­pon­do as ad­mi­nis­tra­teur.

“Die re­a­li­teit wat ons in die ge­sig staar, is dat Pra­sa ’n ge­bro­ke en­ti­teit is,” het M­pon­do kort ná sy aan­stel­ling ver­klaar. Be­dryfs­lei­ers wys daar­op dat die grond­slag vir die her­nu­wing van die Suid-a­fri­kaan­se voor­ste­de­li­ke trein­net­werk reeds ge­lê is met die tot­stand­ko­ming van die Gi­be­la­kon­sor­ti­um waar­in Al­stom, een van die wê­reld se groot­ste ver­vaar­di­gers van trein­stel­le, ’n aan­deel het.

Pra­sa het in 2014, des­tyds nog on­der die be­heer van die om­stre­de Lucky Mon­ta­na, ’n R53 mil­jard-kon­trak met Gi­be­la/al­stom ge­sluit om Pra­sa se ver­ou­der­de vloot trei­ne te ver­vang.

Aan­vank­lik is dié trei­ne vanuit Bra­si­lië in­ge­voer.

Gi­be­la het in­tus­sen ’n nu­we fa­briek by Dun­not­tar aan die Oos-rand ge­bou waar hul­le uit­ein­de­lik hoop om 62 trein­stel­le (van ses wa­ens elk) per jaar te bou.

Tal­le van dié blou Suid-a­fri­kaans­ver­vaar­dig­de trei­ne loop reeds in Gau­teng en Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.