Kind van die Ka­la­ha­ri

Rooi Rose - - INHOUD - Deur COR­NÉL DUNN. Fo­to’s deur JO­HAN WILKE

Ca­ri­na Franck het kaal­voet­spo­re op die rooi dui­ne van die Ka­la­ha­ri ge­trap waar sy vry groot­ge­word het tot sy die skoe­ne van ’n toon­aan­ge­wen­de lei­er in die me­de­din­gen­de skoon­heids­be­dryf moes aan­trek. En van­dag word haar Ka­la­ha­ri Li­fe­sty­le-skoon­heids­pro­duk­te na 16 lan­de uit­ge­voer

Dit staan vas. Ca­ri­na Franck is vir se­ker ’n am­bas­sa­deur vir haar reeks skoon­heids­pro­duk­te. Jy kan nie help om da­de­lik haar mooi, bloe­sen­de vel raak te sien nie. Ca­ri­na is ’n boor­ling van die Ga­riep, ’n ge­bied nef­fens die Oran­je­ri­vier.

“My pa boer steeds daar. Ek het tus­sen die rooi dui­ne, ska­pe, win­gerd en pe­kan­neut­bo­me groot­ge­word. ’n Vol­ron­de jong­mens­le­we was my be­sko­re,” ver­tel Ca­ri­na. “In my skool­dae sou ek mak­lik ’n klein rug­sak­kie pak, op my perd k­lim en die veld in­ry. Dik­wels sou ek eers die vol­gen­de dag te­rug­kom. Dit was die soort om­ge­wing waar­in ek groot­ge­word het – vei­lig en vry. Hier­die groot­word­ja­re het die grond­slag ge­lê

“Ka­la­ha­ri be­te­ken ‘plek van droog­te’. Soms is daar in ’n mens se hart ook so ’n plek maar wan­neer jy jou met geu­re be­derf, is dit as­of daar ’n re­ën­tjie op daar­die droë kol uit­sak. Dit is waar­om ek my pro­duk­te die naam van die Ka­la­ha­ri ge­gee het. Daar is so­veel teks­tu­re en geu­re in hier­die dor­re land­skap waar­van ek e­le­men­te in my reeks ge­bruik”

vir die mens wat ek van­dag is.

“Ka­la­ha­ri be­te­ken ‘plek van droog­te’. Soms is daar in ’n mens se hart ook so ’n plek maar wan­neer jy jou met geu­re be­derf, is dit as­of daar ’n re­ën­tjie op daar­die droë kol uit­sak. Dit is waar­om ek my pro­duk­te die naam van die Ka­la­ha­ri ge­gee het. Daar is so­veel teks­tu­re en geu­re in hier­die dor­re land­skap waar­van ek e­le­men­te in my reeks ge­bruik.”

Ca­ri­na is een van vier kin­ders. Sy is ná skool vir ’n oor brug­gings­jaar Is­rael toe. Sy was nog daar toe haar ma oor­le­de is, en sy het da­de­lik te­rug­ge­gaan plaas toe.

“Dit was vir my ’n e­mo­si­o­ne­le reis wat ek nie se­ker is ooit ’n ein­de gaan hê nie. Ek ruik nog haar geu­re en hoor haar stem. Soms, wan­neer ek oor­see reis en van my pro­duk­te sien, won­der ek wat my ma sou ge­sê het. Sy was so ’n groot deel van my le­we en my suk­ses dat ek al­tyd wens dat ek dit nog met haar kon deel.”

Ná ’n jaar en ’n half op die plaas is Ca­ri­na Kaap­stad toe. Dit was vir haar ’n reu­se-aan­pas­sing na­dat sy so lank ’n huis­hou­ding én ’n skool­bus be­stuur het. In die Kaap het sy haar man, Jo­han, ont­moet. Hy is ’n Jo­han­nes­bur­ger en ’n jaar la­ter het sy ook daar­heen ver­huis.

“Ek het van jongs af ge­weet ek wou ’n sa­ke­vrou word. Ek glo wan­neer daar ’n vlam in jou brand om iets te be­reik moet jy jou om­ring met men­se wat daar­die vlam­me­tjie aan­blaas. As jy jou pas­sie en ta­lent kom­bi­neer, kan jy e­ni­ge droom ver­we­sen­lik.”

Hier­van is Ca­ri­na se le­we ’n ge­tui­e­nis. Sy wou nie by die huis sit en niks­doen nie en het be­sluit om ’n ge­ves­tig­de skoon­heids­huis, Ni­mue, te koop. Sy het niks van die be­dryf ge­weet nie en het aan die diep kant in­ge­spring. In daar­die sta­di­um was Ni­mue nog ’n klein maat­skap­py­tjie met net ’n paar pro­duk­te, maar met ’n nu­we be­mar­king stra­te­gie en’ n op­gra­de­ring van die for­mu­les het­sy bin­ne ’n jaar ’n uit­voer­pro­gram op die been ge­kry.

“Wat ek van­dag weet, het ek die af­ge­lo­pe agt­tien jaar ge­leer. Ek het ook baie ge­lees en in­ter­na­si­o­na­le eks­po’s by­ge­woon. Ek het my met in­lig­ting be­mag­tig en my met men­se om­ring wat meer as ek weet. Maar ek het vir se­ker ook ge­weet wat ek wou hê. Ek weet hoe ’n goeie pro­duk moet lyk en voel en wat die eind­re­sul­taat moet wees. Soms word ek in die mid­del van die nag wak­ker met ’n nu­we i­dee. Die lek­ker ding van my eie maat­skap­py is dat ek vin­ni­ge be­slui­te kan neem - in ’n kor­po­ra­tie­we om­ge­wing sou ek nooit so ’n luuk­se kon hê nie.”

Met die ge­boor­te van haar dog­ter, Don­na, het sy be­sluit om Ni­mue te ver­koop.

“Soms kan jy ’n reeks net tot op ’n se­ke­re hoog­te neem en dan is dit tyd vir ’n nu­we uit­da­ging.”

Ca­ri­na was 44 toe Don­na ge­bo­re is, en dit was vir haar nog­al ’n reu­se-aan­pas­sing met baie uit­da­gings en nu­we ver­ant­woor­de­lik­he­de.

“Ek wou al­tyd ’n kind ge­had het maar het baie lank ge­wag. Ek sou nie aan­be­veel dat e­nig­ie­mand so lank moet wag nie. Don­na is al­tyd aan my sy. Sy gaan o­ral saam met my.”

Se­we jaar ge­le­de het Ca­ri­na Ka­la­ha­ri Li­fe­sty­le van sta­pel ge­stuur. Daar was ’n be­hoef­te aan ’n eg Suid-A­fri­kaan­se pro­duk op die oor­se­se mark. Daar was T­hai-mas­se­rings en In­die­se be­han­de­lings maar niks uit die A­fri­ka-stal nie. Sy het Ka­la­ha­ri Li­fe­sty­le aan­vank­lik as ’n spa-reeks be­gin met lyf- en leef styl­pro­duk­te.

“Vyf jaar ge­le­de het ek ’n klein vel­sor­g­reeks by­ge­voeg, wat on­ge­loof­lik ge­groei het. My reeks is na­tuur­lik met plan tbe­stand­de­le wat met mo­der­ne be­stand­de­le van be­ken­de la­bo­ra­to­ri­ums ge­kom­bi­neer word. Daar be­staan nie iets soos’ n sui­wer na­tuur­li­ke pro­duk nie om­dat al­les pre­ser­veer­mid­dels be­vat. Dit bly vir

my ’n on­ge­loof­li­ke er­va­ring om in ’n spa in ’n an­der land in te loop en my pro­duk­te te sien.

“Daar is ver­skeie e­le­men­te uit die Ka­la­ha­ri in my reeks. Vir my pro­fes­si­o­ne­le reeks ly­fa fskil­fe­raars het ek die Ka­la­ha­ri se rooi sand, sout uit die pan­ne en fyn­ge­maak­te aal­wyn­bla­re ge­bruik wat ons met sui­wer drui­we­pi­t­o­lie en es­sen­si­ë­le o­lies meng. Ka­la­ha­riklei en -mod­der word ook as luuk­se lyf­mas­kers in­ge­span. Die ver­fyn­de weer­ga­we hier­van word op die ge­sig ge­bruik. T­sam­ma­pit­te word ge­bruik vir die u­nie­ke en de­li­ka­te o­lie daar­van. Ons kry baie goeie re­sul­ta­te teen in­flam­ma­sie met dui­wels­klou. Dis is ook baie doel­tref­fend teen ak­nee en hi­per pig­men­ta­sie.

“Ek is baie be­trok­ke by my reeks. Ek staan sog­gens dou­voor­dag op en speel met Don­na tot sy skool toe gaan. Daar­na is dit ’n vol dag om el­ke as­pek van my on­der­ne­ming on­der oë te kry: kli­ën­te, pro­duk­sie, pro­duk­ont­wik­ke­ling ... Ek werk in’ noop kan­toor so­dat ek my vin­ger op die pols van die res van die span kan hou. Maar die vier­ja­ri­ge Don­na is ’n pri­o­ri­teit in my le­we. Ver­le­de jaar het ek ses we­ke lank in Eu­ro­pa ge­toer. Don­na was in Fin­land, De­ne­mar­ke en Ne­der­land in die skool. Sy is net vir ’n be­perk­te tyd nog so klein. Men­se is dik­wels ver­baas as ek vir sa­ke oor­see reis met Don­na aan my sy, maar vir my is dit on­on­der­han­del­baar .”

Klein Don­na ken by­na meer tra­di­si­o­ne­le plan­te as haar ma en sal dik­wels met ’n plant na­der­draf as sy dink dit sal vir Ca­ri­na van waar­de wees. Dit is vir Ca­ri­na fan­tas­ties om te sien hoe­veel Don­na op al die rei­se ont­wik­kel het.

Maar om vir haar man spe­si­a­le tyd te re­ël, is ’n baie gro­ter uit­da­ging.

“Jo­han reis ook baie, maar ons bel me­kaar drie maal per dag en deel ons be­lang­stel­ling in me­kaar se le­we. Jy staan op ge­vaar­li­ke grond as jy jou man se be­lan­ge be­gin ig­no­reer. Al is ons dik­wels ver van me­kaar, ken ons me­kaar se stem­toon en er­vaar ons me­kaar op ’n diep vlak. Hy gun my al die suk­ses in my le­we. Ek is werk­lik ge­se­ënd met ’n man wat glo dat ’n vrou di­na­mies mag wees.”

Ca­ri­na is baie be­trok­ke op A­skham. Ka­la­ha­ri Li­fe­sty­le het in die Koop­an-ne­der­set­ting in die Mo­lo­po-dis­trik ’n voe­dings­pro­jek vir kleu­ters be­gin. In baie ge­val­le is die maal­tyd wat die kin­ders hier kry, hul e­nig­ste kos vir die dag. Hul­le fi­nan­sier ook ’n on­der­wy­se­res wat drie dae per week vir die kin­ders van die om­ge­wing klas gee. Die leer­lin­ge word on­der meer ge­leer om skaak te speel. Daar word ook twee keer per jaar ruim kle­re­sken­kings ge­maak. Die Koop­an-ne­der­set­ting is baie be­hoef­tig en huis­ves van die laas­te San-men­se in die om­ge­wing.

Die San lê Ca­ri­na na aan die hart. “Baie van hier­die men­se het nog ’n tra­di­si­o­ne­le leef­styl en woon on­der ’n boom, of in ’n strooi­hui­sie. Soms ver­kies hul­le dat hul kin­ders nie skool­gaan nie. Hul­le leer die kin­ders uit die veld. Die werks moont­lik­he­de is baie skaars en hul­le is ver van groot dor­pe af waar daar dalk ge­leent­he­de is.“

Hoe­wel Ca­ri­na in­ter­na­si­o­na­le suk­ses be­haal het, bly haar voe­te plat op die sout­pan­ne van A­skham. Hier leef sy die waar­des uit wat sy klein­tyd ge­leer is.

‘AS JY JOU PAS­SIE EN JOU TA­LENT KOM­BI­NEER, KAN JY E­NI­GE DROOM VER­WE­SEN­LIK’, SÊ CA­RI­NA FRANCK.

CA­RI­NA HET SE­WEJAAR GE­LE­DE BE­WUS GE­WORD VAN ’N BE­HOEF­TE AAN EG SUIDA­FRI­KAAN­SE SPA- EN LEEF­STYL­PRO­DUK­TE OP DIE OOR­SE­SE MARK, EN HAAR GEESTESKIND, KA­LA­HA­RI LI­FE­STY­LE, IS GE­BO­RE. ‘DIT HET ON­GE­LOOF­LIK GE­GROEI. MY REEKS IS NA­TUUR­LIK, MET ’N VER­SKEI­DEN­HEID U­NIE­KE BE­STAND­DE­LE UIT DIE KA­LA­HA­RI.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.