’ n Ky­kie in die le­we van Success Le­ka­be

Success Le­ka­be is nie net ’n stroop­soet A­fri­kaan­se stem op Bok Ra­dio nie, maar van Ju­lie af is sy ook in kykNET & kie se ge­sels­pro­gram ‘Tus­sen Ons’ te sien

Rooi Rose - - INHOUD -

Jy is se­dert 2012 ’n be­ken­de stem op OFM. Hoe het jou ra­di­o­loop­baan be­gin? Al­les het by OFM be­gin. Tim Zunc­kel het my ge­na­der. Hy was in 2011 die pro­gram­be­stuur­der van OFM op die Aard­klop­kuns­te­fees. Die snaaks­ste ding van dié sto­rie is dat ek op ’n tram­po­lien was toe dit ge­beur het. Ek moes vir drie maan­de op­ge­lei word en die jaar daar­na het ek op ver­skil­len­de pro­gram­me ge­werk: Van gra­ve y­ard na na­week­gleuf, na d­ri­ve ti­me en na bre­ak­fast. OFM en sy be­stuur en my kol­le­gas het my baie ge­leer van hier­die be­dryf. En al­les wat ek nou weet, is te dan­ke aan al die men­se wat so ’n groot rol in my suk­ses as om­roe­per ge­speel het. Nou kan jy my tot op Bok Ra­dio in die Kaap hoor.

Hoe­veel ta­le praat jy? Ek kan ses ta­le praat, maar ’n paar is uit self­ver­de­di­ging. Setswa­na is my eer­ste taal, Se­so­tho is die an­der, A­fri­kaans, En­gels, X­ho­sa en Zoe­loe is uit self­ver­de­di­ging.

En nou is jy ook op TV te sien. Hoe het dit ge­beur? Ek was ver­baas toe Paul Ven­ter van Ho­me­brew Films my ge­na­der het oor die nu­we pro­gram waar­mee hul­le be­sig is. TV was nog al­tyd ’n droom en ek het nie twee keer ge­dink toe hy my vra of ek deel van Tus­sen Ons wou wees nie. Jou ma moes da­rem groot ver­troue in jou toe­koms ge­had het om jou Success te noem. Ja, ek stem saam. Ek het groot­ge­word met die we­te dat daar so baie krag in woor­de is - om nie eens van ’n naam te praat nie. Men­se spreek goeie wen­se oor my uit el­ke keer wan­neer hul­le my naam sê. Ek is baie dank­baar daar­voor, hoe­wel daar na­tuur­lik ook ’n bie­tjie druk saam met so ’n naam kom. Maar ek sou dit nie an­ders wou ge­had het nie.

Wat doen dit aan jou om as Success aan­ge­spreek te word? Dit gee my krag om aan al die ver­wag­tin­ge te vol­doen, nie net vir my fa­mi­lie of die men­se wat in my glo nie, maar ook vir my­self.

Die kol­lig van die me­dia is dik­wels op jou? Hoe han­teer jy dié aan­dag?

Ek is ’n plat op die aar­de soort mens wat van men­se hou. Ek het tyd vir al­mal en sal dit al­tyd hê. Die aan­dag sal dit nie dit ver­an­der nie. Dit is wel iets om aan ge­woond te raak - ek vat dit maar soos dit kom. Wat­ter be­ken­de man of vrou sou jy graag wou ont­moet? Daar is sooo baie. Ek wens ek het die ge­leent­heid ge­had om Nel­son Man­de­la te ont­moet. Sy ka­rak­ter en wie hy was en waar­voor hy ge­staan het, in­spi­reer my. O­prah Win­frey is vir se­ker ook ie­mand wat ek graag sou wou ont­moet. Ek sou met haar ge­sels oor hoe ons die wê­reld kan ver­an­der.

Wat pak jy heel eer­ste in wan­neer jy met va­kan­sie gaan? My son­bril … en na­tuur­lik ’n lek­ker paar je­ans.

Die laas­te drie goed wat jy vir jou­self ge­koop het? Je­ans, ste­wels en oor­bel­le. Wat is die heel lek­ker­ste ding om na­we­ke te doen? Sport te kyk en saam met my vrien­de te kui­er ter­wyl ons sport kyk.

Wat is jou mot­to? Be the chan­ge you want to see in t­his wor­ld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.