Lig in die don­ker

Kan­ker is ’n twee­de keer bin­ne 16 maan­de by Wen­dy Tay­ler ge­di­ag­no­seer en c­he­mo­te­ra­pie was weer haar voor­land, maar dié keer was sy swan­ger met hul twee­ling ...

Rooi Rose - - INHOUD - Deur MEGAN VAN WYNGAARDT

Die son dans deur die bla­re van ’n boom bui­te ’n ruim woon­stel in Bry­an­ston. Voor die dak­tot-vloer ven­sters hang nie gor­dy­ne nie.

“Ons het nie gor­dy­ne no­dig nie, ons het ge­noeg pri­vaat­heid,” sê Wen­dy Tay­ler, en be­duie na die boom.

Daar is nie ’n stuk­kie don­ker in die hel­der huis nie, nes daar nie ’n stuk­kie don­ker in Wen­dy, wat on­langs haar laas­te ses­sie be­stra­ling teen kan­ker ge­had het, se ge­moed is nie.

Die woon­stel is ’n toe­vlug, met beeld­jies en por­tret­te van vos­se, en in die twee­ling se ka­mer lê twee sag­te vos­sies – sim­bo­lies van haar ver­hou­ding met haar ver­loof­de, Ga­ry, en met haar twee kin­ders, ver­dui­de­lik sy.

Op die on­ge­wo­ne jong ou­der­dom van 27, in A­pril 2016, is bors­kan­ker by Wen­dy ge­di­ag­no­seer. Toe was sy reeds by twee dok­ters wat ge­sê het sy is ge­sond, en daar is niks fout nie.

“Ek het ’n duidelike knop in my bors ge­voel, maar met geen fa­mi­lie­ge­skie­de­nis van die siek­te nie, was die dok­ters nie be­kom­merd nie. Maar ek was nie oor­tuig nie en is na my huis­dok­ter toe, wat uit­ein­de­lik die di­ag­no­se ge­maak het.”

Met die bi­op­sie was die kan­ker­ge­was 17 mm lank, maar drie we­ke la­ter met haar dub­be­le ma­stek­to­mie het die ge­was al tot 27 mm ge­groei.

“Die dub­be­le ma­stek­to­mie was vir my die bes­te op­sie, want dit het die kans be­dui­dend ver­min­der dat die kan­ker sou te­rug­kom en ver­sprei.”

Wen­dy se on­ko­lo­gie­se chi­rurg het ge­sê c­he­mo­te­ra­pie sou nie no­dig wees nie, maar het tog aan­be­veel dat Wen­dy ge­ne­tie­se toet­se vir die kan­ker laat doen. Die toet­se het haar groot­ste vrees be­ves­tig: 80% van die ab­nor­ma­le sel­le sou deur haar bloed­stroom na an­der de­le van haar lig­gaam ver­sprei het.

“Dit het my kans in­gry­pend ver­hoog om bin­ne die vol­gen­de drie jaar weer kan­ker te kry. Ek is na ’n an­der on­ko­loog ver­wys, wat che­mo aan­be­veel het. Die eer­ste ding waar­aan ek ge­dink het, is hoe die te­ra­pie my kans om kin­ders te kan kry sou raak. Die on­ko­loog het ge­sê daar is nie tyd nie en daar is geen moont­lik­heid van kin­ders nie, want die c­he­mo­te­ra­pie sou my ei­er­sel­le te erg be­ska­dig. Ek was ver­slae. Kan­ker was vir my ’n vreem­de kon­sep, ek het nie­mand ge­ken wat al kan­ker ge­had het, of deur die pro­ses moes gaan nie.”

KAN­KER EN DIE FER­TI­LI­TEIT­STRYD

“Om ’n kind te hê was een van my groot­ste dro­me, ek wou nog al­tyd ’n ma wees. Dit was non-ne­go­ti­a­ble.”

Wen­dy, wat teen dié tyd al sterk aan ’n twee­de me­ning ge­glo het, het aan ’n an­der on­ko­loog se deur gaan klop: dr. A­dam Nos­worthy van die Do­nald Gor­don On­ko­lo­gie­se Hos­pi­taal in Park­town, Jo­han­nes­burg. Hy het Wen­dy aan­be­veel om na die Vi­ta­lab-fer­ti­li­teits­kli­niek in Sand­ton te gaan, want vol­gens hom was daar ’n kans op ’n ge­son­de swan­ger­skap.

“Hier het ons on­der meer ons ver­pleeg­ster, An­ne Hacking, ont­moet.” Wen­dy het voor haar c­he­mo­te­ra­pie be­gin het, ge­son­de o­vums laat vries om die moont­lik­heid van ge­son­de swan­ger­skap­pe in die toe­koms te ver­se­ker.

Tog sou die pad na swan­ger­skap nie son­der strui­kel­blok­ke wees nie.

“Ek het in De­sem­ber klaar­ge­maak met my eer­ste rond­te che­mo, wat ek ge­hoop het my e­nig­ste rond­te sou wees. Ek sou die vol­gen­de De­sem­ber hor­moon­blok­kers be­gin neem om my kan­se

op me­ta­sta­se van die kan­ker te ver­min­der, en ek sou dit tien jaar lank moes neem. Maar die es­tro­geen­blok­kers sou swan­ger­skap heel­te­mal van die ly­sie skrap. Ek wou ook nie tien jaar wag op die kans om dalk in my der­ti­ger­ja­re swan­ger te word nie, wat dan sy eie uit­da­gings sou in­hou.”

Ná hul eer­ste rond­te in-vi­tro fer­ti­li­teits­be­han­de­ling (IVF) het die lang­ste twee we­ke van haar le­we ge­volg, ver­tel Wen­dy.

“Die TWW, of two-week-wait, be­weeg sta­di­ger as ’n lui­dier met ar­tri­tis. Jy voel jy word mal. Par­ty kli­nie­ke gee vir jou ’n lys van din­ge wat jy kan doen om jou be­sig te hou – dóén daar­die din­ge!”

Met dié dat Wen­dy net ’n tyd­perk van 12 maan­de ge­had het voor sy vir e­wig die deur sou moes sluit op die moont­lik­heid van kin­ders, het hul­le só ge­hoop die eer­ste rond­te IVF sou ’n suk­ses wees. Maar ná die twee we­ke was die bloed­toets ne­ga­tief en die so­nar leeg.

“Dit was hart­ver­skeu­rend. Ek het deur so­veel e­mo­sies ge­gaan. My hart was ge­breek, maar ek het nie moed ver­loor nie.”

Wen­dy het vir die twee­de keer in drie maan­de weer die IVF­pro­ses on­der­gaan. “Ek was skep­ties, en om my teen die seer­kry te be­skerm het ek ge­dink dit gaan weer on­suk­ses­vol wees. Die gul­de re­ël van IVF is dat jy nie ’n swan­ger­skap­toets by die huis mag doen nie, om­dat daar van­weë al die hor­mo­ne dik­wels vals po­si­tie­we uit­slae kan wees. Maar agt dae ná my be­han­de­ling móés ek net ’n toets doen en dit was po­si­tief. Op die twaalf­de dag ná be­han­de­ling het die bloed­toet­se dit be­ves­tig. Ek was swan­ger!”

Op se­we we­ke het sy haar eer­ste so­nar laat doen. “Die dok­ter en sus­ter het ge­lag en toe die skerm na ons ge­draai. Daar was nie net een ba­ba op die skerm nie, maar twee. Twee men­sies. Daar was le­we, in die vorm van twee klein wit spik­kels, elk­een in hul eie sak­kie. Hul hart­klop­pies was die won­der­lik­ste klank.”

KAN­KER: DIE TWEE­DE ROND­TE

In haar laas­te tri­mes­ter, toe sy se­we maan­de swan­ger was, het die kan­ker weer toe­ge­slaan. Sy het ’n snaak­se ge­voel in haar arm ge­kry, wat toe in ’n skerp pyn ver­an­der het.

Sy was teen die grond. “Ek het el­ke lie­we voor­sorg­s­maat­re­ël ge­tref: die dub­be­le ma­stek­to­mie, die che­mo, die toet­se ... ”

Maar die kan­ker het na haar skou­er ver­sprei. “Ek het eers ver­sko­nings uit­ge­dink: dis ’n simp­toom van swan­ger­skap, dis ’n ge­rek­te spier, want ek het ie­wers iets oor­dryf. Maar Ga­ry het my aan­ge­por om my on­ko­loog te bel. Daar was drie ge­was­se. Ek was nog nooit in my le­we so bang nie, want hier het ek twee on­ge­bo­re ba­bas wat nog groei en ’n le­wens­ge­vaar­li­ke siek­te. Maar tog is ek ge­rus­ge­stel dat ek steeds c­he­mo­te­ra­pie kan kry ter­wyl ek swan­ger is. Ek het my don­ker­ste dag be­leef. Ek was kwaad en het so baie ge­huil.”

Weer eens was ’n o­pe­ra­sie, be­stra­ling en che­mo haar voor­land. “Ga­ry het my in dié tyd ge­dra. Hy het iets ge­sê in die trant van ‘net om­dat dit re­ën, be­te­ken dit nie ons moet die son­skyn ig­no­reer nie. En as dit weer be­gin re­ën, sal ons ’n ma­nier kry om in die son te dans’.”

DIE BES­TE DAG VAN MY LE­WE

Op 32 we­ke het Wen­dy lig­te sa­me­trek­kings ge­kry en sy is vir bed­rus in die hos­pi­taal op­ge­neem. Ná agt dae in die hos­pi­taal, op 7 No­vem­ber 2017, het sy ’n kei­ser­snee ge­had en twee ge­son­de ba­bas, wat 2,3 kg en 1,76 kg ge­weeg het, is ge­bo­re.

Die twee­ling is Tay­ler An­ne en S­pen­cer A­dam ge­doop – hul twee­de na­me ’n ma­nier om Wen­dy se me­die­se span te ver­eer.

S­pen­cer is op ’n voe­dings­buis en ven­ti­la­sie ge­plaas, maar Tay­ler moes net ’n voe­dings­buis kry.

“Dit klink dalk vreemd, maar ek dink dit was ’n be­dek­te se­ën om op so ’n jong ou­der­dom kan­ker te kry. Ek was ster­ker, ek dink ek kon dit e­mo­si­o­neel be­ter han­teer en my lyf is ge­sond ( ge­noeg) om teen die siek­te te veg.”

Wen­dy sê om­dat sy jonk was, het sy met haar eer­ste c­he­mo­te­ra­pie nie be­hoor­lik ge­rus nie.

“Ek was steeds ak­tief, ek het steeds my al­le­daag­se din­ge ge­doen, maar ek het al­tyd so moeg en siek ge­voel.”

Met haar twee­de c­he­mo­te­ra­pie het sy dit rus­ti­ger ge­vat. “Ek het die eer­ste twee dae ná die te­ra­pie plat op my rug ge­lê en ge­slaap. Ga­ry het dan die pas­ge­bo­re twee­ling vir die dag uit die huis ge­vat so­dat ek kon rus. Hy was my rots.”

Hul me­die­se fonds het ook sy uit­da­gings ge­bied. “Daar was el­ke keer een of an­der skui­wer­gat wat in hul guns tel, soos dat hul­le net een van my bors­te se ma­stek­to­mie wou dek, om­dat die an­der bors ‘e­lek­tief’ was.”

Wen­dy glo dat as dit nie vir haar oor­brug­gings­ver­se­ke­ring

( gap co­ver) was nie, sou sy nie die no­di­ge be­han­de­ling kon be­kos­tig nie.

“Die oor­brug­gings­ver­se­ke­ring het nie net al die te­kor­te ge­dek nie, maar ook al­le dis­pu­te na­mens my han­teer.”

Wen­dy sê al sal sy dalk nooit weer kan swan­ger word nie, het haar twee­ling haar le­we on­her­roep­lik ver­an­der en ver­ryk.

Ga­ry kom tel sy krie­we­len­de pop­pie op, nog so klein en fyn. Sy soek ’n klein bie­tjie ver­troos­ting. Hy bied aan om kof­fie te maak. In die kom­buis pronk daar­die eer­ste so­nar­fo­to, die fo­to wat hul le­we heel­te­mal ver­an­der het, die een met twee ba­bas op.

WEN­DY EN GA­RYMET HUL TWEELING, S­PEN­CER A­DAM EN TAY­LER AN­NE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.