Kin­der­leu­ke­mie en kei­ser­snit

Een van die groot s­to­ries van 2018 – uit ’n ma se oog­punt in elk ge­val – is dat hier­die kin­der­kan­ker voor­kóm kan word. Wat pre­sies wys die na­vor­sing – en hoe raak dit jou kraam­keu­se?

Rooi Rose - - INHOUD - Deur SALOMÉ DELPORT

Dis hart­ver­skeu­rend wan­neer ’n bro­se vier­ja­ri­ge kind­jie che­mo vir leu­ke­mie moet kry. In ons land tref dit meer as twee­hon­derd kin­ders per jaar – meer seun­tjies as dog­ter­tjies. Se­we uit el­ke tien her­stel, maar dit verg twee jaar van vas­byt en deur­druk met die che­mo. Daar­by kom be­han­de­ling teen ’n prys, en nie net in ter­me van geld nie. Pa­si­ënt­jies kan la­ter met pro­ble­me soos lae vrug­baar­heid en hart­kwa­le suk­kel.

As ’n nor­ma­le be­val­ling pleks van ’n kei­ser­snit jou ba­ba moont­lik kan be­skerm, sal jy dit oor­weeg?

HOE LYK KIN­DER­LEU­KE­MIE?

Die term “bloed­kan­ker” sê eint­lik pre­sies wat dit is. Die pro­bleem lê by die bloed, en spe­si­fiek by die wit­bloed­sel­le wat jou kind teen in­fek­sies moet be­skerm. Die vroeë te­kens - ’n kind wat ge­wig ver­loor, mak­lik blou­kol­le kry, bloei, dik­wels sie­ke­rig is en hoes, moeg is en mak­lik uit­a­sem raak en kla van been­pyn – weer­spie­ël juis dit.

Dr. An­ne Bu­ch­ner, kin­der­on­ko­loog, ver­dui­de­lik dat kin­der­leu­ke­mie be­gin met die vor­ming van ab­nor­ma­le wit­bloed­sel­le in die been­murg wat on­be­heer­baar be­gin ver­meer­der.

Hier­die sel­le kan nie in­fek­sies goed be­veg nie. Daar­om bly die kind sie­ke­rig en is hy kort-kort koor­sig en kry hy mak­lik in­fek­sies soos ’n seer keel, bloed­vin­te of koors­bla­re. Selfs klein skra­pies wat kin­ders al spe­len­de op­doen, ont­steek en neem ti­pies lank om ge­sond te word. Baie kin­ders het ge­swel­de klie­re, milt en le­wer.

Hier­die “ver­keer­de” wit­bloed­sel­le neem die been­murg oor en on­der­druk sy an­der funk­sies, soos die ver­vaar­di­ging van ge­noeg rooi­bloed­sel­le om suur­stof en ys­ter na die lig­gaam­sel­le dra. Dis die re­de waar­om jou kind gou moeg, uit­a­sem en bleek word.

Nog ’n funk­sie van been­murg is die maak van bloed­plaat­jies wat bloed laat stol. Dit ge­beur nou nie, en daar­om kry hy mak­lik blou­kol­le, bloei sy neus ewe mak­lik en kan selfs sy tand­vleis bloei. Dit neem ook ti­pies lank voor sy bloed stol.

Te­vo­re was kin­der­leu­ke­mie een van daar­die doods­von­nis­di­ag­no­ses. Vol­gens dr. Bu­ch­ner sterf kin­ders wat nie be­han­del word nie bin­ne maan­de. Ge­luk­kig is die te­ra­pie daar­voor een van on­ko­lo­gie se bes­te suk­ses­sto­ries en by­na al­mal her­stel.

Maar wat as ons dit sou kon voor­kom?

Dit is pre­sies waar­oor die kan­ker­na­vor­sers so op­ge­won­de is. Ná dr. Mel G­re­a­ves van die B­rit­se In­s­ti­tuut vir Kan­ker­na­vor­sing die me­ga­nis­mes uit­ge­pluis het, weet ons nou hóé hier­die kan­ker ont­wik­kel én ons kan ons nu­we in­sig ge­bruik om die ont­wik­ke­ling daar­van te keer - spe­si­fiek a­ku­te lim­fo­blas­tie­se leu­ke­mie, of kort­weg ALL. (Eint­lik is daar is twee soor­te kin­der­leu­ke­mie. Die

mees­te (70%) kin­ders kry ALL.)

LEG­KAART VAN ALL

Die eer­ste groot deur­braak het ge­kom toe die B­rit­se In­s­ti­tuut vir Kan­ker­na­vor­sing vas­ge­stel het dat een uit el­ke hon­derd ba­bas (of 20 uit 2 000 ba­bas) met pre­leu­ke­mie­se sel­le ge­bo­re word. Na­vor­sers weet nie hoe­kom pre­leu­ke­mie­se sel­le ont­wik­kel nie, maar weet wel dat dié ba­bas die po­ten­si­aal het om ALL te ont­wik­kel, ter­wyl ba­bas daar­son­der nie die soort leu­ke­mie ont­wik­kel nie.

Wat na­vor­sers ge­fas­si­neer het, is die groot ver­skil tus­sen po­ten­si­aal en voor­koms – van die 20 uit 2 000 pas­ge­bo­re ba­bas met pre­leu­ke­mie­se sel­le, kry net één ALL. Iets be­skerm dus die an­der 19.

DIE RAAI­SEL IS WÁT?

Na­vor­sers het aan­vank­lik ver­moed ’n vi­rus ver­oor­saak leu­ke­mie. Maar geen vi­rus kon nog op­ge­spoor word nie en dié te­o­rie is laat vaar. Daar­na is ver­skeie an­der moont­li­ke oor­sa­ke on­der­soek, soos bloot­stel­ling aan een of an­der che­mie­se mid­del, of dalk ’n geen. Al een waar­voor daar sterk be­wy­se ge­vind is, is ra­di­o­ak­tie­we be­stra­ling. Maar dit het ALL by min van die kin­ders ver­klaar.

Die in­fek­sie­te­o­rie het bly vas­steek, want die ma’s van die mees­te kin­ders met ALL kon ver­tel van ’n erns­ti­ge koors­siek­te in die ses maan­de voor die di­ag­no­se. Dok­ters het be­gin ver­moed dat ’n in­fek­sie soos griep nie leu­ke­mie ver­óór­saak nie maar dit op een of an­der ma­nier snél­ler. ’n Groot B­rit­se on­der­soek in 2004 oor die voor­koms van leu­ke­mie en griep-e­pi­de­mies het juis dit be­ves­tig toe ge­vind is dat die aan­tal kin­ders met ALL so­wat ses maan­de ná ’n griep-e­pi­de­mie al­tyd skerp toe­neem.

Een van die jong­ste op­ge­te­ken­de ge­val­le wat dit de­mon­streer, is die vark­griep-e­pi­de­mie van 2009 in Mi­laan, waar ALL bin­ne ses maan­de by se­we kin­ders van een klein skool­dis­trik van ’n paar vier­kan­te ki­lo­me­ter ge­di­ag­no­seer is.

Die der­de stuk van die leg­kaart het uit ’n on­ver­wag­se oord ge­kom: ’n 2016-on­der­soek in G­rie­ke­land het ge­wys dat die ri­si­ko op ALL 60% ho­ër is by kin­ders wat met ’n e­lek­tie­we kei­ser­snit ge­bo­re is (die ma/dok­ter kies ’n kei­ser­snit en ska­kel ’n na­tuur­li­ke be­val­ling heel­te­mal uit) . Dié on­der­soek kon voor­oor­deel in­sluit maar twy­fel is weg­ge­vee na­dat ’n be­ter ont­werp­te Ka­li­for­nie­se on­der­soek in 2017 on­der 5 018 kin­der­tjies die­self­de be­vind het.

HOE­KOM DIE STUK­KE IN­PAS

Die na­vor­sers glo die ska­kel tus­sen pre­leu­ke­mie­se sel­le en ALL is die goeie mi­kro­bes wat in en om ons leef. Dit is hul­le wat ons im­mu­ni­teit van ons heel eer­ste dag af al ves­tig. Met ’n va­gi­na­le ge­boor­te word ’n ba­ba (wat ste­riel ty­dens die ne­ge maan­de in die baar­moe­der leef ) be­volk met die or­ga­nis­mes waar­mee hy eer­ste in aan­ra­king kom. Weens ons lang pad saam met die kom­men­sa­le mi­kro­bes ak­ti­veer hul­le die im­muun­stel­sel van jou ba­ba op pre­sies die reg­te ma­nier so­dat dit pa­raat is maar nie oor­re­a­geer nie. Maar as jou ba­ba met ’n kei­ser­snit ge­bo­re word, be­gin hy sy le­we met te­a­ter­or­ga­nis­mes, wat po­ten­si­eel sy im­muun­stel­sel “ver­keerd” in­stel. Die na­vor­sers glo dit ver­oor­saak dat jou kind la­te­raan oor­ma­tig sterk op dood­ge­wo­ne prik­kels re­a­geer. Pleks van net ’n griep­vi­rus teen­staan, snel­ler dit ’n reeks ge­beu­re wat op kan­ker­sel­le in die been­murg uit­loop.

Die Ka­li­for­nie­se on­der­soek het ook ge­wys dat ba­bas wat met ’n nood­kei­ser­snit ge­bo­re is nie ’n ho­ër ri­si­ko op ALL het nie. Dit maak sin as jy so daar­na kyk: met ’n nood­kei­ser­snit is die ba­ba reeds in die ge­boor­te­ka­naal en dus reeds ten min­ste deels aan van die ma se goeie or­ga­nis­mes bloot­ge­stel.

Soos ons nou ALL ver­staan, ge­beur dit in twee stap­pe: par­ty ba­bas word met pre­leu­ke­mie­se sel­le ge­bo­re, en hier­die sel­le kan ge­ïn­ak­ti­veer word deur die ba­ba van ge­boor­te af aan die ma se or­ga­nis­mes bloot te stel.

WAT NOU: VA­GI­NAAL OF KEI­SER­SNIT?

Kies jy dus saam met ’n kei­ser­snit ook ’n ho­ër ri­si­ko op leu­ke­mie vir jou kind?

Vol­gens Kan­sa neem die ge­tal kin­ders met leu­ke­mie jaar­liks toe, met 1% meer kin­ders jaar op jaar.

Kei­ser­snit­te het ook toe­ge­neem. Vol­gens dr. No­lu­than­do Ne­mats­we­ra­ni van Dis­co­ve­ry He­alth kies drie uit el­ke vier van hul le­de wat swan­ger is ’n kei­ser­snit. In die staats­hos­pi­ta­le waar ma’s nie hier­die op­sie het nie, kry net 10% ’n kei­ser­snit. Sien ons dus ook min­der leu­ke­mie by hier­die groep?

’n Kaap­se gi­ne­ko­loog, wat ver­kies om a­no­niem te bly, sê daar is nie sy­fers wat dit be­ves­tig nie maar hy bly ten guns­te van kei­ser­snit­te. “Die baie gro­ter ri­si­ko’s op án­der pro­ble­me, soos ’n tang­ver­los­sing of ge­boor­te­ska­de by die ma en ba­ba moet ook oor­weeg word. Ver­der moet ’n mens die sy­fers ver­sig­tig in­ter­pre­teer. Kin­der­leu­ke­mie is en bly skaars, met ’n voor­koms van min­der as drie uit 100 000 kin­ders. As ál­le ba­bas in die land va­gi­naal ge­bo­re word, gaan ons ten bes­te twee kin­ders per 100 000 met kin­der­leu­ke­mie sien.

“Om eer­lik te wees kan ek nie ’n prak­tyk han­teer as ek ’n paar nag­te per week ba­bas moet vang nie. Nor­ma­le be­val­lings hou ri­si­ko’s in vir ma’s, ba­bas en on­ge­luk­kig vir my ook.

“As dit bloot oor mi­kro­bes gaan, glo ek ma’s kan hul kin­ders self mak­lik ‘reg’ be­volk met bors­voe­ding, vel­kon­tak en nor­ma­le bloot­stel­ling aan hul om­ge­wing.”

’N BIE­TJIE KIEME IS SO GOED SOOS ’N VAKSIEN TEEN LEU­KE­MIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.