Che­mo­brein: Her­stel só gou­er

Jy het nie jou laas­te var­kie ver­loor as jy ná che­mo suk­kel om te lees en din­ge ver­geet nie. Dit be­staan en dit raak baie men­se. Jy ver­beel jou ook nie dat dit iets met che­mo te ma­ke het nie. Dit hét

Rooi Rose - - INHOUD - Deur SALOMÉ DELPORT

Daar is skat­tings dat c­he­mo­te­ra­pie ’n mil­joen men­se net in ons land kan aan­tas, as jy in ag neem dat die so­ge­naam­de che­mo­brein by­na al­mal op che­mo aan­tas, dat so­wat 50% van by­voor­beeld bors­kan­ker­pa­si­ën­te ’n jaar la­ter steeds aan­ge­tas is en dat 17% - 30% van men­se wat van kan­ker her­stel - dis dees­dae die norm - tien jaar la­ter of selfs le­wens­lank per­ma­nent ge­raak is.

Hoe nou ge­maak as jy jou op che­mo moet voor­be­rei, of reeds deur che­mo is en won­der oor hoe­kom jy dik­wels woor­de soek, dees­dae sta­dig dink, en so aan?

Che­mo red le­wens. Daar­om doen ons che­mo en maak ’n plan met ’n che­mo­brein.

VAN ONT­KEN­NING TOT ’N AMP­TE­LI­KE NAAM

Vroue met bors­kan­ker wat op che­mo was, het be­gin kla oor “che­mo­brein” – vae simp­to­me van ver­strooid­heid, ’n swak ge­heue, ’n ge­suk­kel met be­plan­ning, as­ook sta­dig­heid. Na­vor­sers en dok­ters was skep­ties, want che­mo werk nie op die brein in nie. Dit was meer lo­gies dat kan­ker as siek­te jou lig­gaam en dus ook jou brein aan­tas.

Daar­by plaas kan­ker en che­mo jou on­der ui­ter­ste stres wat die brein­ver­moë van selfs ge­son­de men­se be­lem­mer. Ver­der tref kan­ker meest­al ou­er men­se, wat in elk ge­val nie meer so skerp is nie. ( Wel …)

Maar hul­le het bly kla – en daar­deur ons al­mal ’n groot guns ge­doen, want uit­ein­de­lik is die kwes­sie deur die Ro­ches­ter-u­ni­ver­si­teit on­der­soek. En so­waar, teen al­le ver­wag­ting in, stel hul­le toe vas dat 82% van hul toets­groep wat deur che­mo is, de­fi­ni­eer­baar en meet­baar in­kor­ting van brein­funk­sies het.

Saam met be­ves­ti­ging het dit ’n amp­te­li­ke naam ge­kry: Post C­he­mo­te­ra­peu­tie­se Kog­ni­tie­we In­kor­ting, of PP­CI op En­gels.

Van­dag weet ons che­mo­brein tref men­se met e­ni­ge soort kan­ker, en na­vor­sers kan al be­gin uit­wys wat­ter in­kor­tings ti­pies van el­ke soort che­mo is.

Che­mo­brein word nou be­skou as neu­ros­ka­de wat nie vol­doen­de her­stel het nie. Dit kom baie nou oor­een met fi­bro­mi­al­gie en chro­nie­se moeg­heid­sin­droom.

VER­WOES CHE­MO JOU BREIN?

Glad nie. In die eer­ste plek tas dit net som­mi­ge men­se aan. Toe­ge­gee, by­na al­mal (so­wat 90%) er­vaar che­mo­brein ter­wyl hul­le che­mo ge­bruik. ’n Jaar la­ter het die meer­der­heid (50% - 90%) géén bly­wen­de ne­we-ef­fek­te oor nie. Hul­le is soos hul­le van­te­vo­re was.

En as jy een van die on­ge­luk­ki­ge 10% - 50% is?

Die woord “in­kor­ting” be­skryf die si­tu­a­sie ak­ku­raat: men­se met ’n lang­ter­myn-che­mo­brein is dalk nie heel­te­mal so knap en ou­lik as van­te­vo­re nie maar ver­re­weg die mees­te funk­si­o­neer baie goed. Hul­le kan hul werk bly doen, mo­tor be­stuur en hul geld­sa­ke han­teer. As jy tot en met che­mo “taam­lik slim” was, sal jy nou moont­lik net “slim” wees, maar jy sal steeds “slim ge­noeg” wees.

WAT KAN JY DOEN OM TE HER­STEL?

Eint­lik vor­der ons maar sta­dig met be­ter che­mo of me­di­ka­sie hier­voor. Die op­los­sings met die bes­te be­we­se suk­ses is eer­der in

KIES ’N LEEF­STYL WAT SAAM MET JOU WERK, NIE TEEN JOU NIE

jou eie han­de.

1 ’n Bie­tjie oe­fe­ning - baie voor­deel Tot dus­ver is oe­fe­ning een van die suk­ses­vol­ste be­we­se ma­nie­re om che­mo­brein te oor­win – en dit is nooit te laat om te be­gin nie.

Dr. Di­a­na Ehlers van die U­ni­ver­si­teit van Il­li­nois het na oe­fe­ning, moeg­heid en in­tel­lek­tu­e­le skerp­heid gaan kyk on­der 299 mid­del­ja­ri­ge vroue wat brein­kan­ker oor­leef het. Die vroue wat ná hul her­stel ge­reeld van ma­tig tot taam­lik hard ge­oe­fen het, was meer e­ner­giek en kon boon­op be­ter kon­sen­treer, ont­hou en ver­skeie din­ge te­ge­lyk doen.

Dr. Gil­li­an Cooke van die­self­de u­ni­ver­si­teit het selfs be­vind dat bors­kan­ker­oor­le­wen­des wat oe­fen be­dui­dend meer brein­weef­sel het as dié wat nie oe­fen nie. Sy sê selfs vroue wat drie jaar ná che­mo steeds van che­mo­brein ge­kla het (wat dus as per­ma­nent be­skou is) het be­ter ge­vaar ná hul­le be­gin oe­fen het.

Daag­lik­se stap, draf of dans teen ’n lek­ker ge­noeg pas so­dat jy ’n bie­tjie uit­a­sem raak, is die bes­te te­ra­pie vir che­mo­brein.

2 ’n Goeie e­va­lu­e­ring Che­mo­brein ver­skil van mens tot mens. ’n Goeie ver­trek­punt, sê Kan­sa, is om dui­de­lik te de­fi­ni­eer wat jou poot­jie. Is dit ’n kwes­sie van kon­sen­tra­sie? Is jy ver­geet­ag­tig? Soek jy na woor­de? Ver­lê jy din­ge? Werk jy sta­di­ger? Is dit vir jou moei­li­ker om nu­wig­he­de te ont­hou? Ver­war jy da­tums, af­spra­ke en na­me? Is or­ga­ni­sa­sie en be­plan­ning nou vir jou moei­lik? Is jy lomp? Be­stuur jy min­der vaar­dig?

Jy, ie­mand wat jou goed ken, ’n neu­ro­loog of ar­beids­te­ra­peut kan jou soort pro­ble­me vas­pen so­dat jy ge­pas­te plan­ne kan maak. 3 Re­spek­teer jou ge­moed Jy is deur groot trau­ma, wat oor­ge­noeg is om swaar­moe­dig­heid, so­si­a­le ont­trek­king en de­pres­sie te ver­oor­saak. Daar­by her­stel jou brein sta­dig ná che­mo, wat mak­lik tot ge­moeds­pro­ble­me kan lei. Jy mag maar “af” voel.

On­der­steun jou brein met die din­ge wat goed is vir jou ge­moed, soos vro­li­ke mu­siek, hu­mor, “hap­py” flieks en s­to­ries, ’n kui­er­tjie met ’n vrien­din, uit­stap­pies na plek­ke waar jy nog nie was nie of na guns­te­ling­plek­ke, speel met jou kat of hond. Ho­pe na­vor­sing en die per­soon­li­ke er­va­ring van der­dui­sen­de men­se wys dat ak­ti­wi­tei­te wat jou in­te­res­seer, goeie her­in­ne­rin­ge by jou laat, of jou on­der­steun, ook goed vir jou ge­moed is.

An­ti­de­pres­san­te help brein­si­nap­se aan, en help dus ook dat jou brein be­ter funk­si­o­neer. Daar­by is hul­le vei­lig vir lang­ter­myn­ge­bruik. As jy ’n eks­tro­vert is, sorg vir ge­noeg ge­sel­skap, en as jy ’n in­tro­vert is, sorg vir ge­noeg eie tyd om jou bat­te­rye te her­laai.

4 Me­di­ka­sie vir aan­dag­af­lei­baar­heid Hoe­wel daar nie sterk be­wy­se is dat dit op lang ter­myn men­se met che­mo­brein help nie, word Ri­ta­lin en soort­ge­ly­ke mid­dels dik­wels ty­de­lik voor­ge­skryf.

EN NOG DRIE ...

5 Leef skoon, eet skoon C­he­mo­te­ra­pie is tok­sies, en dit neem jou le­wer lank om daar­van ont­slae te raak. Drank, dwelms, baie en sterk kof­fie, o­lie­ge­braai­de kos, baie vleis, en al­les wat min­der ge­sond is, soos si­ga­ret­te en va­ping, oor­laai jou le­wer - wat reeds oor­eis is - nog ver­der. Gee jou le­wer ’n blaas­kans met wa­ter, vars vrug­te en groen­te – ver­al Brus­sel­se sprui­te, broc­co­li en al die an­der soor­te kool, wat jou le­we­ren­sie­me kan aan­help. D­rink groen sap en tee eer­der as wyn en gas­koel­drank.

6 Slaap, rus, ont­span Jou brein her­stel hom­self ter­wyl jy slaap. K­lim vroeg ge­noeg saans in die bed so­dat jy uit­ge­slaap is teen op­staan­tyd. Rus in die mid­del van die dag of laat­mid­dag.

7 Doen min­der – doen dit be­ter Fo­mo jaag ons al­mal aan, spe­si­fiek as ons dink ons gaan nie meer baie tyd hê nie. Kies wat reg­tig vir jou kos­baar is en jou tyd en e­ner­gie werd is, en los die res.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.