Hart­klop van A­fri­ka

Met die pols van die C­ho­be­ri­vier on­der jou boot voel jy die hart­klop van A­fri­ka, en a­dem jy die geu­re van hier­die on­ver­geet­li­ke stuk­kie A­fri­ka in

Rooi Rose - - INHOUD - Deur ANET SCHOEMAN

Reis­gid­se sê as jy vol­op o­li­fan­te wil sien, moet jy mik vir die oe­wer van die C­ho­be-ri­vier in die Na­mi­bie­se Ka­si­ka­be­wa­rings­ge­bied. Daar is im­mers meer as 160 000 van dié reu­se in die om­ge­wing. En so­waar, toe sien ek in twee dae nie ’n en­ke­le o­li­fant in die ge­bied nie. Dit was Fe­bru­a­rie, re­ën­tyd, en die oom­blik toe ons aan die Na­mi­bie­se kant van die re­ser­vaat aan wal stap, trek die wol­ke saam en dit be­gin re­ën. En re­ën, en re­ën …

Ge­luk­kig het ons groe­pie SuidA­fri­ka­ners da­rem al heel­wat o­li­fan­te in ons le­we ge­sien. Ons het nou wel nie die mas­sas die­re ge­sien wat die ge­val in die dro­ër maan­de sou wees nie, maar dit het ons die ge­leent­heid ge­bied om met nu­we oë te kyk, en op ’n an­der ma­nier on­der A­fri­ka se vel in te kom. En na­tuur­lik het ons so ’n bie­tjie meer tyd ge­had om die weel­de­ri­ge ka­mers van die C­ho­be Wa­ter Vil­las te be­leef.

Ons vlug het op die Ka­sa­ne-lug­ha­we in Botswa­na ge­land en daar­van­daan is ons met ’n mo­tor na die Ka­sa­ne-grens­pos. Met ’n boot ry jy 15 mi­nu­te tot by die vil­las, wat op die oe­wer van die C­ho­be-ri­vier in die Capri­vi-strook in Na­mi­bië lê.

KOE­BAAI, SPAN­NING

So­dra jy jou op die wa­ter be­ge­we, is dit as­of die stad se span­ning, sper­tye en pro­ble­me uit jou kop spoel, en wan­neer jy ’n kwar­tier la­ter voet aan wal sit, ont­vou ’n wa­re A­fri­ka-er­va­ring hom. Die sin­gen­de per­so­neel wat ons in­wag, sou ons ook die vol­gen­de twee dae op die han­de dra. As jy weel­de in die bos soek, sal jy dit hier kry.

Die 16 wa­ter­vil­las, wat in 2016 nuut oor­ge­doen is, staan op stel­te op die ri­vier­wal. As jy die groot glas­skuif­deu­re van jou weel­de­ri­ge en baie ruim ka­mer oop­skuif, word jy deel van A­fri­ka se hart­klop. Vroeg­og­gend hoor jy die see­koei on­der jou stoep en saans brul die leeus in die ver­te.

Daar is prag­ti­ge dek­stoe­le op jou pri­va­te on­der­dak­stoep waar jy die wild na har­te­lus kan sit en be­kyk ( gas­te wat al daar was, ver­tel hoe hul­le van hul stoep af o­li­fan­te die ri­vier sien oor­steek het), en saans kan jy on­ge­hin­derd na die ster­re­ruim staar.

Die ek­stra lang bed het mus­kiet­net­te en ’n spe­si­a­le ver­koe­lings­tel­sel wat ver­se­ker dat jy nie warm kry on­der die net nie.

E­LE­GAN­TE ONT­WERP

Ar­gi­tek en bin­ne­huis­ont­wer­per, Jan

Le­wis van De­sign U­ni­on in Kaap­stad, het sy ont­werp­sep­ter ge­swaai en die eind­re­sul­taat is ge­so­fis­ti­keer­de, na­tuur­li­ke e­le­gan­sie met ska­ke­rings van grys, lig­groen en grys­blou eer­der as die ge­yk­te A­fri­kas­a­fa­ri­voor­koms met bruin en o­ker. Dis lig en stre­lend. Hy ge­bruik e­le­men­te uit die na­tuur soos die woes­tyn, re­ën, et­nie­se pa­tro­ne en die­re om die ruim­tes te skei en soos sei­soe­ne in me­kaar te laat vloei.

Hier kan jy nie an­ders as om te ont­span nie. Boon­op word jy met die al­ler­lek­ker­ste maal­tye be­derf.

Die C­ho­be Wa­ter Vil­las kyk uit op die Se­du­du-ei­land wat in die droë sei­soe­ne die groot­ste aan­tal wild van e­ni­ge ri­vier­stel­sel in die wê­reld het. In die re­ën­sei­soen hoef die­re nie by die ri­vier te kom wa­ter d­rink nie, en dus is Fe­bru­a­rie nie die bes­te tyd as jy jou ly­sie met die­re wil af­merk nie. Ons het wel steeds heel­wat

die­re soos kro­ko­dil­le, see­koeie en bok­ke ge­sien.

Die poe­koe­bok­ke met hul u­nie­ke fluit­ge­luid kom in wa­ter­ry­ke gras­lan­de voor, maar hier moet hul­le oë ag­ter hul kop­pe hê, want leeus trek glad nie hul neu­se op vir wa­ter nie, en swem son­der om te hui­wer oor klein ri­vie­re.

As jy in die droë maan­de (Mei tot Sep­tem­ber) kom kui­er, word jy be­derf met van die groot­ste kon­sen­tra­sie wild in A­fri­ka. On­der die bok­soor­te is die bas­ter­gems­bok, swart­wit­pens, bas­ter­wa­ter­bok, wa­ter­bok, koe­doe, e­land, poe­koe, gems­bok, spring­bok, klip­sprin­ger, im­pa­la en die skaars si­ta­tun­ga, of wa­ter­koe­doe.

Ons sien wel wa­ter­lik­ke­wa­ne met hul prag­ti­ge swart-en-geel pa­tro­ne wat lui­lek­ker op die oe­wer on­der ’n man­go­stan­boom lê. Hul di­eet be­staan hoof­saak­lik uit klei­ner die­re en ei­ers, maar ons gids ver­tel dat hul­le gif­ti­ge bak­te­rieë in hul mond het wat met hul lang ton­ge aan man­go­stan­vrug­te oor­ge­dra kan word wan­neer hul­le rond­soek vir kos. As die vrug­te wat op die grond lê nie af­ge­was word nie, kan dit men­se erns­tig siek en selfs dood­maak.

Vroeg­og­gend hoor jy die see­koei on­der jou stoep en saans brul die leeus in die ver­te

BOOTS­A­FA­RI

Die mees­te van ons wild­be­sig­ti­ging ge­skied van­uit ’n boot op die ri­vier wat jou ’n heel an­der er­va­ring bied as van­uit ’n voer­tuig. Jy word as ’t wa­re deel van die om­ge­wing en kan ont­stel­lend na­by aan reu­se-kro­ko­dil­le en see­koeie kom. Jy voel ook weer­loos wan­neer ’n kro­ko­dil so groot soos ’n pre­his­to­rie­se mon­ster ge­ruis­loos in die wa­ter reg langs die boot ver­dwyn. Dan hoop jy maar die stuur­man ken sy stuur.

Dis die i­de­a­le ge­leent­heid vir ons gids om ons die A­fri­kas­pro­kie te ver­tel oor waar­om ’n see­koei so baie gaap. Die see­koei het by die He­re ge­kla oor die warm A­fri­ka­son en ge­vra of hul­le wa­ter­die­re kon wees. Die He­re was be­kom­merd dat die see­koei se groot ap­tyt die vis­le­we sou uit­wis, maar die see­koei het pleg­tig be­lo­we om net gras­se te eet. En om dit te staaf sou hy ge­du­rig he­mel­waarts gaap om te wys dat daar geen vis­gra­te in sy mond is nie!

VOËLLEWE

Die ge­bied spog met 460 vo­ël­soor­te. Die A­fri­ka-vis­a­rend is a­sem­ro­wend. Hier­die vo­ëls paar vir ’n leef­tyd en kan tus­sen 1214 jaar in die wil­der­nis leef. Hul­le be­hou ook jaar na jaar die­self­de nes.

Ons boot­jie bring ons ook tot teen ’n slang­hals ( A­fri­can dar­ter) wat ewe rus­tig suk­kel om ’n klein vis­sie reg in sy sna­wel ge­vat te kry so­dat hy dit kop eer­ste kan af­sluk. Hier­die wa­ter­vo­ëls swem met hul lang nek­ke bo die wa­ter, van­daar die naam “slang­hals”. Jy sien hul­le mak­lik wan­neer hul­le met wyd ge­sprei­de vler­ke in die son sit en droog word. Hul­le het nie o­lie­klier­tjies wat hul ve­re wa­ter­dig hou nie, en die ve­re moet eers droog word, an­ders is hul­le te swaar om te vlieg.

Vir Suid-A­fri­ka­ners met plat­ter beur­sies is die bui­te­sei­soen ’n goeie op­sie wat jou steeds ’n bui­ten­ge­wo­ne A­fri­ka­er­va­ring bied in die weel­de van een van die mooi­ste lod­ges in die streek. So­lank jy nie skrik vir ’n bie­tjie re­ën en in­tie­me ont­moe­tings met kro­ko­dil­le nie. rr

Vir meer in­lig­ting oor ta­rie­we be­soek cho­be­wa­ter­vil­las.com

VAN LINKS đ DIE INDRUKWEKKENDE BUITEONTHAALAREA. đ DIE WA­TER VIL­LAS OP DIE OE­WER VAN DIE C­HO­BE-RI­VIER. đ HIER SIEN JY ’N MAGDOM DIE­RE. đ DIE BINNEHUISONTWERP IS E­LE­GANT. đ ’N SKEMERKELKIE MET ’N UIT­SIG. đ MEER AS 460 VO­ËL­SOOR­TE KOM IN DIE GE­BIED VOOR.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.