Swart op wit Va­li­ant Swart

SWART OP WIT

Rooi Rose - - INHOUD - Deur VA­LI­ANT SWART

EK HET ON­LANGS ’N BLYE HER­E­NI­GING MET

een van my hel­din­ne ge­had.

Lis­beth Sa­lan­der, die fik­tie­we, har­de­kwas be­veg­ter van boos­doe­ners en bul­le­bak­ke – die

‘ Gi­rl with the Dra­gon Tat­too’

– is te­rug in ’n nu­we S­kan­di­na­wie­se ril­ler­ver­haal. Die von­ke spat be­hoor­lik soos sy haar vy­an­de uit­wis; daar is em­mers­vol kic­kass ak­sie wat die kroeks klok­slag in die stof laat byt.

Dis sui­wer ont­span­nings­lek­tuur, ge­mik op die be­hoef­te aan ont­vlug­ting en ge­skoei op die sug­ges­tie dat ge­reg­tig­heid al­tyd sal se­ë­vier. Daar is ’n goeie saak uit te maak daar­voor dat die fa­bel­ag­ti­ge suk­ses­se van Hol­ly­wood groot­liks be­rus op ons ge­wo­ne sterf­lin­ge se hun­ke­ring na hel­de en hel­din­ne.

’n Mens ont­wik­kel ’n soort “per­soon­li­ke” ver­hou­ding met jou hel­de­fi­gu­re; som­mi­ges “ont­moet” jy reeds in jou vor­mings­ja­re, en ’n le­wens­lan­ge ver­bin­te­nis kan ont­staan. Ek is nog net so mal oor Tin­tin en Tar­zan as toe ek op skool was. In me­ni­ge le­wens­ge­vaar­li­ke si­tu­a­sie het ek en sul­ke staat­ma­kers al sy aan sy ge­veg teen die maai­foe­dies en die swer­no­te, en al­tyd tri­om­fan­te­lik uit die stryd ge­tree.

Een grou Son­dag­mid­dag, nie te lank ge­le­de nie, kui­er ek en my sus­ter Mi­chel­le ’n bie­tjie by ons ma, daar in ons groot­word­huis op Wel­ling­ton. Soos ’n mens maak, sit en ge­sels ons land en sand om die kom­buis­ta­fel (waar lek­ker­der?) oor ge­lief­des en be­le­we­nis­se en oor die ou dae – en soos al­tyd, net voor ons be­gin aan­stal­tes maak, loop ons eers saam-saam ’n paar draaie deur die huis, so as­of al­les eers ge­groet moet word.

Toe ek in die gang by die bad­ka­mer ver­by­stap, doem daar uit die blou­te ’n ak­sie­be­laai­de e­pi­so­de uit my klein­tyd by my op: die dag toe my ma ’n dief ge­vang het.

So om en by 1970, lank voor­dat daar su­per­mark­te en in­ko­pie­sen­trums op ons rus­ti­ge Bo­land­se dor­pie was, was daar ’n paar blok­ke van ons huis af ’n win­kel­tjie met die naam “Wag-’nBie­tjie”. ’n Mens kon oor die foon jou daag­lik­se goed­jies be­stel en dan het ’n jong­man met ’n blou jas en ’n fiets dit kom af­le­wer.

Een og­gend daag die kê­rel op ons drum­pel op met ’n paar bruin kar­does­sak­ke in die boks voor­op sy fiets. Hy groet vrien­de­lik en kom sit ons sak op die kom­buis­ta­fel neer, langs my ma se hand­sak. My ma gaan haal gou klein­geld in haar ka­mer, sy kom te­rug en be­taal hom en die ou is ewe vrien­de­lik daar weg.

’n Tyd­jie la­ter is sy op pad dorp toe vir iets. Sy kry haar hand­sak op die kom­buis­ta­fel en loer gou of al haar dorp-toe-gaan-goe­ters – on­der meer ’n twin­ti­grand­noot – bin­nein is.

Al­les is daar – be­hal­we die twin­tig rand. Ná ’n vrug­te­lo­se soek­tog bel sy die vrou by Wag-’n-Bie­tjie om na­vraag te doen oor haar koe­rier se eer­lik­heid. Sy word mee­ge­deel dat an­der kli­ën­te

ook die ou van ’n gap­se­ry ver­dink.

My pro-ak­tie­we ma be­sluit daar en dan om oor te gaan tot ak­sie en plaas haar be­stel­ling vir die vol­gen­de dag se krui­de­niers­wa­re. ’n Plan was reeds aan die broei.

Vroeg die vol­gen­de og­gend los sy ’n hand­vol munt­stuk­ke op die kom­buis­ta­fel, gaan in­stal­leer my en my sus­sie met ons speel­goed op die gras­perk, en wag haar niks­ver­moe­den­de prooi in.

Eer­lank ver­skyn Die Hoof­ver­dag­te on cue voor die deur, en my ma nooi hom in. Sy sê hy moet net so ’n bie­tjie wag, sy dink sy hoor ’n kraan loop in die bad­ka­mer. In die bad­ka­mer staan en tel sy ge­noeg se­kon­des af om die ou kans te gee om hom aan die geld op die kom­buis­ta­fel te help.

Toe stap sy in en – bin­go! – sien on­mid­del­lik dat die munt­stuk­ke om­trent die helf­te min­der is as wat sy daar ge­los het. Ewe on­skul­dig vra sy hom om as­se­blief gou die kraan wat so loop lek­ker styf te kom toe­draai, want sy suk­kel ’n bie­tjie. Sy wag by die deur en laat hom voor haar by die bad­ka­mer in­stap. Toe hy bin­ne is, trek sy soos blits die deur toe en sluit dit van bui­te – met die sleu­tel wat sy vroeg­og­gend al in plek ge­sit het. In ’n oog­wink is sy by die foon en ont­bied die po­li­sie.

In­tus­sen het die boos­wig in die bad­ka­mer erg be­gin pro­tes­teer – en toe pro­beer hy deur die ven­ster ont­snap (dit was die dae voor dief­we­ring). Maar my ma was reg met haar coup de gra­ce. Sy wag hom in met ’n tuin­slang en spuit hom vol in die ge­sig toe sy kop in die ven­ster­raam ver­skyn en hy re­ti­reer – en dis die to­neel wat die po­li­sie daar­die son­ni­ge og­gend in ons ag­ter­plaas aan­tref: my ma, soos ’n waf­fer­se Lis­beth Sa­lan­der, kom­kom­mer­koel, vrees­loos en op tei­ken. En ek en my sus­sie wat ons eer­ste hel­din in ak­sie sien.

My ma het ag­ter­na ge­sê wat haar die kwaad­ste ge­maak het, was hoe pot­blou die skelm haar bad­ka­mer ge­rook het ter­wyl hy op sy lot ge­sit en wag het.

Hoe cool is dit?

Eer­lank ver­skyn Die Hoof­ver­dag­te ‘on cue’ voor die deur, en my ma nooi hom in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.