Fik­sie: Bil­tong en lief­de

’n Storm jaag La­ra in’n mooi man se arms in en toe is dit boon­op nie die e­nig­ste ver­ras­sing op dié don­ker mid­dag nie

Rooi Rose - - INHOUD - Deur LOU­I­SE VIL­JOEN

La­ra van Heer­den byt lig­gies op haar on­der­lip ter­wyl sy deur haar mo­tor se voor­ruit na die don­ker, drei­gen­de wol­ke kyk. Ver­blin­den­de weer­lig­stra­le sig­sag on­op­hou­de­lik en verhelder die diepske­mer land­skap so­dat sy vir ’n se­kon­de of twee die reu­se-berg­han­ge sien wat bo haar uit­troon. Die yl skyn­sel van haar mo­tor­lig­te gooi ’n spo­ke­ri­ge lig­baan oor die kron­kel­pad wat in­eens so ein­de­loos voel. Hoe ver nog tot op die naas­te dorp? Sy het lie­der­lik ver­dwaal. Dit het sy nou daar­van om op va­kan­sie im­pul­sief ag­ter haar mo­tor se neus aan te ry.

La­ra ril van die koue, al is die mo­tor se ver­war­mer aan. Groot, vet re­ën­drup­pels spat op die voor­ruit. Bin­ne se­kon­des ver­an­der die drup­pels in ’n sterk stroom wa­ter wat die ruit­ve­ërs feit­lik nut­te­loos maak. Sy ska­kel die nood­lig­te aan en ry sta­di­ger so­dat dit voel as­of die mo­tor net sen­ti­me­ter vir sen­ti­me­ter vo­ren­toe kruip.

Die weer ram­mel en dreun soos ’n grom­men­de on­dier. La­ra sluk. Sy kan am­per niks deur die voor­ruit sien nie en weet nie meer of sy die mo­tor op die pad hou of nie. Vrees slaan sy kloue in haar keel. Sy haal diep a­sem en dwing haar­self tot kalm­te. Sy kan nie be­kos­tig om pa­nie­ke­rig te raak nie, net­nou ry sy by ’n af­grond af!

Wag! Wat is dit? Sy tuur deur die voor­ruit en bring haar mo­tor feit­lik tot stil­stand om die bord­jie langs die pad te lees: Bloem­hof-self­sorg­ver­blyf.

Wonderlik! Net wat sy nou no­dig het – ’n dak oor haar kop. In hier­die weer durf sy nie ver­der be­stuur nie. Sy draai die mo­tor se neus ver­sig­tig by die af­draai­pad in. Weer­lig­flit­se ver­lig die pad on­der die bla­re­dak van die la­ning reu­se-bo­me aan weers­kan­te van die pad.

Aan die ein­de van die boom­ton­nel ver­wel­kom ’n hel­der ver­lig­te sand­steen­huis haar. La­ra bring haar mo­tor voor die breë stoep tot stil­stand. Die re­ën val steeds in dik stro­me en die lug ruik skerp na swa­el en pad­da­vis­sies. Die weer­lig is iets ver­skrik­liks. Sy krimp in­me­kaar el­ke keer wan­neer ’n oor­ver­do­wen­de slag deur die stik­don­ker he­mel­ruim klief en dit voel as­of selfs haar tan­de van die na­skok ra­tel.

Sy gaan papsop­nat word as sy die klein ent­jie tot op die stoep hard­loop, maar daar is geen an­der uit­weg nie. Sy kan nie vir al­tyd in die mo­tor bly sit nie en die ge­dag­te aan ’n warm bad en snoe­si­ge bed word al hoe aan­lok­li­ker.

“Kom ek om, so kom ek om,” mom­pel La­ra. Sy staal haar­self vir ’n oom­blik voor­dat sy die mo­tor­deur oop­stamp en uit­spring. Die re­ën­vlae waai ys­koud teen haar aan en voor­dat sy nog om die mo­tor se neus is, klou haar ha­re en lig­te rok­kie aan haar vas. Sy strom­pel die stoep­trap­pe op en gooi haar­self teen die voor­deur.

“Doef-doef-doef!” klink die dowwe slae van haar koue kneu­kels teen die hout­deur. Die deur swaai by­na on­mid­del­lik oop en ’n stroom lig val oor haar be­drem­mel­de, sop­nat figuur. ’n Lang, ste­wig ge­bou­de man staan in die deur­o­pe­ning. Met die gang­lig ag­ter hom is sy ge­sig in ska­du ge­hul.

“Goeie aar­de, vrou­mens! Wat soek jy op so ’n aand bui­te?” roep hy ge­skok uit. Sy hand sluit ste­wig om ha­re toe hy haar bin­ne­toe trek. “Jy’s pap­nat en ys­koud.”

Met dié klap ’n oor­ver­do­wen­de don­der­slag kort ag­ter La­ra. Sy gil ver­skrik en werp haar teen die vreem­de­ling aan, slaan haar arms om sy nek en klou vir al wat sy werd is.

“Toe nou maar, jy’s vei­lig.” Sy arms sluit ge­rus­stel­lend om haar ter­wyl hy die voor­deur met sy voet toe­stoot.

Sy bors is warm teen haar wang en hy ruik na Old S­pi­ce en pyp­ka­neel. H’m. La­ra se oë val van­self toe en sy wrie­mel in­stink­tief na­der aan sy lig­gaams­hit­te. Wan­neer laas het sy só in ’n man se arms ge­staan? As­of sy hóórt. Haar oë vlieg ge­skok oop. Wat moet die man van haar dink dat sy hom so staan en be­klou. Sy maak haar­self met rooi wan­ge uit sy arms los en staan ’n tree te­rug. Sy be­we van kop tot toon en kan skaars praat, so koud kry sy. “E ... goei­e­naand,” kry sy dit uit en kyk o­ral be­hal­we na hom.

“Ek’s op soek na slaap­plek vir die aand en het die aan­wy­sings vir self­sorg-ver­blyf hier­heen ge­volg.”

Sy waag dit uit­ein­de­lik om na hom te kyk en haar a­sem stol in haar keel. Mag­gies, maar die man ís mooi! Sy ha­re is swart en krul­le­rig met ’n tit­sel­tjie grys langs die sla­pe. Sy ka­ke­been is sterk en vier­kan­tig en sy oë don­ker­bruin en blink. Te blink, dalk, want haar rok kleef om haar ferm bors­te en laat min aan die ver­beel­ding oor.

“Wel, as jy ... e ... slaap­plek soek, is jy by die reg­te plek,” sê hy, lag dan ter­gend in haar oë, maar hy hou sy stem as­pris laag en in­tiem so­dat ge­not­vol­le ril­lings teen haar rug­graat op- en af­jaag. Hy speel met haar, wéét wat hy aan haar doen. ’n S­pier­tjie wat langs sy mond­hoek pols, ver­klap dat hy deeg­lik be­wus is van die e­lek­tri­si­teit tus­sen hul­le.

Sy frons kwaai vir hom, maar ont­span toe ’n krul­kop­dog­ter­tjie in ’n té groot ja­pon en hond­jie-pan­tof­fels by ’n sy­deur uit­kom en langs hul­le kom staan.

“Pap­pa, wie’s die tan­nie? Sy’s nat,” praat die klein­ding groot­oog en haar pa tel haar in sy sterk arms op. Sy slaan haar arms om sy nek en lê haar kop op sy skou­er, ter­wyl sy vin­ge­rin-die-mond na La­ra staar.

“Hal­lo, lie­fie, my naam is tan­nie La­ra,” glim­lag La­ra vrien­de­lik. Sy rem ver­leë aan haar kle­wen­de kle­re. “Ek’t so nat ge­re­ën toe ek uit die mo­tor ge­klim het. S­joe, maar nou kry ek k ... koud!”

“E­vert, vir wat staan jy en Son­ja hier in die koue gang? Kom, die sop en pan­ne­koek is ge­reed en ... ” ’n Ou­e­ri­ge vrou met ’n voor­skoot aan kom by die­self­de sy­deur as klein Son­ja uit. Sy staan ge­skok stil toe sy La­ra sien.

“Heng, kin­ta, hoe laat jy my skrik! Ek’t jou nie hoor klop nie. Kyk hoe nat is jy! E­vert, gaan tap on­mid­del­lik vir haar ’n bad vol warm wa­ter in – sy sal do­de­lik siek word! Son­jat­jie, bring jy die tan­nie so­lank kom­buis toe en dan hard­loop jy gou en gaan haal vir haar ’n hand­doek. Toe, toe, op­skud, die sop word koud!”

En­ke­le mi­nu­te la­ter be­vind La­ra haar voor ’n kool­stoof by ’n wit­ge­skrop­te ta­fel en word haar ha­re son­der se­re­mo­nie met bruus­ke be­we­gings droog­ge­vryf.

“E ... dan­kie, Tan­nie. Ek’s eint­lik op soek na slaap­plek vir die aand,” mom­pel sy ver­leë tus­sen haar ha­re deur toe die ou­er vrou vir ’n oom­blik lank die hand­doek laat sak.

“Ja, ja, dit kan wag. Hier’s E­vert nou net. Kom, jou bad­wa­ter is ge­reed. Eers bad en droog aan­trek en dan kom eet jy saam met ons. Dan kan ons lek­ker ge­sels en me­kaar leer ken. Noem my som­mer tan­nie Miems, dié is klein Son­ja en dis E­vert Ma­lan, my we­we­naar-skoon­seun.”

We­we­naar. La­ra se kop ruk op en haar oë ont­moet E­vert s’n. Haar wan­ge slaan aan die brand toe hy ewe on­skul­dig, maar dui­de­lik doel­be­wus en be­te­ke­nis­vol, vir haar knip­oog.

“La­ra van Heer­den, Tan­nie. Aan­ge­na­me ken­nis,” ig­no­reer sy

hom as­pris.

La­ra koes ver­by E­vert wat langs Son­ja by die ta­fel gaan sit het en volg Miems na die bad­ka­mer. Die bad is vol sto­men­de wa­ter en bad­skuim. Heer­lik! Sy gaan sit op die rand van die bad en trek haar san­da­le uit.

“Hier’s warm slaap­kle­re en ’n ja­pon. Die pan­tof­fels be­hoort jou te pas,” ge­sels Miems en sit die kle­re op ’n stoel neer. Sy draai na La­ra. “Toe, toe, vir wat sit jy so daar? Jy moes al in die bad ge­wees het.”

“Maar ... wie se kle­re is dit, Tan­nie?” kry La­ra dit uit.

“Dis E­vert se sus­ter, Lol­la, s’n. Sy sal nie om­gee dat jy dit leen nie. Sy werk op ’n groot pas­sa­sier­skip en flen­ter die he­le wê­reld vol. Kom, laat ek jou help uit­trek, an­ders kom jy nooit ge­bad nie en die kos is se­ker al ys­koud.”

La­ra spring ver­vaard reg­op. “Dis ou­kei, dan­kie, Tan­nie. Ek sal reg­kom. Dan­kie vir die kle­re.”

“S­kaam, nè? Nou goed, bad en kom dan kom­buis toe. Ek sny so­lank die brood.”

La­ra staar na die bad­ka­mer­deur wat Miems ag­ter haar toe­trek. Sy skud haar kop ver­slae. Wie ís die men­se?

“Dit klink nie vir my of jy al in die bad is nie,” hoor sy Miems se stem dig­by die bad­ka­mer­deur.

“Ek k­lim da­de­lik in, Tan­nie,” be­lo­we La­ra en woerts-warts uit haar nat kle­re uit. Die wa­ter is heer­lik warm en sy sug be­haag­lik. Ge­dag­tig aan Miems se woor­de dat sy haar nie kan hoor bad nie, spat sy lig­gies met haar hand in die skuim­wa­ter en on­der­druk ’n on­ver­wag­se gig­gel. Gits, net­nou kom dam Miems haar met ’n skur­we was­lap en boer­seep by!

Vyf­tien mi­nu­te la­ter hui­wer La­ra kurk­droog en snoe­sig toe­ge­wik­kel in ’n win­ter­ja­pon in die kom­buis­deur. Haar skoon­ge­skrop­te wan­ge gloei pienk en haar ha­re hang los oor haar skou­ers. Sy merk dat daar vir haar ook ’n plek aan ta­fel ge­dek is. Langs Son­ja. Die lief­li­ke geur van tuis­ge­bak­te brood en dik groen­te­sop vul die ver­trek, en sy be­sef skie­lik hoe ra­send hon­ger sy is.

E­vert trek vir haar die stoel uit. Miems gee vir haar ’n kop­pie vol sop aan en Son­ja stoot ge­bot­ter­de skaap­wag­ter­snye en ’n sta­pel pan­ne­koek na­der.

“Laat ons dank.”

La­ra kyk ver­ras op na E­vert aan die bo­punt van die ta­fel. Die vol­gen­de oom­blik glip Son­ja se hand­jie in haar reg­ter­hand in en Miems hou ha­re oor die ta­fel uit. La­ra neem ou­to­ma­ties Miems se hand en laat sak haar kop toe E­vert se diep, rus­ti­ge stem op­klink in ta­fel­ge­bed. Haar hart klop in haar keel en sy staar stip na die sop voor haar. Wan­neer laas het sy aan­ge­sit by ’n ta­fel waar die hoof van die huis nog dan­kie sê vir die kos en die han­de wat dit voor­be­rei het?

“A­men.”

Miems en Son­ja druk al­bei La­ra se han­de lig­gies voor­dat

DIE WEER RAM­MEL EN DREUN SOOS ’N GROM­MEN­DE ON­DIER. LA­RA SLUK. SY KAN AM­PER NIKS DEUR DIE VOOR­RUIT SIEN NIE EN WEET NIE MEER OF SY DIE MO­TOR OP DIE PAD HOU OF NIE

hul­le dit los.

“Die sop ruik heer­lik, Tan­nie,” merk La­ra op om haar ver­leent­heid weg te steek.

“Dan­kie, kind. Eet ge­rus so­veel jy wil, daar’s nog ’n groot pot vol op die stoof. Jy lyk hoe­ka vir my nes ’n graat­jie. Jy kort ’n bie­tjie vleis aan jou ge­raam­te.”

“Ma,” ver­maan E­vert goe­dig en kyk ver­sko­nend na La­ra. Son­ja gig­gel­lag aan­steek­lik en hou haar hand voor haar mond. “Hie hie, dis snaaks.”

La­ra kyk af in die on­deun­de blou o­gies. “Oe, lag jy vir my?” vra sy en steek haar hand na die klein­ding se ma­gie toe uit. “Laat ek ’n bie­tjie voel of jou rib­be­been­tjies nie dalk ook soos graat­jies voel nie.”

Son­ja wik­kel haar ly­fie be­hen­dig uit die pad. “Pap­pa, help! Die tan­nie kie­lie my!” jil sy.

E­vert lag net. Hy skeur ’n sak­kie met net­jies ge­kerf­de bil­tong oop, gooi dit in ’n blou er­de­bak­kie en hou dit na

La­ra toe uit.

“Kry vir jou. Dis heer­lik so saam met die sop.”

“Dan­kie, dis nou ’n groot be­derf. Jy kan my in ’n wip vang met bil­tong waar­aan die vet­jies so geel sit.” La­ra loer na die plak­ker op die sak­kie.

“Bloem­hof Bil­tong ... ”

“Die lek­ker­ste bil­tong in die wê­reld,” spog tan­nie

Miems. “E­vert maak dit self.”

“Wel, dís nou vir jou toe­val!

Dan het ek en jy al per e-pos ge­kor­re­spon­deer, E­vert. Ek is die pro­duk­aan­ko­per van die K­nap­sak De­li-groep. Ons be­stel ge­reeld bil­tong by jou.”

“Wil jy nou meer! Ek dag jou naam klink be­kend.”

E­vert glim­lag ver­ras.

“Wel­kom by ons, La­ra. Ek’s bly die storm het jou hier uit­ge­waai.”

Haar hart ei­en en be­ant­woord die woor­de­lo­se bood­skap in sy oë. Sy is ook bly.

Die toe­val is haar goed­ge­sind.

‘DIS NOU ’N GROOT BE­DERF. JY KAN MY IN ’N WIP VANG MET BIL­TONG WAAR­AAN DIE VET­JIES SO GEEL SIT’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.