John Tra­vol­ta maak steeds knieë lam

Rooi Rose - - INHOUD -

Wan­neer John Tra­vol­ta by ’n ver­trek in­stap, kom jy on­mid­del­lik ag­ter dat daar meer e­ner­gie in die ver­trek is. Hy laat jou aan ’n hond­jie dink wat ge­reed is om te speel. Sy lig­blou oë dans as­of hy hom ver­kneu­kel aan ’n pri­va­te grap­pie wat hy vir jou wil ver­tel. Hy het in Can­nes, Frank­ryk, met rooi ro­se ge­sels oor sy loop­baan, sy hu­we­lik en sy seun, Ben, wat ook by die on­der­houd was. Hy is tans te sien in die prent, Got­ti, teen­oor sy vrou, Kel­ly Pres­ton, met wie hy al 27 jaar ge­troud is. Dis die der­de keer dat Kel­ly saam met haar man werk. Sy het ge­sê die feit dat hul­le ’n “reg­te” paar­tjie is, het hul ka­rak­ters ster­ker ge­maak en dat dit meer pret en mak­li­ker was om ’n ge­trou­de paar­tjie te speel. Toe ek haar vra hoe dit voel om met so ’n in­ne­men­de, ge­wil­de man ge­troud te wees met wie vroue boon­op heel­tyd wil dans, het sy ge­sê: “In hier­die sta­di­um is ek al so ge­woond daar­aan - dit pla my nie om­dat ek weet dat men­se baie erg oor hom is. Dit was nie mak­lik toe ons be­gin uit­gaan het nie, maar ek moes dit aan­vaar. Ek dink John het die mooi­ste siel. En hy is pret. My vo­ri­ge ver­hou­dings was nooit so­veel pret soos saam met John nie. Ons lag en speel heel­tyd en ons neem die le­we nie te erns­tig op nie. Ek is mal daar­oor dat hy so vrien­de­lik met al­mal is, en boon­op is hy ta­lent­vol en sexy – hy is die he­le pak­ket! En hy is ’n uit­ste­ken­de pa.” En toe ek John la­ter daar­die aand op ’n par­ty­tjie in die Ho­tel Du Cap sien dans, het ek ver­staan wat sy vrou be­doel – hy is reg­tig die he­le pak­ket.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.