Jou tie­ner: 10 din­ge wat jy nooit moet sê nie

Rooi Rose - - INHOUD - Deur ANYS ROSSOUW

Ge­duld en wys­heid, en baie daar­van. Dís wat ou­ers no­dig het om tie­ners wat in hul stor­men-drang-ja­re is te han­teer. Die tyd­perk kan ’n a­von­tuur of ’n nag­mer­rie wees.

Die tie­ner­ja­re stel so­veel ei­se aan kin­ders. Hul le­we, lig­ga­me en ver­hou­dings ver­an­der in­gry­pend. Hul skool­werk word uit­da­gend en meer, vriend­skap­pe word moei­li­ker, ou­ers ver­wag meer ver­ant­woor­de­lik­heid, daar is druk van af­rig­ters en vrien­de. Hul­le moet groeps­druk, so­si­a­le me­dia en teg­no­lo­gie be­stuur in ’n om­ge­wing waar an­der nie nood­wen­dig hul waar­des deel nie.

Wan­neer kin­ders fou­te maak of e­mo­si­o­neel suk­kel, wil ou­ers hul­le so graag reg­help en per­spek­tief gee. Maar wat ou­ers in sul­ke si­tu­a­sies sê, werk soms glad nie om­dat die kind, en dik­wels ook die ou­er, e­mo­si­o­neel ont­steld is.

E­mo­si­o­ne­le pro­ses­se­ring is ’n reg­ter­brein-ak­ti­wi­teit en funk­sie. So­lank daar ’n reg­ter­brein­storm woed, is men­se sel­de in staat om op daar­die oom­blik ra­si­o­ne­le lin­ker­brein-op­los­sings en per­spek­tief te kry, te ver­werk en toe te pas. Dik­wels ver­er­ger ou­ers se goed be­doel­de op­mer­kings net die e­mo­si­o­ne­le storm. Daar­om werk raas en kri­tiek in sul­ke si­tu­a­sies sel­de.

Wan­neer jy met ie­mand raas of hom kri­ti­seer, ver­oor­saak dit juis ’n e­mo­si­o­ne­le storm, want dit fo­kus meest­al op die mens en nie op die pro­bleem nie. As ie­mand raas kry, is daar ge­woon­lik

e­mo­sie by be­trok­ke. Dit gaan dik­wels oor meer as die woor­de wat ge­sê word: 93% van al­le kom­mu­ni­ka­sie is nie-ver­baal - din­ge soos ’n ho­ër en har­der stem­toon, af­keu­ren­de ge­sigs­uit­druk­kings of an­der ne­ga­tie­we lyf­taal soos oë wat ge­rol word.

Die re­ak­sie daar­op is dik­wels ont­stel­te­nis, te­leur­stel­ling, frus­tra­sie, hart­seer of woe­de en ge­dag­tes soos: Sy ver­staan nie. Sy luis­ter nie. Dis on­reg­ver­dig. Ek is nie goed ge­noeg nie. Of vrees vir die ska­de aan die ver­hou­ding: Pa gee nie om nie, hy is nie lief vir my nie! Of vrees vir die ge­vol­ge: Ma gaan my hok, my sel­foon weg­vat. Kin­ders re­a­geer dan deur te ver­de­dig, hul op­tre­de te reg­ver­dig of met woe­de. By­na geen mens of kind wat raas kry se eer­ste ge­dag­te is dat Ma reg is en ’n punt beet het nie. As kin­ders da­de­lik doen wat ge­sê of ver­wag word, is dit eer­der uit vrees vir die ge­vol­ge. Vrees is dié swak­ste mo­ti­veer­der. In­tus­sen er­vaar hul­le steeds die e­mo­si­o­ne­le storm wat ver­hou­dings en hul self­beeld skaad.

Tie­ners haat straf en lang pre­ke of se­de­les­sies, ver­al as dit hul­le boon­op skul­dig of min­der­waar­dig laat voel.

1 NEE, VER­GEET DIT!

Die A­me­ri­kaan­se le­wens­af­rig­ter Si­mon Bai­ley sê kin­ders het op 17 reeds 150 000 keer “nee” ge­hoor teen­oor net 5 000 “ja”-ant­woor­de. ’n Nee laat men­se voel hul­le word nie ge­hoor nie, of hul be­hoef­tes geld nie. Dit lok on­mid­del­li­ke weer­stand uit, wat dik­wels tot ’n ar­gu­ment lei.

AL­TER­NA­TIEF Sê ja, er­ken die be­hoef­te en stel dan die grens: “Ja, jy kan gaan swem so­dra jou huis­werk klaar is.” “Ja, ek wil ook graag hê jy moet tyd hê om met maats te speel. Ons kan dit e­ni­ge tyd vir Vry­dag re­ël, van­dag sal ons dit nie kan in­pas nie.”

As jy ’n goeie ver­hou­ding met ’n tie­ner wil hê, is daar tien din­ge wat jy liefs nie moet sê nie ... PRO­BEER OM NIE DIÉ TIEN GOED VIR JOU KIND TE SÊ NIE

2 EK HET REG­TIG NIE NOU TYD NIE.

Kin­ders moet be­sef hul­le is nie die mid­del­punt van al­les nie. Ou­ers het ook ’n ske­du­le en le­we, tog moet daar ge­noeg tyd wees wan­neer hul­le jou on­ver­deel­de aan­dag en on­der­steu­ning het. Maak tyd om hul sport­by­een­koms­te by te woon, of som­mer net lek­ker din­ge saam te doen. Hul­le moet die bood­skap kry dat hul­le be­lang­rik is en dat dit lek­ker is om by hul­le te wees.

AL­TER­NA­TIEF Ek wens ek kon nou met jou hier­oor praat, of jou nou help. Gee my net ’n half­uur, dan kan ons praat.

3 JY IS ... ON­VER­ANT­WOOR­DE­LIK, LUI, VUIL, SKELM, ON­GE­SKIK, SELF­SUG­TIG, OOR­SEN­SI­TIEF ...

E­ni­ge op­mer­king wat die kind e­ti­ket­teer, dra die bood­skap: Ek is te­leur­ge­steld in jou. Sul­ke op­mer­kings de­mo­ti­veer kin­ders, breek hul self­beeld en self­ge­loof af, en laat hul­le dik­wels die op­mer­kings, wat ten doel het om te ver­an­der, in­ter­na­li­seer. Hul re­ak­sie is dan: “Dit help nie eens om te pro­beer om ver­ant­woor­de­lik te wees nie, hul­le glo in elk ge­val nie ek is nie.”

AL­TER­NA­TIEF Ek sien hoe hard en ver­ant­woor­de­lik jy rug­by oe­fen. Ek is so trots daar­op. Dink net wat kan ge­beur as jy met die­self­de ver­ant­woor­de­lik­heid jou skool­werk doen.”

“Dis so goed om te sien met hoe­veel re­spek jy jou mei­sie han­teer. Ek won­der hoe sal die at­mos­feer in die huis wees as jy ook so teen­oor jou sus­sie en boe­tie op­tree.

MAAR NIE Jou teg­no­lo­gie­punt is so goed, maar jou wis­kun­de- punt ... Die woord “maar” vee e­ni­ge vo­ri­ge po­si­tie­we op­mer­king uit. Ver­vang dit lie­wer deur “tog”.

4 PRO­BEER NET HAR­DER! JY KAN. AS JY MAAR NET VOL­GENS JOU PO­TEN­SI­AAL WIL WERK!

Tie­ners se be­hoef­te om ge­hoor en ver­staan te word, as­ook om reg te wees en hul eie ding te doen, is ster­ker as hul be­hoef­te om aan­ge­moe­dig te word. Hul­le gaan nie re­a­geer met: “Ja, Pa is dood­reg, dit was nou dom van my om te dink ek kan dit nie doen nie. Ek sal reg­tig har­der pro­beer.” Die teen­deel is on­ge­luk­kig waar. Hul­le voel jy stel ei­se, ver­staan nie en ar­gu­men­teer met hul­le. Met weer­stand kan hul­le jou juis ver­keerd pro­beer be­wys deur nog min­der te pro­beer. AL­TER­NA­TIEF S­joe, ek sien dis nog­al uit­da­gend. Voel dit vir jou jy suk­kel en kan dit nie doen nie? Ek won­der of daar iets an­ders is wat jy kan pro­beer?

5 JY SAL DIT DOEN OM­DAT EK SO SÊ! MY HUIS, MY RE­ËLS!

Die ou­er wil be­heer hê, en din­ge moet op sy ma­nier ge­doen word. Dik­wels word har­de of in­ti­mi­de­ren­de woor­de ge­bruik om goed ge­doen te kry. Die kind is dan eint­lik ’n slaaf van sy ou­er se wil of i­dees. Dit lei dik­wels tot ge­voe­lens van vrees, ver­ne­de­ring en weer­stand, wat dan tot ’n mag­stryd lei, waar daar net wen­ners of ver­loor­ders is. En dit skaad ver­hou­dings, want die kind leer om ’n po­si­sie van mag te soek om an­der wat van hom ver­skil te be­heer en te on­der­myn.

AL­TER­NA­TIEF In ons huis het ons se­ke­re waar­des, ons re­spek­teer en gee om vir me­kaar. Wat sal vir ons al­mal be­ter werk? Wat moet ons as ou­ers doen? Wat kan jy doen? Wat gaan jy doen as jou plan nie werk nie?

6 EK HOU NIE VAN JOU VRIEN­DE NIE. HUL­LE HET ’N SLEG­TE IN­VLOED OP JOU

Kin­ders se vrien­de is vir hul­le ui­ters be­lang­rik. As jy hul vrien­de kri­ti­seer en nie aan­vaar nie, voel dit vir hul­le of jy hul­le en hul keu­ses nie aan­vaar nie. As daar werk­li­ke re­de tot kom­mer is, stel gren­se.

AL­TER­NA­TIEF Ver­tel my hoe moet jou hu­we­liks­maat een­dag wees? Wat­ter ei­en­skap­pe en ka­rak­ter­trek­ke sal vir jou be­lang­rik wees? Wat maak jou vriend en die vriend­skap vir jou spe­si­aal? Wat dink jy gaan van jou vriend word as hy sy hui­di­ge op­tre­de voort­sit?

7 HOE­KOM KAN JY NIE SOOS JOU BOE­TIE WEES NIE?

“Hy doen al­tyd sy huis­werk.” “Toe ek so oud soos jy was, het ek ...” Tie­ners ver­pes dit om met an­der ver­ge­lyk te word, of te hoor dat hul­le nie so goed soos an­der is nie. El­ke kind het die ruim­te no­dig om hom­self te wees, son­der om te voel dat hy in ie­mand se ska­du-

wee leef, of dat hy nie goed ge­noeg is nie.

AL­TER­NA­TIEF As e­nig­iets moont­lik was, wat sou jy aan jou­self en jou le­we ver­an­der? Wat het jy no­dig om dit reg te kry?

8 WAT VAN JOU GAAN WORD, WEET EK NIE ...

en dan volg ’n ne­ga­tie­we toe­koms­voor­spel­ling: Jy gaan druip. Met sul­ke pun­te kan jy ver­geet van ver­de­re stu­die. Jy sal geen or­dent­li­ke werk kry nie. Dis ’n kon­ven­si­o­ne­le ma­nier waar­mee tal­le ou­ers hul kin­ders pro­beer aan­moe­dig deur vrees vir die ge­vol­ge as ’n be­heer­me­ga­nis­me te ge­bruik. Dit kweek on­ge­luk­kig pes­si­mis­te, men­se wat heel­tyd op die don­ker kant en ge­va­re fo­kus. Dit maak kin­ders eer­der angs­tig, on­se­ker, wan­trou­ig of lok weer­stand uit. Kin­ders kry die bood­skap dat hul­le din­ge nie kan doen nie, en dat hul ou­ers nie ver­wag dat hul­le suk­ses­vol sal wees nie.

9 GELD GROEI NIE AAN BO­ME NIE

Se­ke­re kle­re, fo­ne of be­sit­tings is vir kin­ders sta­tus­sim­bo­le wat hul­le laat voel hul­le is deel van hul por­tuur­groep. Er­ken hul be­hoef­te en pro­beer ver­staan, maar leer hul­le die waar­de van geld deur ’n be­gro­ting op te stel en te spaar.

AL­TER­NA­TIEF Waar­om wil jy dit so graag hê? Wat maak dit be­son­ders? Dis cool, ek kan ver­staan waar­om jy dit so graag wil hê. Ek wens ek kon dit vir jou gee. Kom ons sit dit op jou ver­jaar­dag­lys en kyk wat moont­lik is. Wat­ter by­drae kan jy maak?

10 EK GLO JOU NIE. DIS NIE WAAR NIE

Dit laat kin­ders dik­wels eer­der vas­skop en nog meer leu­ens uit­dink. Ou­ers moet ook ver­sig­tig wees vir aan­na­mes.

So­dra jy ie­mand oor­deel, is dit moei­lik om ’n na­by ver­hou­ding te hê. As ’n tie­ner on­eer­lik is, moet ’n mens se op­tre­de dit juis vir hul­le mak­li­ker maak om wel die waar­heid te ver­tel. As jy he­wig re­a­geer, kan dit vol­gen­de keer nog moei­li­ker wees om die waar­heid te ver­tel. AL­TER­NA­TIEF Dis in­te­res­sant.

Ver­tel my meer, ek is nie se­ker ek ver­staan nie, of het al die fei­te nie. • Anys Rossouw is ’n op­voed­kun­di­ge siel­kun­di­ge in Men­lo­park P­re­to­ria (012 460 7366 / anys@anys.co.za).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.