OOR VREUG­DES EN IRRITASIES

Rooi Rose - - MENSE -

Dit maak Su­san bly: “Li­ke min­ded men­se – die kud­de­tjie waar­in ek tuis en wel­kom voel. Sa­me­syn met lo­ja­le vrien­de en fa­mi­lie, want dit voeg waar­de by my le­we. Om lek­ker te lag en ook diep, sin­vol­le ge­sprek­ke te voer. Goeie kos en goeie von­kel­wyn. ’n Goeie fliek. Mooi mu­siek. As my swem­bad blou is en nie groen nie. My I­ce­berg-roos­bed­ding. My wors­hond se lief­de­vol­le bruin oë. My klein­seun se ba­ba­reuk en twee­tand- smi­le. ’n Be­wust­heid van die He­re se sag­te hand oor my.”

Dit ver­pes sy: “In my­self? Vrees. Ek hou niks daar­van dat my vre­se my be­perk om ’n vol­ler le­we te lei en meer a­von­tuur te be­leef nie. Ek was by­voor­beeld vrees­be­van­ge om vrou­al­leen deur die land te reis om ge­leent­he­de te gaan by­woon, maar ek het die vrees oor­kom deur dit te dóén. Nou moet ek nog net die vrees oor­win om al­leen oor­see te gaan va­kan­sie hou. Ek ver­pes dit ook as an­der se kwet­sen­de ge­drag my te lank ne­ga­tief maak en laat stew. Daar­om pro­beer ek dees­dae om dit so vin­nig moont­lik uit my ve­re te skud.”

En in an­der men­se? “Leu­ens, mis­lei­ding en on­deur­sig­tig­heid – wol­we ver­mom as ska­pe. Kor­rup­sie op al­le vlak­ke. Men­se wat din­ge van­dag be­lo­we en mo­re vin­nig daar­van ver­geet. En swak diens en swak ma­nie­re.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.