SKOON­HEID G­RI­ME­RING

Rooi Rose - - MOOI, MOOIER -

DAG

’n Vin­ni­ge gri­meer­roe­ti­ne is vir Can­di­ce ’n nood­saak­lik­heid. Ons gri­meer-ghoe­roe C­heryl Parker weet net hoe: “Can­di­ce se sproe­te is u­niek en sy het net sub­tie­le dek­king no­dig. Kies ’n ver­hel­de­ren­de on­der­laag of ge­tin­te be­vog­ti­ger wat nie die sproe­te heel­te­mal sal ver­bloem nie. ’n Ver­bron­sing­spoei­er is die vol­gen­de stap wat weer kleur aan jou ge­laat sal gee.” Ge­de­fi­ni­eer­de wenk­broue is ’n moet, meen C­heryl. Dit laat jou da­de­lik op en wak­ker lyk. Ge­bruik ver­vol­gens ’n don­ker­bruin oog­pot­lood en wend dit van die bui­te­hoe­ke van die oë tot in die mid­del aan. Ver­sag die res van die lyn met ’n bor­sel­tjie tot in die bin­ne­hoek van die oë. ’n Tik­kie salm­pienk room­blos­ser op die ap­pels van die wan­ge skep daar­die jeug­di­ge glans - ge­bruik dit som­mer op die lip­pe ook.

AAND

Om­skep die dag­voor­koms met brons oog­ska­du in ’n aand­voor­koms. De­fi­ni­eer jou oë bo en on­der met ’n swart oog­pot­lood en trek op die wim­per­lyn nog ’n lyn van die mid­del na die bui­te­hoe­ke – dit laat jou oë gro­ter lyk. ’n Paar la­gies mas­ka­ra, as­ook ek­stra blos­ser op die

wan­ge is ’n moet om­dat dit nie so op­val­lend in aand­lig is nie.

‘’n Ver­hel­de­raar in die bin­ne­hoe­ke van jou oë en on­der die wenk­broue laat jou oë gro­ter lyk’ - C­heryl Parker

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.