Ge­deel­de PAS­SIE

Rooi Rose - - DITSEM -

SOPHIE NIE­MANN HET 22 JAAR ge­le­de uit He­re­ford, En­ge­land, in Suid-A­fri­ka ge­land met ’n B.Sc.-graad in dier­kun­de en ’n ver­te­ren­de pas­sie om met die­re te werk. Sy wou graag as veld­na­vor­ser in na­tuur­be­wa­ring werk, maar nie­mand wou haar son­der er­va­ring in diens neem nie.

Sy is in Zim­bab­we as ’n sa­fa­ri­gids op­ge­lei en het twee en ’n half­jaar as gids ge­werk. Daar­na het sy ’n jaar as na­vor­ser in Botswa­na ge­werk en toe as deel van Glo­bal Vi­si­on In­ter­na­ti­o­nal agt jaar in A­fri­ka ge­reis.

Sophie het haar droom ge­leef en boon­op haar A­fri­kaan­se man in die be­dryf ont­moet.

“Ek het swan­ger ge­raak met ons eer­ste ba­ba en ge­dink ek gaan haar op my rug vas­bind en my werk soos te­vo­re doen.” Maar toe sy haar dog­ter­tjie vir die eer­ste keer vas­hou, het sy ge­weet sy sal haar werk moet aan­pas om na­der aan die huis te wees.

“Ek het in 2003 be­sef daar is baie jong men­se wat pas­sie­vol oor na­tuur­be­wa­ring is, maar nie die op­lei­ding het om ’n be­roep daar­van te maak nie.”

In 2006 het sy ’n op­lei­dings­kur­sus, Bushwi­se Field Gui­des, in Mar­lot­h­park op haar man se wild­s­plaas langs die Ma­ka­la­li Pri­va­te Wild­re­ser­vaat bui­te Hoed­spruit be­gin waar sy veld­gid­se op­lei. “Dis won­der­lik om te weet dat die kur­sus ’n leem­te vul.”

Sophie glo har­de werk en ge­luk loop hand aan hand en dat al­bei no­dig is om ’n on­der­ne­ming te ves­tig.

“Wees al­tyd op die uit­kyk na nu­we ge­leent­he­de en smee die ys­ter ter­wyl hy warm is. As jy talm, gaan die ge­leent­heid by jou ver­by en daar is niks er­ger as ’n ge­leent­heid wat jy ver­brou het om­dat jy nie be­reid was om hard te werk nie.”

Die kur­sus bied stu­den­te die ge­leent­heid om die wil­der­nis te er­vaar en ook ’n po­si­tie­we rol in na­tuur­be­wa­ring te speel. Daar is vier na­si­o­naal ge­ak­kre­di­teer­de ser­ti­fi­ka­te in dié kur­sus wat oor ses maan­de strek. Bui­ten die ken­nis van die­re en vo­ëls, lei ken­ners hul­le ook op in nood­hulp, spoor­sny en 4x4-ge­bruik.

Ná die kur­sus kan stu­den­te ’n in­tern­skap van nog ses maan­de in die be­dryf doen. Sophie het ge­weet sy is op die reg­te pad na­dat sy se­dert 2012 el­ke jaar vir al haar stu­den­te met ’n in­tern­skap ag­ter die blad per­ma­nen­te werk kon kry.

Nou is sy so oor­tuig van die suk­ses van haar kur­sus dat sy on­der­neem om 50% van stu­den­te se kur­sus­geld te­rug te be­taal as hul­le nie ná ’n in­tern­skap werk kry nie.

Sy neem ’n mak­si­mum van 22 stu­den­te op ’n slag in, en Sophie het ’n sag­te p­lek vir elk­een. “Vir my is el­ke in­di­vi­du be­lang­rik, ons glo nie daar­aan om jong­men­se deur ’n wors­meul te druk om ’n kwa­li­fi­ka­sie te kry nie.

“Dit was al­tyd my droom om in die wil­der­nis met die­re te werk en dis ’n voor­reg om dit nou vir an­der jong­men­se moont­lik te maak om ’n hol­te vir die voet in dié u­nie­ke be­dryf te kry.”

Dis ’n groot pluim­pie vir die ge­hal­te van die kur­sus, maar nog be­lang­ri­ker is dat hul­le help om werk­loos­heid te be­kamp.

Bui­ten haar werk, hou haar twee kin­ders van elf en agt haar ook goed be­sig. Haar ge­heim is om haar ge­sin en werk so ver moont­lik uit­me­kaar te hou.

“Ek pro­beer om tuis net op my ge­sin te fo­kus en die­self­de geld wan­neer ek by die werk is. Die uit­da­ging is om te sorg dat die een nie met die an­der in­meng nie, en as dít werk is al­mal ge­luk­kig.”

Haar werk ver­ryk haar siel en gee haar die ge­leent­heid om die bes­te wat die land bied te er­vaar. As die na­tuur jou kan­toor is, is daar geen kan­toor­u­re nie. Bui­ten haar werk by Bushwi­se is sy ook ’n gees­drif­ti­ge swem­mer en fiets­ry­er en maak al­tyd tyd om te skil­der. “Skil­der be­vry my siel en dis nog ’n me­di­um om die kol­lig op be­wa­ring te laat val.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.