SKRY­WER VAN DIE MAAND

Rooi Rose - - ROOIWARM -

Dié be­kroon­de joernalis/skry­wer HER­MAN LA­TE­GAN se boek, Op­sto­kers, Fop­dos­sers en Twee­gat­jak­kal­se, is pas op die rak.

HOE HET JY OP DIE FOR­MAAT VAN DIE BE­SON­DER­SE BOEK BE­SLUIT?

Ek het een­dag die woord “wis­sel­dans” op die ra­dio ge­hoor. Dit het my ge­prik­kel, om­dat dit ’n ou woord is en ’n soort dans wat men­se op die plat­te­land voor die TV ge­dans het. Ek het my ver­beel ek is in ’n s­kuur, dis ver­la­te bui­te, ie­mand speel ’n kon­ser­ti­na, die plaas­wer­kers is ook daar en ek dans die wis­sel­dans. Toe plaas ek dit op fa­ce­book, my sto­rie, en Rap­port vra my toe om ’n twee­week­lik­se ru­briek rond­om woor­de te skryf.

VER­TEL ’N BIE­TJIE MEER OOR WAT DIT BE­HELS? Ek hoor ’n woord, of lees een raak. Ek het so pas die woord “poep­hol­vrug” ont­dek, dis ’n ei­er. I kid you not. Dan gaan sit ek en skryf ’n sto­rie rond­om daar­die woord. Daar is woor­de soos iet­sjoe­been­tjie, skaam­ha­re (hoe­kom is ha­re skaam?), koe­ke­loer en koe­ter­waals. Ons het ’n on­ge­loof­li­ke skat­ka­mer van woor­de en sê­goed. Van die sto­ries is waar, an­der het ek ver­sin. Streeks-A­fri­kaans en die A­fri­kaans wat in die Bo-Kaap ge­praat word, fas­si­neer my nog meer. Ek woon na­by die Bo-Kaap. Ek gaan loop baie daar, net om te luis­ter en te ge­sels.

WAT­TER GEN­RE VER­KIES JY? Ek hou van nar­ra­tie­we joer­na­lis­tiek, es­says, ge­dig­te. Die at­mos­feer van ’n p­lek, die sto­rie ag­ter die oog­lo­pen­de, die vas­vang daar­van in vyf­hon­derd woor­de. Ek het ’n pas­sie vir pa­tos, die le­we se een­kant­men­se, arm men­se, ver­sto­te­lin­ge, men­se wat na lief­de smag, nag­blom­me, een­spaai­ers. Ek is tans be­sig met ’n no­vel­le maar dis om van te huil, want dis glad nie mak­lik nie. Nie dat kor­ter mak­lik is nie, dis net ’n an­der mo­dus o­pe­ran­di.

HET JY ’N VAS­TE ROE­TI­NE? Ek be­stee te veel tyd op fa­ce­book - an­der men­se se le­we fas­si­neer my. Maar in die week werk ek van 9 vm tot 2 nm aan my ru­brie­ke en ar­ti­kels. Van 2 nm tot 5 nm werk ek aan die no­vel­le. Maar soms kom daar net een sin. An­der dae baie meer. Ek weet nie hoe­kom doen ek dit aan my­self nie - ek dink ek moes maar lie­wer ’n pros­ti­tuut ge­word het. Nou’s ek te oud daar­voor, ai.

VYF LE­SERS KAN ’N KO­PIE VAN OP­STO­KERS,FOP­DOS­SERS EN TWEE­GAT­JAK­KAL­SE DEUR HER­MAN LA­TE­GAN WEN, GE­SKENK DEUR PEN­GUIN-UIT­GE­WERS. STUUR VOOR 30 NO­VEM­BER JOU NAAM, POS­A­DRES EN SEL­NOM­MER MET “OP­STO­KERS” IN DIE ONDERWERPREËL NA RO­NELN@CAX­TON.CO.ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.